Deur die eeue heen, het verskeie kulture sout gebruik in hulle godsdienstige seremonies en rituele. In sommige antieke samelewings, het paaie en stede ontwikkel as gevolg van handeldryf met sout.
In baie dele van die wêreld was sout 'n baie skaars kommoditeit en dit het 'n baie duursame item geword. Die uitdrukking “hy is sy sout werd”, beteken 'n persoon is bevoeg en waardig om te verdien wat hy betaal word.
Sout en lig verander alles wat dit in kontak mee kom. Sout verander 'n stuk vleis. Lig verander die atmosfeer van 'n donker vertrek. Sout verander water in 'n genesende mengsel en lig maak 'n glasvaas tot 'n pragtige kristal.
Jesus word die ‘Logos’ genoem – dit beteken woord/boodskap. Jesus was die boodskap. Jesus het nie die boodskap neergeskryf of gepreek nie, want Hy self was die boodskap wat die wêreld kom verander het.
Soos wat Jesus die boodskap is, so ook is ons die boodskap. Dit gaan nie oor wat ons doen nie, dit gaan oor wat en wie ons is en dit verander die manier van wat ons doen.
'n Verbond was in die algemeen bevestig met opofferende maaltye en sout was altyd teenwoordig – omdat sout ook 'n preserveermiddel is, sou dit maklik 'n simboliek geword het van 'n ewige verbond. So sout het 'n ongelooflike aantal simboliese betekenis.
Sout verteenwoordig ons as gelowiges se invloed op die wêreld omdat ons deel het aan God se verbond. Gelowiges is die sout vir die aarde – maar ongelukkig is die sout in baie kerke vandag verslaan, en dit maak nie meer 'n verskil in die wêreld nie.
Kom ons as geloofsfamilie bid saam, vir ons land, vir die siekes, vir die medici, vir die genesing, vir troos en hoop, vir herstel, vir die ekonomie, vir ons om sout en lig te wees in hierdie onstabiele tyd waarin ons is.