YouVersion Logo
Search Icon

NG Universiteitsoord

SYSTEM UPDATE: WEEK 3

SYSTEM UPDATE: WEEK 3

Niks is so frustrerend as daai “pop up notification” verskyn wat sê – “Storage Full” nie. ‘n Mens dink dadelik by jouself, maar hoe is dit moontlik, veral as jou foon of “cloud account” redelik baie spasie het. In ‘n mens se ondersoek, om te sien wat jou dit is wat al jou spasie opgeneem het, kom jy gou agter dat daar maar ‘n klomp nuttelose en soms onnodige goedjies is, wat dalk nie na baie lyk nie, maar saam, baie plek en spasie opgeneem het. Dinge soos foto’s wat op die “group chat” gestuur was; ‘n paar enkele pdf files wat nie so belangrik is nie; app’s wat gedownload was omdat jy gedink het dit jou met iets kan help en toe nie eintlik ooit gebruik was nie; Whatsapp gesprekke en groepe wat al vir jare net daar lê; en so kan ‘n mens aangaan. Op die oog af lyk dit altyd of dit nie baie spasie opneem nie, maar saam, maak dit alles vol. Is die lewe nie ook partykeer so nie? Ons heel gunsteling ding om te sê is dat “ek baie besig is” en dat “ek nie baie tyd het” om iets te kan doen nie. Daarmee saam hou ons tog onsself besig met ure se “doom scrolling”; “binge watching”; “trends” en soveel meer. Ons maak ons koppies baie keer vol met wereldse goed en deur dit te doen, laat ons meer en meer toe dat wêreldse standaarde en norme ons identiteit en wat vir ons belangrik behoort te wees, bepaal. As ons emosionele, geestelike en fisiese “storage” vol raak met wêreldse dinge, het dit ‘n geweldige negatiewe effek op hoe ons lewe, hoe ons oor onsself dink, ons geestelike en “mental health”. Daarom die groot vraag hierdie week: hoe lyk jou prioriteite? En wat behoort ‘n gelowige se prioriteite te wees in ‘n besige wêreld te wees?

Locations & Times

NG UNIVERSITEITSOORD

Duxbury Rd & Herold St, Hatfield, Pretoria, 0083, South Africa

Sunday 9:30 AM

Sunday 7:00 PM

hey

STORAGE FULL

Ysbreker
Laat elkeen noem:
Watter app op jou foon gebruik jy die meeste?
Wat is die eerste ding wat jy oopmaak as jy wakker word in die oggend?
As jou foon net 3 apps kon hê, wat sou jy kies?
Dink ‘n bietjie dieper: As jy jou hart soos 'n selfoon moes sien, wat vat die meeste spasie? En wat sou jy sê kort meer spasie in jou hart?
Die storie agter die storie

In hierdie perikoop vertel Jesus in sy huis vir sy dissipels nog drie gelykenisse om vir hulle iets van die koninkryk van die hemel te verduidelik. Maar Jesus verklaar net die derde gelykenis.
In die antieke tyd het mense waardevolle en kosbare items begrawe. Daar was nie banke of kluise waarin of waarby hulle hierdie items kon gaan stoor of bere nie. Maar, die wat op so ‘n kosbare items sou afkom, dit vir of vir hulself geneem het, of vir die eienaar terug gee het. Jy het dan ‘n keuse gehad: gaan begrawe of steek dit weg op ‘n ander plek of jy kon die land waarin dit weg gesteek was, koop soos in hierdie gelykenis. Volgens wet was die skat in die land dan die nuwe eienaar se eiendom. Net so ook as jy iets baie waardevol ontdek het, soos ‘n pêrel. Pêrels was destyds afkomstig van Indië gewees en was natuurlik ‘n baie duur en waardevolle item gewees. Die handelaar waarvan ons lees is bereid om alles te verkoop en op te gee wat hy het, net om hierdie een waardevolle item te kan besit.
Die verstaan van hierdie gelykenisse en veral van ons fokus teks, v45-46, lê in dit wat hulle in gemeen het. In beide ontdek iemand iets wat waardevol is en verkoop alles om dit in die hande te kry. Jesus help sy dissipels, en vir ons, om te verstaan dat net so die pêrel, is die koninkryk van die hemel van onskatbare waarde. Dit is so waardevol dat mense alles daarvoor prys gee. Jesus se volgelinge het nodig om te hoor dat die koninkryk wat Hy bring en vestig baie besonders is, en baie meer is as waarvoor hulle gehoop het.

In ‘n gebroke, deurmekaar en besige wêreld, weet ons ook nie altyd waar ons inpas of waarheen ons oppad is nie. Maar een ding kan ons verseker weet: ons is burgers van God se koninkryk. Matteus herinner ons net weereens dat niks daarby kom nie, dat niks van groter waarde vir ons kan wees as die koninkryk van die hemel nie. Wanneer ek en jy dit besef, moet dit die manier hoe ons leef en wat ons moet prysgee. Dit vra van ons om ‘reg’ te lewe; om eerlik te wees; om waardes te hê wat in lyn is met God se wil en om dit wat vir Hom belangrik is, te prioritiseer, bo enige aardse of wêreldse verwagtinge of “trends”, sodat dit kan bepaal wat ons doen en ons “storage” mee volmaak.
Gesels saam:
· Hoekom dink jy kies Jesus om die koninkryk van God te vergelyk met ‘n pêrel? Wat probeer Hy daarmee sê?
· Hoe verstaan jy die beeld van “alles verkoop”? Wat sou dit prakties kon beteken in 'n jong volwassene se lewe?
· Is dit verkeerd om baie goed of belangrike dinge in jou "lewens-storage" te hê? Wanneer raak dit gevaarlik?
· Dink jy ons soek nog na God se koninkryk, of hoop ons dit val net in ons skoot?
· Wat sou jy sê is op hierdie stadium die "pêrel" waarvoor jy alles sou gee? (En is dit alles werd?)
Praktiese riglyne:

Evalueer jou tyd: Wat vat meeste van jou dag? Tik vir ‘n week lank jou tyd- en energie-spandeer in jou Notes-app neer. Wat leer jy?

Maak geestelike spasie: Verwyder een gewoonte of aktiwiteit hierdie week wat geestelik leeg maak, en vervang dit met iets wat lewe gee (stilte, Bybellees, koffie met ‘n mentor).

Skep prioriteits-layers: Skryf drie dinge neer wat eerste moet kom in jou lewe. Hoe sou jou dag anders lyk as jy dit regtig eerste plaas?

Wees radikaal eerlik: Deel met iemand wat jou help onderskei tussen goed wat jy dénk belangrik is, en wat regtig die moeite werd is.