NG Universiteitsoord

SYSTEM UPDATE: WEEK 5
Teen die tyd het jy agtergekom dat hierdie ‘System Update’ reeks nie net oor ‘n paar klein updates in jou lewe - soos ‘n nuwe wallpaper gaan nie, maar oor ‘n geloofs’update’ wat meer verg. Die afgelope 4 weke het jy al die waarskuwings gesien en gevoel, hierdie week ruk ons tot stilstand, ‘RESTART REQUIRED’. Ons kan nie meer update nie, kan nie meer vining inplug om te laai nie. ‘n Restart beteken dat ons party dinge gaan verloor, seker gewoontes of oop ‘tabs’ en ‘apps’ gaan toemaak en verlore gaan. MAAR dit beteken ook dat jy ‘n kans kry om weer te kies wat jy wil oopmaak. Ons moet ons hele sisteem; ons waardesisteem van voor af opstel. Alles wat ons nie wil wees of doen nie is reeds weg. Ons Restart mos alles as ons nie meer weet watter kant toe nie, dit fix alles. In hierdie week se gedeelte uit Lukas 16, hoor ons hoe Jesus ‘n storie vertel van ‘n oneerlike bestuurder wat skielik met sy eie onverantwoordelikheid gekonfronteer word. Hy maak vinnig ‘n oneerlike (was dit oneerlik?) maar goeie plan. Dit is nou die tyd om eerlik te wees met jouself oor waar jou lojaliteit lê, wat jy eerste kies. Dit is tyd om van vooraf te begin met God as die middelpunt.
Locations & Times
NG UNIVERSITEITSOORD
Duxbury Rd & Herold St, Hatfield, Pretoria, 0083, South Africa
Sunday 9:30 AM
Sunday 7:00 PM

Restart Required
1. Watter deel van die storie het jou getref of laat regop sit? Waarom?
2. Is daar ’n karakter met wie jy jouself kon vereenselwig? Die bestuurder? Die eienaar?
Om hierdie gelykenis te verstaan, moet ons verstaan hoe eer, bestuur en rykdom in Jesus se tyd gewerk het. Hier is ‘n paar dinge wat jy moet weet:
- Bestuurders was middel-manne
Hulle het nie self grond besit nie, maar bestuur vir iemand anders so hulle kon maklik korrup gewees.
- Skuld as sosiale valuta
In daardie tyd was skuld nie net iets wat jy moes terugbetaal nie. Dit het jou eer en plek in die gemeenskap beïnvloed. Wanneer die bestuurder die skuld verminder, doen hy dit waarskynlik met die hoop dat dié mense hom later sal onthou. Dis nie bloot 'n vriendelike gebaar nie, dis ’n strategiese oorlewingstaktiek in ’n wêreld waar skuld en sosiale guns hand aan hand gegaan het.
1. Die bestuurder reageer vinnig en maak ‘n plan, wat doen jy wanneer dinge skeefloop?
2. As jy eerlik moet wees, wie of wat is op die oomblik die “meester” van jou lewe? Wat vat jou energie en tyd?
3. Dink aan die sin “getrou in klein dinge.” Wat beteken dit?
4. Wat beteken dit as God iets aan jou toevertrou? Wat doen ons met die wete?
5. Wat sal gebeur as jy ‘restart’ druk, is jy dalk bang om iets te verloor?
Jesus se gelykenis vra van jou om nie net nuut te dink nie, maar nuut te leef. Hier is 5 stappe vir ’n geestelike restart:
1. RESTART: Doen selfondersoek, staan bietjie stil, in stilte.
2. ‘Tab’ vir ‘tab’: Doen een ding op ‘n slag moenie al die nuwe ‘tabs’ met waardes en standaarde gelyk oopmaak nie.
3. ‘Refresh’ jou prioriteite: Wat is belangrik? Fokus jou energie en tyd op dit.
4. ‘Scan’ jou lojaliteite: Watter dinge is besig om God se plek in te neem.
5. Wees getrou met dit wat aan jou toevertrou is.
Maak ‘n ‘trust’ lysie, met dinge wat God aan jou toevertrou, dalk is dit jou tyd, studies, verhoudings, finansies, invloed op ander – dit kan enige iets wees.
Kies een van hierdie dinge en vra jouself: Hoe kan ek hierdie week op ‘n meer getroue manier daarmee omgaan, asof dit aan God behoort?
Skryf dit neer waar jy dit elke dag sien, dalk op jou foon of Laptop se Homescreen as herinnering dat jy getrou moet bly al is dit iets klein.
Oggend:
Elke oggend kom amper soos ‘n mini-restart, jy begin van voor af, ‘n hele nuwe dag. ‘n Oomblik van stilte voor jy weer heen en weer jaag. Jou skerm is swart en hy is besig om aan te gaan en wakker te word, jy weet nog nie wat die dag vir jou inhou nie.
Jy kan wel hierdie dag goed en rustig begin, alles wat ons doen begin en vloei uit ons verhouding met God, daarom is die oggend stiltetyd so belangrik.
- Lees Lukas 16:12-13
“En as julle nie getrou is met wat aan iemand anders behoort nie, wie sal julle dan iets gee om self te besit?... Julle kan nie God én rykdom dien nie.”
- Dink hieroor:
- Is daar iets waaraan jy vashou of probeer bestuur wat eintlik aan God behoort, dis nie aan jou toevertrou nie, dis nie in jou hande nie?
- Hoe kan jy vandag leef op ’n manier wat wys jy leef vir God?
- Gebed:
Here, help my om op u te vertrou, help my om getrou te wees met alles wat u reeds aan my toevertrou het. Amen
Aand:
Jy’s aan die einde van die dag en dinge het dalk nie verloop soos jy beplan het nie. Môre probeer ons weer. Sit eers vir ‘n oomblik, word stil en reflekteer…
- Lees weer Lukas 16:10
“Wie in die kleinste dinge getrou is, is ook in die groot dinge getrou.”
- Vra jouself:
- Waar het ek vandag regtig probeer om getrou te wees?
- Waar het ek maar net oorleef, of myself eerste gesit?
- Is daar iets wat ek anders kan aanpak môre?
- Gee dit vir God:
Met alles wat uitgewerk het en nie uitgewerk het vandag nie, kom ek na u toe. Dankie dat u my lewe aan my toevertrou het. Here help my om meer soos u te wees, nader aan u te leef. Amen.