YouVersion Logo
Search Icon

NG Universiteitsoord

SYSTEM UPDATE: WEEK 4

SYSTEM UPDATE: WEEK 4

Ons het tot dusver gesels oor God se liefde vir ons “verlore skape”. Daarna het ons gepraat oor die Here opdrag dat ons ewe genadig moet wees. Verlede week het ons na pioriteite gekyk. Dalk is dit ‘n bietjie oorweldigend? Hierdie week praat ons oor rus. Dit is belangrik om raak te sien dat jou batterye ook leeg raak. Hoe herlaai jy?

Locations & Times

NG UNIVERSITEITSOORD

Duxbury Rd & Herold St, Hatfield, Pretoria, 0083, South Africa

Sunday 9:30 AM

Sunday 7:00 PM

hey

BATTERY LOW

Ysbreker
Luister na Johannes Kerkorrel se “Hillbrow”
Watter emosies maak dit in jou wakker?
Deel twee-twee.
Skrifgedeelte: Gelykenis van die onvrugbare vyeboom
6Daarna het Hy hierdie gelykenis vertel: “'n Man het 'n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was. Toe hy vrugte daaraan kom soek maar niks kry nie, 7sê hy vir die tuinier: ‘Kyk, dis nou drie jaar dat ek aan hierdie vyeboom vrugte kom soek, en ek kry niks nie. Kap hom uit! Waarom moet hy langer die grond uitput?’ 8Maar die tuinier antwoord: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan. Ek sal die grond rondom hom omspit en bemes. 9Miskien sal hy dan volgende jaar vrugte dra. Maar so nie, kan u hom uitkap.”
Wat is die storie agter die teks
In hierdie gelykenis praat Jesus met die skare mense. In die voorafgaande verse het hy ‘n vraag van iemand uit die skare geantwoord oor lyding. Jesus gee nie redes (of deel nie skuld uit ) vir mense se lyding nie, maar hou ‘n spieël voor; die skare moet eerder hulle eie optrede toets. Hy praat dus oor bekering. In hiérdié gelykenis gaan Jesus verder deur tog iets te sê oor wat God wel doen, en Jesus verduidelik die Here se aard is genade…

Die gelykenis lyk heel eenvoudig: die vyeboom wat nie vrugte dra nie, is mense wat slegte dinge doen; Jesus is die tuinier. Maar wie is dit wat die boom wil afkap? Nie God nie! Eerder Jesus se eie dissipels wat vreeslik vinnig is om ander te oordeel. Jesus laat hulle dit nie toe nie. Hy wil eerder tyd gee, bemes. Jesus leer sy dissipels om ‘n bietjie geduldig te wees, om ook tyd te gee, om op die Here te vertrou.



Dieper refleksie vrae
· Hoe dink jy oor God se aard? Johannes die Doper het gedink dat Jesus sou kom om te veroordeel, “die byl staan al teen die boom”! Jesus het toe anders gedoen…
· Wat is jou aard? Is jy genadig? Teenoor ander? Hoeveel genade het jy vir jouself? ‘n Wyse ouderling in ons gemeente sê altyd ons moet onsself ook vergewe. Ons almal doen dom dinge, maar ons lewe hoef nie daar te eindig nie. Ons kan ook verby dit gaan.
· Stem jy saam dat ons ook dikwels met die byl gereedstaan om dinge vinning reg te ruk? In watter verhoudinge moet ons ‘n bietjie tyd gee en vertrou.
· Gee jy jouself kans om te rus? Hoe herlaai jy jou eie batterye?
· Is daar dinge waarvoor jy net die Here moet vertrou?
Trek dit in die praktyk
Ons is dikwels so vol planne en drome; hierdie gelykenis nooi ons om ‘n bietjie te wag op die Here, en om dan te verwag dat hierdie geduld vir ons lewe gee. Dit beteken ook dat ons skiet moet gee vir mekaar, dat ons vir mekaar nog ‘n kans kan gee. Terloops, die woord om te wag “afes”is dieselfde woord as om te vergewe.
Johannes Kerkorrel se Hillbrow sing dat ons moet gee: ... ons sente en ons drome en ons harte ... ... vir ons wêreld.
Uitdaging vir die week
Aesopus se fabels vertel van ’n boom wat geen vrugte gedra het nie. Die boer wou dit afkap ten spyte van die protes van die voëls en sonbesies wat daar gebly het, maar toe hy die boom drie keer met sy byl slaan, ontdek hy ’n bynes en heuning. Dit het daartoe gelei dat hy die boom gespaar het en dit met sorg begin versorg het. Soek daardie “boom” hierdie week.

Gebed
Jes 30:15:
So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.