YouVersion Logo
Search Icon

NG Universiteitsoord

SYSTEM UPDATE: WEEK 6

SYSTEM UPDATE: WEEK 6

Jou geestelike system update is voltooi. Jy’t begin met ’n waarskuwing ("System Error") – iets was fout. Toe ontdek jy daar is dalk corrupted files in jou hart – ongesonde patrone. Jou binnekant het ook begin vol voel – van dinge wat nie meer plek verdien nie. ("Storage Full"). Jy was moeg, geestelik uitgeput. ("Battery Low"). En toe’t jy besef: dis tyd vir ’n reset. ("Reboot required"). Stukkie vir stukkie is jou stelsel herstel en skoongemaak. En nou, ná al die innerlike werk, verskyn die laaste pop-up op jou skerm: 🟢 Ready to Use Maar kom ons wees eerlik – daardie oomblik is nie net opwindend nie… dis ook intimidating. Want wat beteken dit regtig om “gereed” te wees? Hierdie week kyk ons na twee gelykenisse wat jou gaan help ontdek wat dit beteken om gereed te wees: ’n mosterdsaadjie wat iets massiefs word, en ’n Saaier wat vrymoedig en roekeloos saad strooi oral waar hy beweeg. Hierdie is die oomblik waar jy begin groei. Is jy reg? Want God sê: YOU ARE READY TO USE!!

Locations & Times

NG UNIVERSITEITSOORD

Duxbury Rd & Herold St, Hatfield, Pretoria, 0083, South Africa

Sunday 9:30 AM

Sunday 7:00 PM

hey

READY TO USE

Ysbreker
“Jy is nou READY TO USE – maar wat beteken dit?”
Laat elkeen in die groep sê:

1) As jy ’n app op iemand se foon moes wees, watter een sou jy wees – en hoekom?
(TikTok – want ek’s altyd aan die beweeg.
Notes – want my kop is vol idees.
Spotify – emosies met ’n klankbaan.)

2) Nou draai die vraag om:
As God nou vir ’n oomblik deur jóú "spirituele foon" kyk – watter app dink jy is oop? En is jy “background app”... of “Ready to Use”?
Gebruik dit as ’n lekker manier om oop te maak – met humor, maar ook met eerlikheid. Dit help almal dink oor waar hulle tans geestelik is: aan, af, in die agtergrond, of reg vir aksie.
Gesels kort hieroor:
Watter deel van die storie het jou die meeste getref of bygebly – en hoekom dink jy juis daardie deel?
Verken die wêreld van die storie (sosio-histories en teologies)

Die Saaier: God se Koninkryk is BUITENSPORIG EN UITSPATTIG
In die antieke wêreld het boere nie sommer saad gemors nie – dit was skaars en duur. Maar in hierdie gelykenis is die Saaier radikaal: Hy saai ooral – op pad, op klippe, tussen dorings en op goeie grond. Dis nie ekonomies slim nie… maar dis goddelik! Hierdie Saaier is God self, en Hy saai met oorvloed en hoop – selfs op plekke wat ons sou afskryf.

Die Mosterdsaad: GROOT DINGE BEGIN KLEIN
’n Mosterdsaadjie was die kleinste bekende saad in Palestina. Maar Jesus sê dis presies so dat die Koninkryk werk – klein en amper onsigbaar, maar dan bars dit uit in iets wat ’n verskil maak. En dis nie net ’n boom nie – dis ’n toevlugsoord, ’n rusplek vir ander (soos voëls in die boom). Dit gaan nie net oor jou nie – dit gaan oor die ruimte wat jy skep vir ander.
Gesels saam
1) Wat sê die beeld van God as roekelose Saaier vir jou? Hoe verskil dit van hoe jy God soms sien?
2) Dink jy God mors Sy tyd met sekere mense – of dalk met jou? Wat sou Jesus se gelykenis daarop antwoord?
3) Hoe voel jy oor die idee dat jy nou “ready to use” is – en dat jy ook geroep word om te saai?
4) In die mosterdsaad-gelykenis word die boom ’n rusplek vir ander. Watter tipe rus bring jy vir mense rondom jou?
5) Watter een van die twee gelykenisse spreek jou die meeste aan – en hoekom?
. Praktiese riglyne
1) God mors nie Sy saad nie – Hy kies om dit selfs op jou te gooi.
Hy glo daar’s iets in jou wat kan groei, al twyfel jy self.
2) Nie almal gaan jou pogings ontvang nie – saai in elk geval.
Jou rol is nie om resultate te verseker nie. Dis om teen hoop en sinloosheid aan te hou saai.
3) Klein beteken nie onbelangrik nie.
God se grootste werk begin dikwels met iets wat jy maklik sou miskyk – ’n gebed, ’n gesprek, ’n bietjie rus vir iemand anders.
4) Jou lewe is nie net vir jouself nie.
Die boom word nie groot net om mooi te lyk nie – dis vir voëls, vir ander.Jy is vir ander.
5) As jy stil bly, groei niks.
Dis makliker om niks te doen nie. Maar dan gebeur daar ook niks. Die Koninkryk kom nie deur versigtigheid nie.




Uitdaging vir die week
Skryf op ’n klein stukkie papier:
“Ek is nou gereed om gebruik te word.”
Sit dit op ’n plek waar jy dit elke dag sien — jou foon, jou laptop of jou spieël.
En dan, elke oggend voordat jy jou dag aanpak, sê net eenvoudig:
“Here, gebruik my vandag – waar U wil, hoe U wil.”




Persoonlike stiltetyd
Oggend – God werk eerste
📖 Lees Matteus 13:3–8
💬 Reflekteer: God saai selfs waar dit onwaarskynlik lyk. Hy hou nie terug nie.
👉 Vra jouself: Watse plekke in my lewe dink ek is “onvrugbaar” – en glo ek regtig God kan dáár werk?
🙏 Bid:
“Here, saai U Woord in elke deel van my lewe – selfs in die plekke waar ek moed verloor het. Moenie spaar nie.”

Aand – Klein word groot
📖 Lees Matteus 13:31–32
💬 Reflekteer: Die mosterdsaad begin as niks besonders nie, maar word ’n skuilplek.
👉 Vra jouself: Was daar iets klein wat ek vandag gegee het – tyd, woorde, aandag – wat God dalk kan gebruik?
🙏 Bid:
“Here, vat wat ek vandag gegee het – al was dit klein – en doen daarmee wat net U kan doen.”