Lig Gemeente - 10 Junie 2025

PINKSTER 2025 #3 Dinsdag – Die Gees van Hoop en Transformasie

Locations & Times
Lig Gemeente
3 Jasmyn Ave, Gardenia Park, Bloemfontein, 9301, South Africa
Tuesday 5:30 PM

PINKSTER 2025
#3 Dinsdag – Die Gees van Hoop en Transformasie
GEBED
LIEDERE: L454:103 (Vader, ons eer U); L434:1-3 (O Heilige Gees, O Heilige God)
Boodskap
Die bekende Amerikaanse prediker, John MacArthur, beskryf ‘n klein potlood-skets wat hy iewers op sy reise gekry het. Daar is drie mense in die skets. Moses wat die kliptafels met die Wet bó sy kop hou, soos toe hy dit stukkend gegooi het toe hy gesien het hoe die Here se volk die Goue Kalf aanbid het. Op die grond voor Moses, sit ‘n sondaarman. En om die man se skouers, is Jesus se arms wat hom vashou. En beskerm.
Dit verduidelik so goed die verskil tussen die ou- en nuwe verbond. Joh 1:17 verwoord dit - …die Wet is deur Moses gegee; die genade [en waarheid] het deur Jesus Christus gekom. In Rom 7 skryf Paulus dat die Wet sondaars veroordeel. Dit wys sonde uit in ons lewens. Maar ons kan nie vir die Wet kwaad wees nie. Die Wet is nie sleg nie. Ons is.
Die Wet sê ek en jy moet gestraf word vir ons ongehoorsaamheid. Vir elke verkeerde woord, daad en gedagte. Dis verskriklik. Die goeie nuus van die Bybel is egter dat God Jesus gestuur het om daardie straf te kom vat.
Ek en ‘n kollega-vriend sit so tydjie terug daar by Scoops en roomys eet. En hy sê iets wat my verskriklik bang gemaak het. Hy sê: “Jan, stel jou voor jy gaan nou dood, en jy kom voor die troon van God, en God sê jy mag nie Hemel betree nie. Jy het nie die ewige lewe. En dis dit! Daar is nie ‘n “Maar”. Daar is nie geleentheid om te appélleer of te verduidelik nie. Daar is nie iemand wat gaan inkom om vir jou ‘n woord te doen en jou te red nie. Die Wet is woord. Die Wet veroordeel jou tot die ewige dood.
Dis wat Paulus skryf in 2 Kor 3:6 – Hy het ons bekwaam gemaak om bedienaars van ‘n nuwe verbond te wees – nie van die letter nie, maar van die Gees. Want die letter maak dood, maar die Gees maak lewend. Luister hoe sê Die Boodskap dit: Ek moet vir mense gaan vertel van die nuwe ooreenkoms wat God tussen Hom en ons almal tot stand gebring het. Hierdie ooreenkoms is nie met pen en papier geskryf nie. Nee, luister mooi: dit is deur die Gees in ons lewe oorgeskryf. ‘n Ooreenkoms op papier bring in elk geval niks anders as die dood nie. Maar die Gees gee vir altyd lewe…
Paulus het eerstehands ervaar dat die letter van die Wet doodmaak. Hy het gedink hy wen God se guns deur Christene te vervolg. Hy het gedink hy doen wat God wil hy moet doen. Maar toe Paulus Jesus op die Damaskus-pad ontmoet, het hy met genade te doene gekry. Genade vir hom. Genade wat lei tot die lewe. Hy het met groot ontnugtering besef dat die Wet hom in die verderf sou lei. In Rom 7:11 sê hy die gebod het hom mislei. Daar het die Gees hom tot bekering gebring.
Sien jy hoe die Gees se werking gekoppel is aan die Goeie Nuus (Evangelie)? Die Gees kom leer my en jou ook dat die Wet ons nie kan red nie. ‘n Goeie lewe kan jou nie red nie. Goeie dade, kan jou nie red nie. Gehoorsaamheid, kan jou nie red nie. Vroomheid kan jou nie red nie. En ook nie godsdienstigheid nie. Dis baie gevaarlik. Baie mense kry ‘n gevoel van sekuriteit in godsdienstige sisteme, maar dis ‘n valse sekuriteit. Die Here waarsku teen vorm-godsdiens… waar uiters getrou gebly word aan die rituele van die Kerk. Maar daar is nie geloof nie. Daar is nie liefde nie. Daar is nie lewe nie. Die Kerk kan jou nie red nie.
Ál sulke goed – alles behalwe Jesus – lei tot die Dood. Dis net Jesus wat jou kan red.
Die Heilige Gees bedien ons met hierdie waarheid. Hy maak mense bekwaam om dit aan sondaars te verkondig. Hy kom met Sy verligtende werk in ons binnestes en verduidelik dit aan ons dat ons dit kan verstaan. Hy oortuig ons van Jesus se kruisgenade wat vir ons genoeg is. Daar is nie ‘n plus nodig nie. Ons kan maar net in Hom glo. En Hy gee boönop die nodige geloof ook.
Sien jy hoe die Gees hoop gee? Sien jy hoe Hy lewens transformer? Hy doen dit binne ons. LEES Eseg 36:26,27. Sien jy? Lank voor dr. Chris Barnard die eerste hart-operasie gedoen het, het die Heilige Gees ope-hart-operasies gedoen.
Die Gees gee aan die Wet sy regmatige plek in ons lewens. Nie as ‘n middel tot redding nie, maar ‘n middel tot dankbaarheid. Die Gees transformeer ons lewens met die oproep tot gehoorsaamheid aan die Wet – die wil van God. Die Wet is liefde. Liefde vir God. Liefde vir mense. Dit rig ons gedrag in verhoudinge met ons naaste. Die Wet is ons gewete wat ons help om die waarheid te praat; om getrou te wees in die huwelik; om nie geweldadig, jaloers of oneerlik te wees nie.
In al hierdie dinge, lê die leiding van die Gees. God die Gees help ons dus om die Wet reg te gebruik. Nie as ‘n hefboom om God te manupileer. Nie as ‘n manier om God te beïndruk en punte by Hom bymekaar te maak nie. Nie as ‘n voorwaarde waaraan ons moet voldoen om gered te word nie. Nie as ‘n kwalifikasie wat ek kry om Sy guns te wen nie. Maar as die manier waarop ek dankbaar reageer op Sy onverdiende liefde en genade.
LEES: 2 Kor 4:6
Hierdie kennis help my en jou om nie wetties vas te hou aan godsdienstige rituele soos die sabbat, die vas, “Bybelse dieëte”, tiendes, dope en spreek in tale … en goed wat geestelike leiers vir mense vertel nie. Ons staan onder ‘n nuwe verbond. ‘n Verbond van genade. ‘n Verbond van Hoop. ‘n Verbond van Transformasie. Dis ‘n verhouding met God waarin die Gees ons deurgaans verander. Ons noem dit “heiligmaking”.
Om onder die genade te staan, en nie die Wet nie, beteken dus nie dat ons maar kan voortgaan in sonde (omdat God vir ons genade het nie). Nee, die Gees se plan met ons, is om ons al meer te vorm om soos Jesus te lyk. LEES: 2 Kor 3:18.
Van “heerlikheid tot heerlikheid” sê vir ons – dis ‘n proses. Soos ‘n fetus wat groei tot ‘n babatjie… wat groei tot ‘n kleuter… wat groei tot ‘n tiener… wat groei tot ‘n volwassene… wat groei tot ‘n bejaarde. Dis die doel van die nuwe verbond. Dat ek en jy sal bly groei in Christus, onder leiding van die Heilige Gees.
Groei jy? Lyk jy al meer soos Jesus? In jou denke? In jou dade? In jou woorde? Ek dink ons almal besef dat ons nodig het om te bid en te vra vir die werking van die Gees in ons lewens.
In die volgende boodskappe sal ons verder kyk na die hoe van groei onder die hand van die Heilige Gees.
GEBED
SLOTLIED: L 219:1,2 (Laat ons sing van ons Verlosser)
SEËNBEDE

Lewendige Uitsendings en vorige uitsendings op "YouTube"
Kliek ook op die onderstaande skakel van die kerk se "YouTube" kanaal waar die diens ook lewendig uitgesaai word, asook om na alle vorige dienste wat na die diens daar geplaas word te kyk.
https://bit.ly/3fXLXqA