Lig Gemeente - 9 Junie 2025

PINKSTER 2025 (#2) – Die Gees in die Ou Testament
PINKSTER 2025 #2 (Maandag) – Die Gees in die Ou Testament
Locations & Times
Lig Gemeente
3 Jasmyn Ave, Gardenia Park, Bloemfontein, 9301, South Africa
Monday 5:55 PM

PINKSTER 2025
#2 (Maandag) – Die Gees in die Ou Testament
GEBED
LIEDERE: Aan God al die Eer; L 451:1-3 (Hemelse Vader, ons bring U eer)
BOODSKAP (nie spesifieke teks)
As die Heilige Gees in Hand 2 (NT) uitgestort is, was die Gees ook in die Ou Testament (werksaam)?
Dalk is dit nie nodig om dit te sê nie, maar kom ons sê dit maar vir mekaar: daar is slegs “een Gees”. (1 Kor 12:11,13; Ef 4:4) Ons gaan nou sien hoe die Gees in die OT ook was, en gewerk het. Dis dieselfde Gees, as waarvan ons in die NT lees.
Vat bv. die gesprek met Nikodemus in Johannes 3. As Hy met die bejaarde Fariseër oor die Heilige Gees praat, dan praat Hy vanuit die OT. Hy verkwalik Nikodemus dat hy nie die OT beter ken en verstaan nie. Dan sou hy beter insig in die Heilige Gees en Sy werking gehad het. As Hy die Skrif beter geken het, sou Hy die kontinuïteit van die Gees se werking tussen die Ou- en Nuwe Testament ingesien het.
Hierdie kennis begin by die Begin – Genesis. In hfst 1:1,2 lees ons dat God die Skepper, deur Jesus Christus (Kol 1) deur die Skeppergees uit niks materie tot stand gebring het. Die Gees het oor die waters gesweef, hoor ons. Die gedagte is dat die Gees oor die skepping “gehang” het, soos ‘n voël oor sy nes. (“Skeppergees’.)
Dis die eerste groot werking van die Gees in die Bybel. Die tweede wat ons lees, is die bemagtingswerk van die Gees. Die Gees het mense in staat gestel om sekere goddelike opdragte uit te voer. Die mense wat God geroep het, was nie self vaardig genoeg om sekere goed te kon doen nie. Maar dan het die Gees hulle gehelp.
Die eerste kategorie van mense was die “Rigters”. Hulle was mense wat vir ‘n spesiale – moeilike tyd in Israel se geskiedenis – geroep was om die Here se volk te lei. Dink aan Otniël (3:9,10); Gideon (6:34); Jefta (11:29) en Simson. Die Gees het hulle geseën met kwaliteite soos oordeelsvermoë, moed, krag en strategiese denke.
Tweedens het die Gees ambagsmanne aangeraak om sekere take te verrig. Vat Basaleël en sy helper, Oholiab waarvan ons in Eks 31 lees, wat die Tabernakel moes bou. V6 – en in die hart van elkeen wat vaardig is, het Ek wysheid gegee, sodat hulle alles kan maak wat Ek jou beveel het… Bó-op die gawes wat die Here sekere mense gegee het om tegnies aangelê te wees, het Hy hulle ook nog verder bevoeg gemaak om presies te weet wat Hy wil hê.
Derdens: die Heilige Gees het ook op leiers soos Dawid gerus om God se volk te lei. Ons sien as voorbeeld 1 Sam 16:13 waar die profeet Samuel Dawid salf. Die olie was simbool van die Heilige Gees. Hoor: “Samuel het die horing met olie geneem en hom daar tussen sy broers gesalf. Die Gees van die Here het van daardie dag af en ook verder van Dawid besit geneem.”
Dit beteken nie dat Dawid perfek was nie. Ná sy owerspel met Batseba en moord op haar man, hoor ons hom bid in Ps 51:13 – “Moet my tog nie wegdryf uit U teenwoordigheid nie; en moet U heilige Gees nie van my wegneem nie.”
Die laaste kategorie is die Profete. Kom ons lees Eseg. 11:5. En Miga 3:8.
Ons het dus Skrifgronde wat bewys dat die Heilige Gees nie afwesig was in die OT. Hy het spesifieke mense bekragtig vir spesifieke take in God se Plan.
Dit bring ons by die derde werking van die Gees. Die Gees het openbarings gegee in die OT. Paulus skryf in 2 Tim 3:16 dat die Gees die hele Skrif geïnspireer het. Hierdie Skrif verwys na die OT (want die NT het toe nog nie bestaan nie). Die Griekse woord, theopneustos, wys pragtig op hierdie werking van die Gees. Want “theo” beteken “God”. En “pneuma” beteken “gees”. So “theopneustos” beteken die Gees van God. Die asem van God (Hebreeus: roag) het in die gedagtes van die Bybelskrywers ingekom en hulle gedryf soos ‘n wind wat ‘n seilboot aanblaas. Kom ons lees 1 Petrus 1:20, 21. Ook die apostel Petrus verwys hier na die OT.
Daar is talle ander verse wat hierdie rol van die Gees onderstreep: 2 Sam 23:2 (“die Gees van die Here spreek deur my, sy woord is op my tong”); Nem 9:30 – die Here het Sy volk gewaarsku deur die Gees by monde van die profete); Sag 7:12.
Die vierde rol van die Gees in die OT is Sy vernuwingswerk. Hy het mense oortuig van sonde en verlorenheid. Hy het hulle geloof geskenk tot redding. Hy het hulle geheilig. Dis spesifiek oor hierdie werking wat ons Here Jesus met Nikodemus praat. Die wedergeboorte. Die feit dat ek en jy nie gered kan word sonder die werking van die Heilige Gees nie. Ons totale verdorwenheid is só radikaal … ons is só vrot en korrup, dat net die Gees ons kan red en lewendig maak. (Gen 6:5 – die Here [het] die boosheid van die mens gesien en dat alles wat hy in sy hart bedink altyd net sleg is; 8:21 – die hart van die mens neig van sy jeug af na wat boos is; Jer 17:9 – Die hart is bedriegliker as alles…)
Die laaste werking waarna ons kyk, is die instandhouding van die kind van die Here. Daar is baie tekste in die NT was sê dat niks of niemand ons uit God se hand kan ruk nie, soos Rom 8. In die DL bely ons ook helder en duidelik dat dit God is wat die gelowige help om te volhard tot die einde. In Ps 51 sien ons by Dawid (vv10-12) dat hy bid en staatmaak op hierdie werking van die Gees.
Eseg. 36:27 sê – “Ek sal vir julle ‘n nuwe hart gee; Ek sal die hart van klip uit julle liggame verwyder en vir julle ‘n hart van vlees gee.”
Ons sien vanaand vyf werkinge van die Gees in die OT, wat oorloop in die NT. Môre aand praat ons oor die hoop en verandering wat die Gees in ons lewens bring.
GEBED: Dankie Here, dat ons vanaand kan leer dat U Gees al baie lank met die Mens werk. Daarom kan ons U werk in ons vertrou. Ons prys U wat skep en herskep, soos Calvyn wat U prys wat lewe gee in die grond, in die baarmoeder en ook nuwe lewe skep deur wedergeboorte. Ons prys U wat leiers oprig en toerus. Ons prys U wat deur die eeue praat, en steeds met ons praat. Ons eer U wat mense, en ook vir ons bevoeg maak vir U werk, soos geestelike leiers as profete wat U wil aan mense bekend maak. Ons dank U ook Heilige Gees dat U ons verhouding met God in stand hou en dra, ongeag ons swakhede en sonde. Ons aanbid U Outeur van die Woord wat U openbaring aan ons opgeskryf het. Dat ons kan leer en lewe. Amen.
SLOTLIED: F 105
SEËNGEBED

Lewendige Uitsendings en vorige uitsendings op "YouTube"
Kliek ook op die onderstaande skakel van die kerk se "YouTube" kanaal waar die diens ook lewendig uitgesaai word, asook om na alle vorige dienste wat na die diens daar geplaas word te kyk.
https://bit.ly/3fXLXqA