YouVersion Logo
Search Icon

NG Universiteitsoord

KAMERS - WEEK 5

KAMERS - WEEK 5

16 Maart: ’n Tyd soos hierdie (Ester 4) – Arno Meiring

Locations & Times

NG UNIVERSITEITSOORD

Duxbury Rd & Herold St, Hatfield, Pretoria, 0083, South Africa

Sunday 7:00 AM

hey
Dit het tyd geword om te praat oor God: waar is God in Ester sestorie? Waar is God in jóú storie? Ons het in die inleiding genoem dat God se naam nêrens in dieboek Ester voorkom nie, en dat dit juis ’n tegniek is wat maak dat jy God soek. As jy dan begin vra waar God is, ontdek jy dat Hy in allesaan die werk en versorg is …Daar is byvoorbeeld die talle “toevallighede” waarvan jy nou algelees het, soos dat Mordegai “toevallig” hoor van die komplot teendie koning of dat die koning “toevallig” nie kan slaap nie. Hierdie“toevallighede” keer die hele verloop van die storie om. In Ester 3 lees ons dat Haman uit weerwraak al die Jode wil uitroei,en hy oortuig die koning om ’n bevel uit te vaardig dat al die Jode op’n sekere datum doodgemaak moet word. In Ester 4 kry Mordegaihierdie nuus en hy deel dit met Ester; saam maak hulle ’n plan omdie Jode te red.

Ester en Mordegai se boodskappe vertel ons iets van hulle eie spiritualiteit (ervaring van God). Mordegai is oortuig dat God op die ou einde die Jode sal red, met of sonder Ester se hulp. Hy sê ook vir Ester dat sy dalk juis “met die oog op ’n tyd soos dié” koningin geword het. Ester deel Mordegai se siening van God en berus haar by wat ook al mag gebeur: “As ek moet omkom, moet ek maar omkom.” Verder vas Ester en die Jode terwyl hulle wag vir God se uitkoms.

Die storie van Ester wil jou leer om God in jou eie lewe raak te sien.
Kan jy die Here raaksien? Is daar ook sulke “toevallighede” in jou lewe?
Is daar dinge wat jy kan doen sodat jy God beter kan raaksien?
Erediensnotas
- Met watter verwagting kom ek na vandag se erediens?
- Wat het ek in die diens gehoor wat my geraak het?
- Watter nuwe perspektief het vir my oopgegaan tydens die erediens?
- Wat wil ek graag onthou vir die week wat voorlê?
Groeigroep

Ysbreker-vraag: Jou slaapkamer
Wat doen jy om die Here te ontmoet? Hoe praat jy met Hom? Waar hoor jy sy stem?

Bid saam
Bid twee-twee saam. Vra dat die Here julle sal help om Hom te ontmoet.

Lees, luister en gesels saam
- Lees Ester 4 hardop saam.
- Laat elkeen die teksgedeeltes stil op hulle eie weer deurlees.
- Deel twee-twee met mekaar wat jy in die teks hoor, oplet, oor wonder ens.
- Deel met die groot groep wat jou gespreksgenoot in die teks gehoor het.
- Kon jy God in Ester se storie raaksien? Beleef jy ook sulke “toevallighede” in jou lewe?
- Stem jy saam met Mordegai dat God optree deur die regte dinge op die regte tyd en plek te laat gebeur? Of het jy ’n ander opinie?
- Stem jy saam met Ester dat die lewe uitwerk soos dit moet? Wat is jou ervaring?

Vrae vir verdere gesprek
Ester vra dat al die Jode drie dae vas voor sy na die koning gaan.
Het jy al gevas? Hoekom? In ons kerktradisie vas ons nie eintlik nie, maar vir baie Christene is vas ’n wonderlike deel van hulle geestelike lewe. Dit is belangrik om te verstaan dat ’n mens nie deur te vas God wil beïndruk of manipuleer om vir jou jou sin te gee nie – vas is nie ’n eetstaking nie! Ons vas ook nie om in ’n insulien trance ’n bo-natuurlike ervaring van God te hê nie. Christene vas om doelbewus op God te fokus en om sy stem helder te hoor en te verstaan.

Die meeste Christene beleef God op vier maniere: Party beleef God deur die Bybel te bestudeer en logies en wetenskaplik geloofsdinge te probeer verstaan (rasioneel); ander wil God eerder ervaar met mooi musiek of aangrypende getuienisse (emosioneel); nog ’n manier is om deur sosiale aksie soos sopkombuise en uitreike deel te neem aan God se beweging in die wêreld (aksie); die laaste groep soek God in stilte en meditasie, en hoor sy stem in die wind en sien God in die sterrehemel (mistiek). Watter een of meer van hierdie beskryf jou spiritualiteit? Watter ervaring van God sal jy graag ook wil hê?
Uitdaging vir die week
In ’n tipiese kerkdiens probeer ons al vier spiritualiteitstipes aanspreek.
Die preek is meer rasioneel, die musiek weer emosioneel. Gebede en rituele skep mistieke stiltes, terwyl die afkondigings en video’s jou nooi om deel te neem aan aksies. Kan jy al vier hierdie tipes raaksien in die diens? Probeer al vier in die kerk
beleef.
Afsluiting

Lees Psalm 62:2-9 as gebed:
2Ek soek U, o God, my God,
ek dors na U;
ek smag na U
soos in 'n dor en droë land,
'n land sonder water.
3Ek wil by U in die heiligdom wees
om daar u mag en grootheid te ondervind.
4U troue liefde is meer werd as die lewe;
daarom sal ek U prys.
5Ek sal U my lewe lank loof,
my hande ophef om u Naam te prys.
6Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet,
sal ek U altyd roem met jubelende mond.
7As ek aan U dink op my bed,
oor U peins in die nag, dan weet ek:
8U is vir my 'n hulp,
en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels.
9Ek bly altyd naby U,
u hand ondersteun my.