NG Universiteitsoord

KAMERS - WEEK 2
23 Feb: Spill the tea (Ester 2:1-18; 5:9-14) – Anuschka Smit
Locations & Times
NG UNIVERSITEITSOORD
Duxbury Rd & Herold St, Hatfield, Pretoria, 0083, South Africa
Sunday 8:00 AM

PREEKREEKSBOEKIE
https://www.universiteitsoord.co.za/preekreeksHierdie week stop ons in die sitkamer: die hart van enige huis. Hierword daar gelag, geheime gedeel, diep gesprekke gevoer en tranevan hartseer of vreugde uitgestort. Dit is waar vriendskappe vormen verhoudings versterk word.Maar hier is die vraag: Wie sit in jóú sitkamer? Die mense met wie jyjou tyd, hart en energie deel, het ’n groot invloed op jou lewe. Ester,met haar moed en wysheid, en Haman, met sy hoogmoed enselfgesentreerdheid, wys ons hoe verhoudings ’n mens kan bou – ofbreek. Hierdie week gaan ons uitdaag om eerlik te kyk na die mensein ons sitkamer, en ook die soort vriende en geselskap wat óns virander is.Haal dus jou teekoppie uit, kry ’n gemaklike plek op die bank, en kom ontdek saam hoe ons verhoudings ons lewens beïnvloed en hoe God ons lei om die regte mense in te nooi.
Erediensnotas
- Met watter verwagting kom ek na vandag se erediens?
- Wat het ek in die diens gehoor wat my geraak het?
- Watter nuwe perspektief het vir my oopgegaan tydens die erediens?
- Wat wil ek graag onthou vir die week wat voorlê?

Persoonlike stiltetyd
Oggend:
Neem tien minute van jou oggend om oor die volgende na te dink:
Wie is die mense wat jou lewe beïnvloed? Watter van jou verhoudings bring jou nader aan God, en watter doen dalk skade?
Bid vir wysheid om goeie keuses te maak oor wie jy in jou "sitkamer" innooi.
Aand:
Dink vir ’n oomblik na oor jou dag. Het jy geleenthede gehad om iemand te bemoedig of het iemand jou ondersteun? Hoe kan jy meer doelbewus ander opbou?

Groeigroep
Ysbreker-vraag: Jou sitkamergesprekke
As jy een persoon, lewend of oorlede, kan kies om vir ’n uur saam
met jou op die bank te sit en gesels, wie sal dit wees, en hoekom?
Deel met mekaar
- As jou lewe ’n sitkamer is, wie is die mense wat altyd welkom is?
- Wat maak hulle spesiaal?
- Dink aan die eienskappe wat vir jou belangrik is in ’n vriendskap.
- Hoe lyk ’n vriend wat jy graag saam met jou in die lewe wil hê?
- As jy kyk na Ester se verhoudings (Mordegai) en Haman se verhoudings (sy vrou en vriende), wat leer jy oor die tipe mense wat jou beïnvloed?
Lees, luister en gesels saam
- Lees beide tekste hardop saam.
- Laat elkeen die teksgedeeltes stil op hulle eie weer deurlees.
- Deel twee-twee met mekaar wat jy in die teks hoor, oplet, oor wonder ens.
- Deel met die groot groep wat jou gespreksgenoot in die teks gehoor het.
- Wat leer jy in hierdie gedeeltes oor vriendskappe?
Vrae vir verdere gesprek
Hoe dink jy het Ester se verhouding met Mordegai haar voorberei vir haar rol as koningin?
1. In Ester 5:9-14 word Haman deur sy vrou en vriende aangemoedig om wraak op Mordegai te neem. Hoe sien ons hierdie negatiewe invloed van vriende op ’n mens se keuses raak? Hoe kan ons keer dat ons deur verkeerde invloede mislei word?
2. Haman het sy trots en ego eerste gestel, terwyl Ester nederigheid en wysheid gebruik het in haar benadering tot die koning. Hoe kan ons leer om meer nederig en wys te wees in ons verhoudings met ander?
3. In Ester se storie sien ons hoe God agter die skerms werk om haar in ’n spesifieke posisie te plaas. Hoe dink jy werk God deur jou verhoudings en die mense wat Hy in jou lewe plaas?

Uitdaging vir die week
Maak hierdie week tyd om vir iemand in jou lewe te wys dat hulle spesiaal is. Nooi ’n vriend of familielid vir koffie, stuur ’n bemoedigende boodskap, of sê dankie vir iemand wat jou positief beïnvloed het. Dink aan wie op jou “sitkamerbank” sit – en wys vir hulle dat hulle waardeer word!
Afsluiting
Verhoudings is die “sitkamers” van ons lewe – waar ons rus, kuier en diep gesprekke voer. Soos Ester, moet ons bewus wees van die mense wat ons omring, want hulle vorm ons keuses en beïnvloed ons lewe. Mag ons, soos Ester, die moed hê om God te vertrou in die verhoudings waarin Hy ons plaas. Mag ons hierdie week bewus wees van die vriende en mense wat ons help om nader aan God te kom, en mag ons self ook mense wees wat ander opbou en ondersteun.