Dei Gratia
Dis OK om nie OK te wees nie
Oggendbyeenkoms
Locations & Times
Expand
  • Dei Gratia
    12 Boyle St, Pierre van Ryneveld, Centurion, 0045, South Africa
    Sunday 9:00 AM
Dis ok, om nie ok te wees nie…
2 Konings 6 & 7

4 Melaatse manne…
- Simptome: Spiere verswakking of Lamheid, Vergroeisels op gesig en oorlobbe, Verloor oogwimpers, aansteeklike siekte….
- Uitgeworpe buite die stad
- Moet jouself issoleer van ander mense
- Moet mense waarsku om nie naby jou te kom deur te skree “onrein, onrein!!!”
Aram beleër Israel
“’n Tyd later het koning Ben-Hadad van Aram egter sy hele leër opgeroep en Samaria beleër. Daar het toe ’n ernstige hongersnood in die stad ontstaan. Na ’n tyd is ’n donkiekop verkoop vir een kilogram silwer, en ’n handjie vol duiwemis vir omtrent 50 gram silwer.” 2 KONINGS 6:24-25 NLV
1kg silwer = R12 799.39
50 gram silwer = R640 (@ R12.80/gram)
2 Konings 7:3, 4 [NLV]
“Daar was vier melaatses by die ingang van die stadspoort. “Hoekom moet ons hier sit en wag om dood te gaan?” vra hulle vir mekaar. “As ons die stad ingaan, sal ons sterf weens die hongersnood; en as ons hier bly, sal ons ook sterf. Ons kan maar netsowel oorgaan na die Arameërs se kamp toe. As hulle ons laat lewe, dan lewe ons. As hulle ons doodmaak, dan is ons dood.”
Die opsies…
- Bly - Gaan dood
- Stad - Gaan dood
- Arameërs - DALK dood
Dis ok, om nie ok te wees nie…
2 KONINGS 7:5-8 NLV
“Skemerdonker gaan hulle na die Arameërs se kamp toe. Toe hulle by die kant van die Arameërs se kamp kom, kry hulle ’n groot verrassing: Daar was niemand nie! Die Here het dit so bewerk dat die leër van Aram die gedreun van strydwaens, die galop van perde en die gedruis van ’n naderende leër gehoor het. “Die koning van Israel het seker die konings van die Hetiete en die Egiptenaars gehuur om ons aan te val!” roep hulle uit. Dit was skemeraand toe hulle halsoorkop gevlug het. Hulle tente, perde, donkies en al hulle besittings het hulle net so agtergelaat en vir hulle lewens gevlug. Toe hierdie melaatses by die kant van die kamp aankom, het hulle by ’n tent ingegaan. Hulle het geëet en gedrink. Hulle het ook silwer, goud en klere daar gekry en dit gaan wegsteek. Hulle het ook by ’n ander tent ingegaan, goed gevat en dit begrawe.”
God kan in EEN OOMBLIK jou lewe verander:
- Staan net weer op
- Probeer net weer
- Vertrou net weer

NEE DIT IS NIE LEKKER NIE, MAAR STAAN OP; GAAN AAN; PROBEER; VERTROU GOD…

- Moenie “quit” nie
- Ons het jou nodig…
2 KONINGS 7:9, 16 NLV
“Daarna sê hulle vir mekaar: “Wat ons doen, is nie reg nie. Dit is ’n dag van wonderlike nuus en ons sê niemand daarvan nie! As ons wag tot dit lig word, sal ’n onheil ons tref. Kom ons gaan en vertel dit by die paleis van die koning.” Toe het die inwoners van Samaria uit die stad gestorm en die Arameërs se kamp geplunder. So het dit dan gebeur dat vyf kilogram meel of dubbel die hoeveelheid gars net ’n sikkel silwer gekos het, net soos die Here belowe het.”
Dis ok, om nie ok te wees nie; MAAR, dis nie ok om te bly lê nie
- Toe hulle opstaan, toe verander God hulle lot
- Toe hulle lot verander, toe verander n hele stad se lot
- Toe hulle opstaan, toe verdryf God alles wat hulle gevange gehou het
- Ons het nodig dat jy opstaan
- Jou gesin het nodig dat jy opstaan
- Soekendes het nodig dat jy opstaan en hulle gaan haal
- GOD BEGEER DAT JY OPSTAAN, SODAT HY DIE WONDER DEUR JOU OPSTAAN KAN LAAT VERWESENLIK…