Dei Gratia
OPNUUT [2] - Oppad
Oggendbyeenkoms
Locations & Times
Expand
  • Dei Gratia
    12 Boyle St, Pierre van Ryneveld, Centurion, 0045, South Africa
    Sunday 9:00 AM
Openbaring 21
5: Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.”
En daarna sê Hy: “Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.”
6: Verder sê Hy vir my: “Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet. 7: Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees.
1: Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: 2: Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat.
3: Ek is toe af na die pottebakker se huis toe, en hy was juis besig om iets op die skyf te maak. 4: Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê.
5: Toe kom die woord van die Here tot my: 6: Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel.
Jeremia 29
4: So sê Ek, die Here die Almagtige, die God van Israel:
5: Bou vir julle huise en bewoon dit, lê tuine aan en eet die opbrengs daarvan, 6: trou en bring kinders in die wêreld, en laat hulle trou en kinders in die wêreld bring.
7: Bevorder die belange van die stad waarin julle nou bly, bid tot My vir Hierdie stad, want sy belange is ook julle belange.
8: So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Moenie Moenie mislei word deur ander stemme nie.
11: Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!
12: Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor.
13: Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.
Moenie na te veel stemme luister nie