YouVersion Logo
Search Icon

Dei Gratia

JESUS, Die Gewone Mens Wat Moes Glo Soos Ons [1]

JESUS, Die Gewone Mens Wat Moes Glo Soos Ons [1]

Oggendbyeenkoms

Locations & Times

Dei Gratia

12 Boyle St, Pierre van Ryneveld, Centurion, 0045, South Africa

Sunday 9:30 AM

Superman
In ons agterkop is Jesus nie mens nie, maar God
“As ons Hom nie as mens gaan sien nie, dan gaan ons Hom baie moeilik kan volg in ons mens wees.”
Jesus as God lê Sy gesag neer om ten volle mens te wees…

Joh 17:5 AFR53
“En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.

Heb 4:15 AFR53
“Want ons het nie 'n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.”
Luk 2:52 AFR53
“En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.”
Jesus as God lê Sy gesag neer om ten volle mens te wees…

Han 2:22
“Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus, die Nasaréner, 'n man deur God vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet —

I Tim 2:5 AFR53
“Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,”

Heb 2:9 NLV
“Maar ons sien wel vir Jésus. Vir “’n klein rukkie”is Hý “minder gemaak as die engele”, maar nou is Hy “met heerlikheid en eer gekroon” omdat Hy vir ons die doodslyding deurgemaak het. Ja, Hy het deur God se genade vir elke mens gesterf.”
Hierdiegewonemens “Jesus van Nasaret”, kies om God te glo
Glo soos Jesus
- Glo dat God jou geskape het…
- Glo dat God jou regte Pa is…..
- Glo dat jy God se geliefde is voordat jy enige wonders of tekens doen…
- Glo dat Heilige Gees jou wil vul en lei en bekragtig….
- Glo dat jy tot alles in staat is, deur Christus in jou…
- Glo dat jy Hom kan volg en dien, selfs tot die dood toe…
- Glo dat Hy die God van die ewigheid is…
Glo soos die gewone mens, Jesus van Nasaret

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy