Dei Gratia
O, GENADE - Fees Van Die Ongenooides
Oggendbyeenkoms
Locations & Times
Expand
  • Dei Gratia
    12 Boyle St, Pierre van Ryneveld, Centurion, 0045, South Africa
    Sunday 9:30 AM
Hoekom so gereeld praat oor genade?
Philip Yancey
I rejected the church for a time because I found so little grace there.
I returned because I found grace nowhere else.
Vandag:
Die fees van die ongenooides
Matt 22:2-5 (Boodskapvertaling)
Luister dan hierna: ’n koning het vir sy seun ’n groot troue gereël. Hy het baie mense uitgenooi…Toe alles mooi reg was, stuur die koning van sy helpers om die gaste te gaan haal. Snaaks genoeg wou die genooides toe nie meer kom nie. Die koning laat weet die genooides toe weer: ‘Kom, die tafels is gelaai met die heerlikste kos. Alles is reg. Laat die fees begin!’ Die genooides het egter hulle skouers opgetrek en aan gegaan asof niks gebeur het nie. Die een het gaan kyk hoe sy boerdery vorder en die ander een is werk toe. Party was so ongeduldig met die helpers wat so aanhoudend kom klop het dat hulle hulle sommer hardhandig verwilder het.
Matt 22: 8-10 en 14
Toe sê die koning vir sy helpers: ‘Kom ons probeer weer. Alles is mos reg vir die fees om te begin… Gaan nooi nou almal uit wat julle in die hande kry. Dit maak nie saak waar hulle is nie.’ Die helpers is daar weg en het almal voor die voet genooi. Die feessaal het begin vol loop. Die fees kon begin. “Die slawe het ook vir elkeen wat fees toe gekom het mooi klere gegee om aan te trek. Dit het gewys dat hulle nou gaste van die koning is.
14: “Onthou, baie sal die uitnodiging hoor, maar nie naastenby almal sal die hemelse fees haal nie.”
Efesiërs 2: 8-9
Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julle self nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.
Nog ‘n voorbeeld: Lukas 18: 10-14
Die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid:
‘O God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie: diewe, bedrieërs, egbrekers, en ook nie soos hierdie tollenaar nie. Ek vas twee keer in die week en ek gee 'n tiende van my hele inkomste.’
Lukas 18: 14
“Ek sê vir julle: Hierdie man, en nie die ander een nie, het huis toe gegaan as iemand wie se saak met God reg is. Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word; en hy wat nederig is, sal verhoog word.”
• Die boeties in Lukas 15
• Die moordenaar aan die kruis in Lukas 23
• Saggeus in Lukas 19
Ten slotte
• Jy is genooi
• Jy het die uitnodiging
• Die prys is duur, maar dis reeds betaal