YouVersion Logo
Search Icon

VEK Louis Trichardt

Wat gaan dit jou aan?

Wat gaan dit jou aan?

Sondagoggend byeenkoms, 17/07/2021

Locations & Times

VEK Louis Trichardt (Leef die Woord)

63 Burger St, Louis Trichardt, 0920, South Africa

Sunday 10:00 AM

Hartlik welkom by die VEK Louis Trichardt

Geniet die byeenkoms saam met ons.

Onthou: Stoor die notas indien jy in die toekoms weer daarna wil kyk.

Die preek is op YouTube beskikbaar

Klink gerus op die skakel om na die preek te kyk

https://youtu.be/fDv2pzWdpjQ

JOHANNES 21:18-25

Wie het kon dink dat Jesus vir iemand sou sê: "... Wat gaan dit jou aan? ..." (Joh. 21:22).

En dit nogal benadruk deur dit te herhaal: "... wat gaan dit jou aan? ..." (Joh. 21:23).

In hierdie gesprek verwys Jesus na hoedanige dood Petrus sou sterf, en dit is per implikasie duidelik dat dit 'n martelaarsdood sou wees (Joh. 21:18-19).

Volgens oorlewering was Petrus deur middel van kruisiging in Rome tereggestel.

Op sy versoek was hy onderstebo gekruisig, want hy het aangevoer dat hy nie waardig was om op dieselfde manier as Christus gekruisig te word nie.
Moet nie vergelyk nie

Vriende, een van die grootste vyande van lewensvreugde is om jouself met ander te vergelyk.

LUKAS 18:9-14

Soms laat dit jou met bitterheid wegstap omdat jy voel jy eerder ander se guns moet geniet, want jy meen jy is eindelik beter as hulle.

EFESIËRS 4:31

HEBREËRS 12:15

Om jou met ander te vergelyk is geensins 'n goeie hanteringsmeganisme ten opsigte van die bestuur van jou lewe nie.

Wanneer jy jou met ander vergelyk misken jy die merkwaardige manier waarop die Here jou juis in sy diens wil gebruik.

In ons diensbaarheid teenoor die Here, vriende, is ons nie in kompetisie teenoor mekaar opgestel nie.
Moet nie probeer om die Here se gewete te wees nie

In plaas daarvan dat Petrus deur liefde gedring (Joh. 21:15-17) hom begin besig hou het daarmee om te doen wat die Here van hom gevra het; dit is om na die kudde om te sien, projekteer hy sy ongemak.

JOHANNES 21:21

Jesus het nie nodig om aan ons te verduidelik en Homself te verdedig in die verontskuldiging van ons aanklag teen sy gewete ten opsigte van wat Hy vir ander dissipels gee, toelaat of toestem nie.

Dit is nie iets nuut nie, en dit is duidelik nie iets wat Jesus ewe ongemerk net laat verby gaan nie - Hy spreek dit aan!

JOHANNES 21:21-22

Ons moet onsself nie met kleinlikhede bemoei soos om die Here se handelinge met ander soos met die van ons te vergelyk nie.

Die opdrag is eenvoudig: "Volg My!"

Om daarmee besig te wees om te vergelyk, te byt en te verwyt beteken eenvoudig dat ons nie besig is om te versorg (Joh. 21:15-17) en te volg (Joh. 21:19, 22) nie.

Besoek gerus ons webwerf

http://leefdiewoord.co.za

Opnames van preke is op YouTube beskikbaar

https://www.youtube.com/user/leefdiewoord/videos
hey

Koinonia Discipleship Training Academy: 6 Waardes

Koinonia Discipleship Training Academy

Besoek gerus hulle Facebook profiel.
Jy kan ook navrae rig by info@koinoniadiscipleship.co.za
Gesels gerus ook met Philip vir meer inligting en verwysings.

https://www.facebook.com/profile.php?id=100083001304526
hey

Gebedsversoeke

Alle versoeke word STRENG vertroulik hanteer.

http://leefdiewoord.co.za/gebedsversoek/?et_fb=1&PageSpeed=off
Gebed en vas

Ons moedig julle aan om Woensdag spesifiek saam met ons te bid en vas. Gebedsbakens word vir die YouVersion Bible App gestuur.

Gebedsbakens word deur middel van die YouVersion Bible App hanteer. Laai asseblief die App af, dit is GRATIS en 'n baie kragtige instrument.
hey

Alle manne welkom!

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy