YouVersion Logo
Search Icon

Kruik Gemeente

Kruik Oggenddiens 13 Maart 2022

Kruik Oggenddiens 13 Maart 2022

Kruik Oggenddiens 13 Maart 2022

Locations & Times

Kruik Gemeente

Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa

Sunday 6:00 AM

Lent 2022

Lent is die 40 dae voor Paasnaweek en ons identifseer met dit wat Jesus deur gegaan het in hierdie 40 dae. Wat kan ons by Jesus leer? Ons beweeg saam die bergpredikasie om te sien wat Jesus ons wil leer oor sy pad.

Jesus sê jy kan gelukkig wees wanneer jy treur. Lament is om in jou donker en moeilik in te gaan, dit te ontmoet en met dit te werk. Om te treur en te rou kan jou vriend wees.

Ons sê gewoonlik dat om te treur is om ongelukkig te wees. Jesus sê nee, dit kan jou gelukkig maak.

Matt 5:4 (1983) Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.

Ons vertroos kinders van kleins af en sê soms vir kinders hulle moet huil, ons moedig hulle aan om die huil uit te kry. Selfs wanneer kinders huil wil ons hulle troos en hulle aandag afvat van dit wat hulle ongelukkig maak. Ons sê vir hulle; "Moenie worry nie, dit sal ok wees". Maar wanneer ons volwasse mense is hardloop ons weg of kruip weg van ons pyn!

In Jesus se tyd was om simbolies te rou baie normaal, mense het as op hulle gegooi, hulle klere skeer of buig en skreeu. En dis wat ons jou dalk mee aanmoedig! Werk met jou verliese, pyn en hartseer.

Matt 5:3 (The Message) You’re blessed when you feel you’ve lost what is most dear to you. Only then can you be embraced by the One most dear to you.

Wat breek jou hart?
Van jou en van ander se lewe?

Die uitnodiging is dat ons ook saam ander mense sal treur, kom reik uit na ander en help sodat hulle beter kan werk met hulle verliese en hartseer.

Rom 12:15 (1983) Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur.

En dan wanneer ons treur saam met iemand dat ons nie ons verliese en ons hartseer en pyn sal meet aan iemand anders sin nie. Elkeen van ons se pad is uniek.

Wat wil God vir jou sê met jou verliese, pyn en hartseer... dalk... treur! Huil maar, rou! Werk met dit wat jou onderkry, wanneer jy dit doen, kan jy gelukkig wees.



BESPREKINGSVRAE:

1. Wat is dit wat jy hierdie week kan opgee om met Jesus se pad te vereenselwig?

2. Wat is die een ding wat jy God opnuut mee kan vertrou?

3. Besef die afhanklikheid van God hierdie week, alles kan môre weg wees, onthou dat Hy alleen vir kan sorg.

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy