YouVersion Logo
Search Icon

Kruik Gemeente

Kruik Oggenddiens 6 Maart 2022

Kruik Oggenddiens 6 Maart 2022

Kruik Oggenddiens 6 Maart 2022

Locations & Times

Kruik Gemeente

Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa

Sunday 6:00 AM

Lent 2022

Lent is die 40 dae voor Paasnaweek en ons identifseer met dit wat Jesus deur gegaan het in hierdie 40 dae. Wat kan ons by Jesus leer? Ons beweeg saam die bergpredikasie om te sien wat Jesus ons wil leer oor sy pad.

Vandag begin ons met vertroue en afhanklikheid. Jesus sê ons is gelukkig en geseënd wanneer ons weet ons vertrou God en is van Hom alleen afhanklik. Dis 'n groot stap in Jesus se eie reis ook.

Ons almal veg teen die lewe en ons kom hierdie wêreld in met 'n geskreeu en 'n gehuil. Vuiste wat saam getrek is, ligte en geraas en ons veg met alles in ons, tot ons saggies hanteer en stil stem hoor wat ons kalmeer. Ons almal het iemand nodig om te vertrou. Ons is afhanklik van 'n versorger!

Matt 5:3 NLV Gelukkig is dié mense wat weet hoe nodig hulle God het, want die koninkryk van die hemele is húlle deel.

Matt 5:3 (1983) Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

Ons is bekommerd oor baie dinge in ons lewens, maak nie saak as jy baie of min het nie, bekommerd oor het ek genoeg, bekommerd oor ons kinders, politieke goed en voortbestaan van ons en ons land en wêreld. Ons stresvlakke eskaleer elke dag.

Maar die uitnodiging is om oor te gee en Hom te vertrou dat Hy beter weet vir alles in my lewe. Ten volle is my afhanklikheid in God soos Jesus sin ook was op sy pad.

Miskien is jy op die einde en jy is nou op die einde, plek van vertroue, die beste plek om oor te gee en te sê ek vertrou want ek kan nie verder nie.

Matt 5:3 (The Message) You’re blessed when you’re at the end of your rope. With less of you there is more of God and his rule.

Om te vertrou is om te ontvang, Sy genade, vergifnis, liefde en voorsiening. Om eerder met toe hande, hande oop te maak en te sê ek is reg om te vertrou en reg om te ontvang.

Johannes die doper stuur sy disippels na Jesus om te vra is U regtig die redder? Want ek gaan doodgemaak word en U is nêrens nie? En Jesus se antwoord voor hy na die teenoorgestelde kan toe gaan is; Gelukkig is elkeen wat weet hoe afhanklik hulle van God is. Ek is met jou al voel en lyk dit nie so nie. Vertrou my.

Verder in die bergpredikasie sê Jesus, moet julle nie bekommer oor môre nie, môre bring sy eie bekommernis. Paulus sê moet oor niks besorg wees nie, maar vra die Here om jou te help. (Fil 4)

Romeine 8:31-39 NLV. Wat sal ons dan van al hierdie wonderlike dinge sê? As God aan ons kant is, wie kan ooit téén ons wees? As God nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal oorgegee het, sal Hy nie saam met Hom ook alle ander dinge aan ons skenk nie? Wie sal dit waag om ons aan te kla as God ons spesiaal uitgekies het? God is immers die Een wat ons vryspreek. Wie sal ons veroordeel? Christus Jesus is tog die Een wat vir ons gesterf het, wat boonop ook opgestaan het, wat op die ereplek langs God sit en wat daar vir ons pleit. Kan enigiets ons ooit van Christus se liefde skei? Sal dinge soos lyding of benoudheid of vervolging, honger of koue, of gevaar of doodsdreiging dit regkry? Selfs die Skrif verklaar tog:
“Om u ontwil bedreig die dood
ons die hele dag
en word ons as slagskape
beskou.”
Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ’n klinkende oorwinning te behaal – deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het. Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie.

Niks kan jou skei van God se liefde nie, nie eens die dood nie. Vertrou Hom met hierdie liefde.

Gebed - Jesus Christus wees my opnuut genadig! (Herhaal)


BESPREKINGSVRAE:

1. Wat is dit wat jy hierdie week kan opgee om met Jesus se pad te vereenselwig?

2. Wat is die een ding wat jy God opnuut mee kan vertrou?

3. Besef die afhanklikheid van God hierdie week, alles kan môre weg wees, onthou dat Hy alleen vir kan sorg.