YouVersion Logo
Search Icon

Kruik Gemeente

Kruik Oggenddiens 27 Februarie 2022

Kruik Oggenddiens 27 Februarie 2022

Kruik Oggenddiens 27 Februarie 2022

Locations & Times

Kruik Gemeente

Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa

Sunday 6:00 AM

My Storie Deel 4

Elkeen van ons het 'n storie, 'n stories om op trots te wees en stories wat ons eerder nie wil vertel nie. Baie van ons stories, is geheime stories... Ons vertel gewoonlik net die goeie stories...

Stories is deel van ons lewe en elke dag is ons besig om aan ons stories te werk... ons stories word ons lewe en vorm ons. Omdat dit so groot deel is van ons lewe, hoe kan ons die rigting daarvan bepaal?

My besluite van vandag speel 'n groot storie môre.

Hier is die realiteit... baie van ons stories word bepaal deur die besluite wat ons maak. Al is dit klein besluite wat ons dink nie regtig saak maak nie, dit doen! Klein onbenullige besluite het al groot golwe in ons stories gemaak.

Ons mis die impak van doelbewuste besluite op ons stories.

Week 1 - Jy gaan iets doelbewus moet begin om nuwe stories in jou lewe te skryf. Hoe lyk daardie begin?

Week 2 - Jy gaan iets moet stop in jou lewe, daardie een ding wat jou kos in jou verhoudinge, werk, finansies ens. Daardie een ding wat, as jy nie gaan stop nie, jy op gaan uitmis in jou lewe. Wat is daardie een ding wat jy moet stop?

Week 3 - Jy word dalk uitgenooi om te bly op 'n plek of in 'n verhouding waar dit makliker is om eerder te gaan. Miskien is die logiese antwoord, gaan eerder! Maar wat van as jy bly? Watter beloftes wag vir jou as jy dalk vasbyt en bly waar dit makliker is om te gaan.

Week 4 - Die uitnodiging is; om te gaan wanneer dit makliker is om te bly.

Baie mense leef vanuit hulle gemakzones en sekuriteite en skuif moeilik na plekke wat hulle uitdaag, veral ook in die missionale deel van hulle reis met God.

Ek wonder hoeveel mense bly al jare lank langs mense maar ken hulle glad nie, was nog nooit eers in hulle huis nie. Die uitnodiging is om buite jou gemakzones te gaan en goed te doen wat jy nog nooit gedoen het nie.

Die vraag is, wat gaan jy dalk mis as jy nie opstaan en gaan na plekke waar dit makliker is om te bly.

Die disippels van Jesus word genooi om hom te volg, alles te los en na vreemde en onbekende plekke saam hom te gaan. Wat sou gebeur het as hulle nie gegaan het nie?

Matt 4:18-20 NLV. Op ’n dag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers, Simon, ook bekend as Petrus, en sy broer Andreas. Hulle was besig om nette in die see uit te gooi. Hulle was vissers van beroep. Daarop sê Hy vir hulle: “Kom! Word my dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak. Dadelik het hulle hulle nette gelos en Jesus se dissipels geword.

Hulle los hulle vis besigheid en volg Jesus, buite hulle gemakzones en sekuriteite. Wat gebeur? Alles in hulle lewe word verander! Hulle ontdek hulle storie buite hulle normale gerief.

Ja en hierdie besluit om te gaan wanneer dit makliker was om te bly, bring sy eie uitdagings sy eie moeilikheid, vra vir Petrus veral by die kruis.

Maar hierdie uitnodiging om te gaan, gaan deur en deur voor jou kom, soos by Petrus, toe hy voel hy het dit nie gemaak nie en Jesus "gedrop", toe vra Jesus hom weer om hom te volg. Die uitnodiging is die hele tyd daar om uit te gaan en verskil te maak.

Joh 21:15-19 NLV. TOE HULLE KLAAR ONTBYT GEËET HET, VRA JESUS VIR SIMON PETRUS: “SIMON, SEUN VAN JOHANNES, HET JY MY LIEF, MEER AS HIERDIES?”
PETRUS SÊ VIR JESUS: “JA, HERE, U WEET DAT EK U LIEFHET.”
JESUS SÊ VIR HOM: “GAAN VERSORG MY LAMMERS.” JESUS VRA HOM TOE ’N TWEEDE KEER: “SIMON, SEUN VAN JOHANNES, HET JY MY LIEF?”
“JA, HERE, U WEET DAT EK U LIEFHET,” ANTWOORD PETRUS.
JESUS SÊ VIR HOM: “WEES ’N HERDER VIR MY SKAPE.”
17’N DERDE KEER VRA JESUS HOM: “SIMON, SEUN VAN JOHANNES, HET JY MY LIEF?”
PETRUS HET HARTSEER GEWORD OMDAT JESUS HOM ’N DERDE KEER GEVRA HET: “HET JY MY LIEF?” EN HY ANTWOORD JESUS: “HERE, U WEET ALLES. U WEET DAT EK U LIEFHET.”
JESUS SÊ VIR HOM: “GAAN VERSORG MY SKAPE.

Nadat Hy dit gesê het, sê Jesus vir Petrus: “Volg My as my dissipel!

Jesus sê gaan! Wanneer dit dalk makliker is om te bly.

Matt 28:19 (1953) Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

En vandag is hierdie boodskap om jou werk te los wanneer jy nie ander een het nie, dis nie om jou huwelik te los na ander een toe nie, nee hierdie is eerder om te gaan na plekke binne hierdie verhoudings om dit beter te maak.



BESPREKINGSVRAE:
1. Waarheen nooi God jou om te gaan wanneer dit makliker is om te bly?

2. Wat is die gemakzones en sekuriteite wat jou verhoed om te gaan?

3. Watter stap is die eerste stap van JOU uitnodiging tot gaan?