Kruik Gemeente
Kruik Oggenddiens 20 Februarie 2022
Kruik Oggenddiens 20 Februarie 2022
Locations & Times
Expand
  • Kruik Gemeente
    Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa
    Sunday 6:00 AM
My Storie Deel 3

Elkeen van ons het 'n storie, 'n stories om op trots te wees en stories wat ons eerder nie wil vertel nie. Baie van ons stories, is geheime stories... Ons vertel gewoonlik net die goeie stories...

Stories is deel van ons lewe en elke dag is ons besig om aan ons stories te werk... ons stories word ons lewe en vorm ons. Omdat dit so groot deel is van ons lewe, hoe kan ons die rigting daarvan bepaal?

My besluite van vandag speel 'n groot storie môre.

Die roete wat jy vat bepaal jou eindbestemming, nie jou intensies.

Hier is die realiteit... baie van ons stories word bepaal deur die besluite wat ons maak. Al is dit klein besluite wat ons dink nie regtig saak maak nie, dit doen! Klein onbenullige besluite het al groot golwe in ons stories gemaak.

Ons mis die impak van doelbewuste besluite op ons stories.

Week 1 - Jy gaan iets doelbewus moet begin om nuwe stories in jou lewe te skryf. Hoe lyk daardie begin?

Week 2 - Jy gaan iets moet stop in jou lewe, daardie een ding wat jou kos in jou verhoudinge, werk, finansies ens. Daardie een ding wat, as jy nie gaan stop nie, jy op gaan uitmis in jou lewe. Wat is daardie een ding wat jy moet stop?

Week 3 - Jy word dalk uitgenooi om te bly op 'n plek of in 'n verhouding waar dit makliker is om eerder te gaan. Miskien is die logiese antwoord, gaan eerder! Maar wat van as jy bly? Watter beloftes wag vir jou as jy dalk vasbyt en bly waar dit makliker is om te gaan.

Ons lees storie van Rut, waar sy haar man verloor en in vreemde land sit waar sy soos haar skoonsuster Orpa kan teruggaan na haar land en haar mense maar besluit om te bly al is al die "odds" teen haar.

Kom ons lees saam.

Rut 1:14-18 NLV. Die skoondogters het weer begin huil. Orpa het van haar skoonma afskeid geneem, maar Rut wou nie gaan nie. “Kyk,” sê Naomi vir haar, “jou skoonsuster het teruggegaan na haar mense en na haar gode toe. Gaan jy nou ook maar saam met haar terug.” Maar Rut antwoord: “Moenie my probeer oorreed om van Ma af weg te gaan nie. Waarheen u ook al gaan, sal ek gaan. Waar u gaan woon, sal ek ook woon. Ma se mense is ook my mense. U God is ook my God. Waar u doodgaan,
sal ek ook doodgaan en daar begrawe word. Mag die Here dit so laat gebeur. Net die dood ons sal skei.” Naomi het besef dat Rut vas besluit het om saam met haar te gaan. Daarom het sy opgehou om haar te probeer oorreed.

Sy maak die besluit om te bly, en nou is sy enkelvrou van ander stam, werkloos en in armoede. Sy is kwesbaar vir mishandeling, verkragting, slawerny ens maar besluit steeds om te bly. Maar met hierdie besluit ontvang sy onvoorsiene seên, seën wat net die Here kan bring.

Boas sien haar raak en beveel sy mense om na haar te kyk om vir haar te gee meer as sy vra. Hoekom? Want hy ken haar storie, hy weet sy het gebly toe sy kon gaan.

Rut 2:10-12 NLV. Rut het diep voor hom gebuig en hom gevra: “Hoekom is u so goed vir my dat u my uitsonder terwyl ek ’n buitelander is?” Boas antwoord haar: “Ek het gehoor van al die liefde en goedheid wat jy ná die dood van jou man aan jou skoonma betoon het. Ek het gehoor dat jy jou ouers en jou geboorteland verlaat het om hier tussen vreemde mense te kom woon. Mag die Here, die God van Israel, onder wie se vlerke jy kom skuiling soek het, jou ten volle beloon.”

Hy ken haar storie en raak ook verlief op haar, hy trou met haar en Rut word meer as dubbel geseên en ontvang haar beloning van die Here. Sy word ook ingeskryf in die geslagregister van Jesus.

Net soos Rut word ons soms uitgenooi om te bly wanneer dit makliker is om te gaan.

Wat is dit vir jou?



BESPREKINGSVRAE:
1. In watter area van jou lewe word jy uitgenooi om te bly waar dit makliker is om te gaan?

2. Wat moet jy doen om nee te sê vir makliker uitweg?

3. Watter beloning lê en wag as jy die stap neem?