Kruik Gemeente
Kruik Oggenddiens 30 Januarie 2022
Kruik Oggenddiens 30 Januarie 2022
Locations & Times
Expand
  • Kruik Gemeente
    Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa
    Sunday 6:00 AM
Week 3

Baie van ons se fokus is op my - Ons maak meestal van ons GROOT besluite op wat my gaan gelukkig maak

Q - Wat van om my

Ons kan nie aktief Jesus volg en nie die wêreld om ons verander nie.

Volgeling van Jesus moet lyk soos Jesus -of kom ons sê eerder dit... niemand is perfek nie reg en ons maak foute en ons maak seer en ons oorreageer en ons afronteer... kom ons sê eerder... volgelinge van Jesus moet al hoe meer verander om gelyk te wees aan sy beeld -

2 Kor 3:18 NLV Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk, met ’n heerlikheid wat steeds toeneem namate die Here, dit is die Gees, dit aan ons gee.

Heilige Gees lei jou net genoeg om vir nou te transformeer.

En dis die uitnodiging van hierdie reeks, dat die Heilige Gees ons sal lei na ‘n plek waar ons meer soos Jesus sal lyk.

Aandag skuif hierdie jaar... Christene oor die algemeen is beter om n punt te maak as om verskil te maak

koppe skud en vingers wys - kerk

Ons kan so hard werk aan onsself, selfs ons eie geestelike lewens dat ons mis waaroor Jesus en sy voorbeeld vir ons is.

Matt 7:24 “Elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, is soos ’n verstandige persoon wie se huis op rots gebou is. 25Al val daar ’n stortbui, en al kom die vloedwater af, en al woed daar stormwinde teen die huis, sal dit nie inmekaarstort nie, want sy fondament is stewig op die rots vas. 26Maar elkeen wat na my woorde luister en dit nie doen nie, sal wees soos ’n dwaas wie se huis op die sand gebou is. 27Wanneer daar ’n stortbui val, en die vloedwater afkom, en die stormwinde waai, sal daardie huis heeltemal inmekaarstort.”

Luister - wanneer ons geloof net gaan oor ons en ons privaat verhouding met God, hoe doen ek God, ek wil meer heilig wees...!

as dit ons fokus is; is ons boodskap, ons weet beter en doen beter as julle.
as jou geestelike reis oor jou en jou belange en vooruitgang gaan... lyk dit nie soos Jesus nie

want jou geestelike reis gaan oor jou en oor ander - dis nie either or nie, dis altwee

Wanneer dit net oor jou gaan, kan dit oor niks anders gaan nie.

Gal 5:19-20 Messgae - It is obvious what kind of life develops out of trying to get your own way all the time: repetitive, loveless, cheap sex; a stinking accumulation of mental and emotional garbage; frenzied and joyless grabs for happiness; trinket gods; magic-show religion; paranoid loneliness; cutthroat competition; all-consuming-yet-never-satisfied wants; a brutal temper; an impotence to love or be loved; divided homes and divided lives; small-minded and lopsided pursuits; the vicious habit of depersonalizing everyone into a rival; uncontrolled and uncontrollable addictions; ugly parodies of community. I could go on.

Miskien is hierdie jaar jou gedagte dat jy jouself sal vind, dat jy jou verhouding met God sal vind of opnuut sal vind…

Wel om Jesus te volg gaan nie oor self verbetering nie maar oor self verloening… wanneer ek my lewe weg gee sal ek dit red.

En dis nie om minder van jouself te dink nie, dis net om jou eie ek ondergskik aan Jesus te maak.

Ek ontdek nie myself wanneer ek myself soek nie maar wanneer ek God soek

Matt 10:39 Message - If your first concern is to look after yourself, you’ll never find yourself. But if you forget about yourself and look to me, you’ll find both yourself and me.

Q - Hoe sal ons wêreld lyk as ons voornemens nie meer oor ons gaan nie ja... ons skeep onsself nie af nie en ons kyk na ons gewiggies... maar wat van ons primere voornemens nie oor ons gaan nie, hoe sal ons wêreld lyk.
gaan dit jou iets kos... heel moontlik gaan dit. jy gaan dalk nie jou werk los nie maar jy gaan iets moet losjy gaan dalk nie weg nie nie maar jy gaan weg van iets moet gaan

hoe kan jou voornemens vir iemand anders voordeel wees?

Want daar is 'n groot verskil om net in Jesus te glo en deel te wees van die Christelike Kerk - en om Jesus te volg met my lewe.

So... om te glo is nie genoeg nie. Duiwels glo ook en hulle sidder... Geloof met werke... ons moet glo en iets doen (Jakobus se woorde)
Hierdie is die uitnodiging - om jou lewe te draai na iets groter as jouself.
BESPREKINGSVRAE:
1. Jy het nou al jou voornemens reg vir jou… hoe lyk die voornemens nou vir om jou?

2. Hoe kan jy hierdie jaar dit anders doen en in die proses, voornemens het wat hou?