YouVersion Logo
Search Icon

Kruik Gemeente

Kruik Oggenddiens 23 Januarie 2022

Kruik Oggenddiens 23 Januarie 2022

Kruik Oggenddiens 23 Januarie 2022

Locations & Times

Kruik Gemeente

Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa

Sunday 7:00 AM

Voor:Nemens Week 2

Voornemens gaan meestal oor my... sterker, beter mooier. Maar wat van om my?

Jy kan dalk nie die wêreld verander nie maar jy kan die wêreld van een verander en in die proses verander jy jou wêreld.

Maar ons is meestal gedraai na ons eie lewens toe… opgeskeep met onsself.

In Betanië… het Jesus vriende en daar gebeur iets… kom ons lees saam.
Luk 10:41-44 (Message) As they continued their travel, Jesus entered a village. A woman by the name of Martha welcomed him and made him feel quite at home. She had a sister, Mary, who sat before the Master, hanging on every word he said. But Martha was pulled away by all she had to do in the kitchen. Later, she stepped in, interrupting them. “Master, don’t you care that my sister has abandoned the kitchen to me? Tell her to lend me a hand.” The Master said, “Martha, dear Martha, you’re fussing far too much and getting yourself worked up over nothing. One thing only is essential, and Mary has chosen it—it’s the main course, and won’t be taken from her.”

Luk 10:41-42 Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge; maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie.

Tossed around - Torn Apart - My way

Grootste misleiding in ons lewens - illusie oor onsself

David Benner - "As human beings, we seem to believe that we need three things in order to be happy: control, approval, and security. ... [P]ursuing them is the primary cause of our unhappiness and lack of inner peace. What we need to release, therefore, is our attachment to the assumption that we need these things. We need to release our desire for control, approval, and security, and we need to release our desire to change the circumstances of our lives over which we have no real control."

Begrafnisse = Op die einde van jou lewe/jaar... wat is dit wat jy wil hê mense moet dankbaar voor wees in jou lewe?

"Whoever devotes themselves to themselves, will have nothing but themselves to show for themselves"

Ons van natuur “preservers” - Dit gaan oor ons. My sukses, my spaargeld, my familie ens

Mark 8:34-35 - (save their life must lose it)
Toe roep Jesus sy dissipels en die skare na Hom toe en sê vir hulle: “As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie ek prysgee, julle kruis opneem en agter My aan kom.

Ego - nie weg nie, net ondergeskik. Koninkryk is hier, bekeer jou van jouself. Ekkigheid

35As julle probeer om julle lewe selfsugtig vir julleself te bewaar, sal julle dit verloor. Maar as julle julle lewe ter wille van My en ter wille van die Goeie Nuus prysgee, sal julle dit juis red. 36Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jou diepste menswees ly skade? 37Jy sal met niks ter wêreld daarvoor kan vergoed nie.

Jy moet nee sê vir jouself of iets van jouself om ja te sê vir iets anders.Laat U koninkryk kom laat myne gaan

"Whoever devotes themselves to themselves, will have nothing but themselves to show for themselves"

Dis nie om jou lewe weg te gooi nie, maar om ja te sê vir iets groter as jouself.

wanneer dit alles oor my gaan sal dit nooit oor iets anders kan gaan nie

Jesus = Luk 14:26 as jy my wil volg moet jy jouself gering ag

Die essensie van om Jesus te volg is selfverloëning nie self verbetering nie. (kyk na jouself, ens - maar dis groter as dit)

Kyk - jy kan die mees self ontwikkelende persoon in die wêreld wees en nogsteeds alleen wees… jy kan alles hê en bereik wat jy moontlik kan begeer en nogsteeds alleen wees.

Om gevul te word met dit wat jy droom en dit wat God oor jou droom, is om leeg te word…
Die mense wat die meeste gee het die meeste oor

uitnodiging is om na ander plek toe te gaan wat nie oor jou gaan nie

die beste ding wat jy vir jouself kan doen, gaan nie oor jou nie!

"Whoever devotes themselves to themselves, will have nothing but themselves to show for themselves"

if you devote yourself to more than yourself you will have more than yourself to show for yourself

Jou lewe is groter as jy… en as Jesus sê kom, volg my, dan wil hy jou lei na daai lewe groter as jy…

As een van jou voornemens hierdie jaar is om nader aan Hom te beweeg… wel… vertrou Hom met hierdie stap in jou lewe.

Dalk om hierdie jaar te volunteer... ja nee dit kan jou dalk kos... Ek sal so lank bang om hierdie stap in my lewe te maak, of hierdie ding in my lewe te los… dalk is dit juis die ding wat jou laat groei.
BESPREKINGSVRAE:
1. Jy het nou al jou voornemens reg vir jou… hoe lyk die voornemens nou vir om jou?

2. Hoe kan jy hierdie jaar dit anders doen en in die proses, voornemens het wat hou?