YouVersion Logo
Search Icon

Kruik Gemeente

Kruik Oggenddiens 16 Januarie 2022

Kruik Oggenddiens 16 Januarie 2022

Kruik Oggenddiens 16 Januarie 2022

Locations & Times

Kruik Gemeente

Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa

Sunday 7:00 AM

Voor:Nemens Week 1

Wat moet ek doen omtrent my?Dis gewoonlik waar alle nuwejaarsvoornemens begin. Ek wil beter wees! Wat moet ek doen?

Gewig verloor… gym toe gaan, gesond eet, my lewe met die Here reg kry… hierdie is gewoonlik van die groot goed.

Bv eet so baie ek sit langs almal

Voornemens is baie selfgerig…. En dis dalk die rede dat dit nie hou nie…(dit gaan jou oor jou, dis jou lewe, jou voornemens en jy besluit wanneer iets begin of iets klaarmaak)

Maar wat van as hierdie jaar se voornemens nie oor my gaan nie?

Gewigsverlies het meestal van ons dalk nodig veral so na kers seisoen... ja ek moet dalk beter eet en reg oefen en ja en by kerk aansluit en meer betrokke wees en ja daar is paar gewoontes van my wat moet verander.

Wat wil God doen met my lewe? Wat wil God met my in ander se lewe doen?
Wat van as jou voornemens fokus om iemand anders se wêreld te verander...
Wat breek jou hart? Dis dalk die vraag om te vra om my fokus weg van myself te skuif.

IPV - Wat moet gebeur met my, eerder, Wat moet gebeur om my?

Ons kyk na ons land... sies... niks verander nie. Ons kyk na ander mense en dink oor hoekom dit nie kan verander of werk nie. People who blame things don't change things.

Wat kan ek om my doen om die wêreld of dalk net iemand se wêreld beter te maak.
God gee almal genade... en ek?

Ek wil meer kerk toe gaan sodat ek kan verander, wel dis goed, maar wat van, wanneer ek kerk toe gaan wil ek betrokke raak sodat ek kan help om iemand anders se lewe beter te maak?

As jy volgeling van Jesus is of dalk wil wees... is dat ons moet deelneem in dat wat hy ons leer... jy kan nie aktief Jesus volg en nie jou wêreld om jou beter maak nie...

Matt 25:35-36 Want toe Ek honger was, het julle vir My kos gegee; toe Ek dors was, het julle vir My iets gegee om te drink; toe Ek ’n hawelose vreemdeling was, het julle My in julle huise ontvang; toe Ek niks gehad het om aan te trek nie, het julle vir My klere gegee; toe Ek siek was, het julle na My omgesien; toe Ek in die tronk was, het julle My opgesoek.
37-39 “Daarop sal dié wat God se wil uitgevoer het Hom antwoord: ‘Maar wanneer het ons U dan honger gesien, en vir U kos gegee? Of dors, en vir U iets gegee om te drink? En wanneer het ons gesien dat U ’n hawelose vreemdeling was, en U in ons huise ontvang? Of dat U niks gehad het om aan te trek nie, en ons het vir U klere gegee? En wanneer het ons U siek gesien of in die tronk, en U opgesoek?
40 En die Koning sal vir hulle antwoord: ‘Ek verseker julle: As julle iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het, selfs al was dit vir die heel eenvoudigste onder hulle, het julle dit vir Mý gedoen.’

mense maak saak vir God so hulle moet saak maak vir ons...

jy kan nie reg wees met God maar nie reg met ander nie - Jesus sê dit staan gelyk aan mekaar. Hierdie is een beweging in my lewe.

Ja en dit beteken nie jy moet toelaat dat mense met jou maak soos hulle wil nie, maar net aanhou toelaat dat die "mindset of Christ" jou verander.

by Jesus het mense waarde ontvang - nie waarde verdien nie - Jesus het geleer almal het waarde

Miskien een van jou voornemens, ek wil beter man of vrou wees in my huwelik… so ek gaan harder aan myself moet werk… Paulus praat oor die huwelik in Efe 5 en dan sê hy in vers 21
Efe 5:21 omdat julle respek het vir X moet julle aan mekaar onderdanig wees

Ek wil doen wat Jesus wil hê ek moet doen… wel… Jesus het vir ons kom doen wat ons nie vir onsself kon doen nie…

Rom 3:22-24 God spreek ons vry deur geloof in Christus Jesus en dit geld sonder onderskeid vir almal wat glo. Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant.

Jesus het vir ons kom doen wat ons nie vir onsself kon doen nie…

NJ Voormemens..: ek wil vir iemand iets doen wat hulle nie vir hulleself kan doen nie... is dit 'n voorneme wat kan hou? dalk beter as die wat op myself gerig is.

ja - dis amazing ritme om iets aan jou gewig en oefen en eet gewoontes te doenja - dis amazing om meer deel te neem aan dit wat kerk doen en meer betrokke te raak by die kerk hierdie jaargoeie idee om skuldvry te kom en fatfood te los

maar daar is meer van jou as jou gewig en bankbelans wat kan jy doen?hoe kan jy wêreld van een verander?

As jy beter persoon wil word doen iets aan iemand se lewe wat hulle lewe beter maak

“If you can't do great things, do little things with great love. If you can't do them with great love, do them with a little love. If you can't do them with a little love, do them anyway. Love grows when people serve.” Mother Theresa

Jy het nou al jou voornemens reg vir jou… hoe lyk die voornemens nou vir om jou?
Hoe kan jy hierdie jaar dit anders doen en in die proses, voornemens het wat hou?
BESPREKINGSVRAE:
1. Jy het nou al jou voornemens reg vir jou… hoe lyk die voornemens nou vir om jou?

2. Hoe kan jy hierdie jaar dit anders doen en in die proses, voornemens het wat hou?