YouVersion Logo
Search Icon

Kruik Gemeente

Kruik Oggenddiens 19 Desember 2021

Kruik Oggenddiens 19 Desember 2021

Kruik Oggenddiens 19 Desember 2021

Locations & Times

Kruik Gemeente

Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa

Sunday 7:00 AM

Advent 19 Des 2021

Advent is ‘n aanloop tot die viering van Jesus se menswording… Soos ons reeds al genoem het, bestaan Advent uit 3 groot bewegings:
1. Ons kyk terug en ons onthou... dat Jesus in Bethlehem gebore was en dat Hy die verlosser van hierdie wêreld geword het.
2. Ons kyk ook vorentoe en ons verwag ook die 2de koms van Jesus in die toekoms en ons sien uit na dit wat vir ons voorlê.
3. Maar advent nooi ons ook na 'n derde koms in ons lewe en dit ons is bewus in die hier en nou… dat Christus vandag in jou en my lewe in kom en deur ons wil kom lewe.

Vandag wil ek nog ‘n belangrike uitnodiging vanuit Advent met jou deel wat Jesus se menswording vir ons gebring het en wil jou nooi om saam my in te leef in die verhaal van die wyse manne van die ooste of ook bekend as sterrekundiges. Terloops, een van die mites waarmee baie van ons grootgeword het is dat daar 3 wyse manne was. Ons sien dit in kinderbybels en kerskaartjies. Dit kon wees, maar nerens in die Bybel spesifiseer dat daar 3 wyse manne was nie, maar wel 3 verskillende tipe geskenke wat hulle vir Jesus gebring het. Lees saam my in Matt.2 meer oor hierdie wyse manne se belewenis van Jesus.

Matt.2:1-12 NLV
Jesus is in die dorp Betlehem in Judea gebore tydens die regeringstyd van koning Herodes die Grote. Omstreeks daardie tyd het daar sterrekundiges uit die ooste in Jerusalem opgedaag. Hulle doen toe navraag: “Waar is die pasgebore Koning van die Jode? Ons het sy ster sien verskyn en gekom om Hom te aanbid.” Toe koning Herodes hiervan hoor, het dit hom hewig ontstel; so ook die hele Jerusalem. Hy roep toe al die priesterhoofde en skrifkenners bymekaar en hoor by hulle waar die Messias gebore sou word. Hulle het hom geantwoord: “In Betlehem in Judea, want die profeet het soos volg geskryf: ‘En jy, Betlehem, in die landstreek van Juda, jy is beslis nie die onbeduidendste dorpie in Juda nie; want uit jou sal daar ’n leier voortkom wat my volk Israel sal versorg soos ’n skaapwagter sy skape.’” Daarop het Herodes ’n geheime boodskap na die sterrekundiges gestuur om hulle na hom te ontbied. Hy het toe noukeurig by hulle vasgestel wanneer die ster oorspronklik verskyn het. Daarna laat hy hulle na Betlehem gaan met die opdrag: “Gaan vind alles noukeurig oor die Kindjie uit. As julle Hom kry, kom sê vir my dat ek Hom ook kan gaan aanbid.” Nadat hulle die koning aangehoor het, het die sterrekundiges vertrek. En, werklikwaar, die ster wat hulle in die ooste sien verskyn het, is weer daar en dit beweeg voor hulle uit totdat dit bokant die plek gaan staan waar die Kindjie was. Met dié dat hulle die ster sien, het ’n wonderlike blydskap oor hulle gekom. Toe hulle in die huis ingaan, sien hulle die Kindjie by Maria, sy ma, en hulle val voor Hom neer en aanbid Hom. Toe maak hulle hulle kissies met kosbaarhede oop en gee aan Hom geskenke van goud en wierook en mirre. Maar omdat God hulle in ’n droom gewaarsku het om nie weer na Herodes terug te gaan nie, het hulle met ’n ander roete huis toe vertrek.

So, hou van geskenk te ontvang? Ek kan nie dink hoekom mens nie sal hou van geskenke kry nie. Selfs al is jou nie ‘n geskenkie mens nie, is die gebaar van iemand wat aan jou gedink het en so iets vir jou wil gee spesiaal. Nog ‘n vraag vir jou: het jy al ‘n geskenk ontvang, wat mooi toegedraai is, wat jy nooit oopgemaak het nie? Dat jy besluit het om sommer net die geskenkpakkie daar op ‘n rak te sit en nooit oop te maak nie. Dit mos sinneloos, want dis tog belangrik dat jy weet wat in daardie geskenkpakkie opgesluit is. Ek glo die gewer van die geskenk sal ook tog graag wil hê jy moet daardie geskenk oopmaak en iets van jou reaksie beleef op dit wat jy vir hulle gegee het.

Die ware reaksie op enige geskenk vind in werklikheid eers plaas wanneer jy die geskenkpapier aftrek of die geskenk uit die geskenksakkie uithaal - om te sien wat geskenk is wat jy ontvang het. Nou, ons almal weet dat Jesus as die grootste geskenk vir hierdie wereld nie toegdraai in geskenkpapier nie... Maar a.g.v. hoe gekomersiliseerd die moderne wereld Kersfees gemaak het, is ek onder die indruk dat dit maklik is dat ek of jy bietjie perspektief kan verloor oor die Grootheid & Waarde van die Geskenk van Jesus.• Hoekom sê ek so? Want ek dink ons werklik besef die Grootheid vd Jesus – sal ons REAKSIE op Hom baie groter en duideliker gewees het! Ons sou groot FEES vier en nie anders kan as om vir ander te vertel van Jesus nie. Ons sou só vasgevang gewees het met die wonder van Jesus dat ons nie soveel sou baie steur aan aardse rykdom en materialise nie, omdat Sy waarde soveel groter vir ons sou wees as enigeiets as wat hierdie wereld ons ooit kan bied!• Dan sou ons dalk saa met Paulus in Fil.3 kan sê: “Ek beskou hierdie wereld as “gemors” as “nikswerd” in vergelyking om Christus Jesus, my Here as wins te verkry en persoonlik te ken.”• So, v.ogg wil ek probeer om spreekwoordelik van die “geskenkpapier” van Jesus af te haal dat ek & jy die Grootheid van van Jesus meer sal kan beleef en waarlik FEES kan vier!

Elke week sover was daar ‘n uitnodiging wat Advent ons na toe nooi en so is die groot uitnodiging tydens vandag se boodskap ‘n uinodiging to BEWONDERING & AANBIDDING

.Ons het v.ogg Matt.2 gelees rondom Jesus se geboorte, die wyse manne & koning Herodus. • Ek wil hierdie Geskenk spreekwoordelik vir jou kom oopmaak deur na 3 eras van Jesus te verwys in die konteks van die Matt.2 storie. Die eerste van hierdie 3 eras is:
1. Jesus in die verlede... (Uit die oogpunt vd OT Bybelse tyd)• Ons weet nie baie van hierdie wyse manne nie, maar wat ons wel weet is: 1. Hulle was geleerde manne – sterrekundiges / manne v gesag. 2. Hulle het Jesus meer as net nog ‘n “leier” beskou, maar as ‘n koning. Hoekom so?A. Hulle was bereid om van ver te reis om hierdie ontdekking wat hulle gemaak het te ondersoek (het baie tyd, geld, energie geneem...) B. Hulle wou Hom gaan aanbid het! Slegs as Jesus werklik iets Goddeliks van God self was sou geleerde manne Hom wou aanbid! 3. Dus...: Deur die ontdekking van hierdie wyse manne se studies het hulle iets begryp vd Grootheid vd Geskenk van Jesus! • Herodes die Grote... Herodes se agtergrond: Hy was ‘n uiters bekwame politikus maar ook wrede diktator wat bekend was vir die oprigting van magtige geboue en skuilings vir homself. Hy het toe Jesus gebore was, reeds ten minste sowat 30 jaar geregeer as “koning” van die streek Juda en was toe reeds meer as 60 jaar oud. So Herodes was ‘n gevestigde nasionale leier en hier word hy besoek deur die wyse manne vd Ooste...• Die reaksie was op hulle nuus is merkwaardig: Hierdie magtige leier was onsteld en die HELE Jerusalem (hoofstad van Israel) saam met hom.• So die Grote Herodus word bedreig (op daardie stadium) deur ‘n kleine Jesus.• Herodus het AL die owerpriesters en skrifgeleerdes bymekaargekry en hulle deel ‘n stukkie oor Jesus in die verlede, nl.Miga 5:1.• Behalwe hierdie OT profesie het Jesus ten minste oor die 40 OT profesië vervul. Sekere teoloë reken oor die 300 profesië!• Daarna word Herodus se gevoel van bedreiging deur hierdie opkomende Koning vd Jode beklemtoon deurdat hy beveel dat alle babaseuntjies onder die ouderdom van 2 jaar in Bethlehem doodgemaak word. Kan jy jouself net indink?• Gelukkig het ‘n Engel in ‘n droom aan Josef verskyn voor hierdie aaklige gebeurtenis en beveel dat hulle vlug, waarna hulle in Egipte vir ‘n tyd lank gebly het.• Dus, in die OT leer ons reeds JESUS ken in die VERLEDE as die MESSIAS wat as REDDER van hierdie gaan. Iets van die Grootheid vd Geskenk van JESUS kan ons reeds begin begryp selfs 100e jare VOORDAT Hy gebore was…

2. Jesus in die hede...(Uit die oogpunt vd NT Bybelse tyd én ons tyd)- Die beste manier wat ek v.ogg Jesus in die hede kan beskryf is deur ‘n artikel wat ek jare terug gelees het wat my steeds bybly. Weet nie wie skwywer is nie.DIE MAN, JESUS... Meer as 2000 jaar terug was daar ‘n man gebore in teenstelling met die wette van natuur.Aardse rykdom was nie belangrik vir Hom nie. Hy het nie vêr gereis nie – slegs een keer het Hy die grens oorstreek van die land waarin Hy geleef het en dit was tydens Sy baie vroeë kinderjare in Egipte. In Sy kinderjare verwonder Hy Joodse leiers, in Sy volwassenheid het Hy geheers oor die natuur deur op water te loop en om storms tot stille bedaring te bring.Hy het menigtes gesond gemaak sonder medisyne en het niemand geld gevra vir Sy diens nie. Hy het nog nooit ‘n boek geskryf nie, tog het al die biblioteke van die land nie genoeg plek vir al die boeke wat al oor Hom geskryf is nie. Hy het nooit ‘n liedjie geskryf nie, en tog is Hy die tema van meer liedjies wat al geskryf is as al die ander liedjies tesaam.Hy het nog nooit ‘n universiteit of skool gestig nie, maar al die universiteite en skole saam kan nie roem dat hulle so baie studente soos Syne tans het nie. Die name van bekende wetenskaplikes, filosowe en sporthelde het gekom en gegaan, maar die bekendheid van hierdie Man se Naam bly steeds toeneem vandag. Herodes die grote kon Hom nie verwoes nie en die graf kon Hom nie vashou nie. So word Hy die enigste Oowinnaar oor die mag van sonde en die dood. Iets wat geen mens ooit kon bereik nie. Hy het 12 gewone manne geroep om in Sy voetstappe te stap. Na 3 jaar het hulle geleer om in die lewe te wen en ‘n buitengewone wêreldwye impak te maak, om ‘n revolusie te begin wat na meer as 2000 jaar steeds uitbrei.• Weet nie van jou nie, maar ek besef al hoe meer die Groot Geskenk wat JESUS vir die eerste gelowiges, maar ook vir ons vandag steeds is!

3. JESUS in die toekoms...• Om die grootheid van Jesus te verstaan moet ons verby die verlede & hede kyk tot in die Jesus van die toekoms.• Die persoon wat die prentjie van Jesus die beste vasgevang het was die dissipel Johannes kort voor sy dood.• Hy bevind homself op die eiland van Patmos en die Here deel met Hom, wat ons vandag ken as die boek Openbaring in die Bybel.• Mens kan lang preek oor die boek Openbaring maar ek lig net ‘n paar hoogtepunte vir jou uit van die Jesus wat ons nog gaan ontmoet:•

Openb.1:7-8
Kyk, Hy kom met die wolke! Elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurboor het; al die nasies op aarde sal jammerlik oor Hom huil. Ja, amen! “Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

A. Die Geskenk wat WEER TERUG SAL KOM – nie meer in ‘n krippie nie, maarop die wolke as Oorwinnaar & Ewige Koning!• Ons lees ook van ook in Open.20 waar hierdie selfde Jesus op ‘n groot wit troon sit en niemand voor Hom sal meer kan wegkruip nie. Waar Hy regvergig sal almal oordeel volgens wie se naam in die Boek van die Lewe. Die wat Hom aangeneem het as Redder & Here sal verewig saam met Hom wees. Die wat Hom as Geskenk van God verwerp het sal dan verewig sonder Hom wees.B. Die Geskenk wat GESAG om te oordeel.•

Openb.21:1-2 >• Toe het ek ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien; want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan en die see het nie meer bestaan nie. Ek het ook die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel sien neerkom. Die nuwe Jerusalem was soos ’n bruid wat vir haar eggenoot mooigemaak is

Die Geskenk wat ‘n Nuwe wereld vir ons in stoor het - waar daar geen meer pyn, harsteer of siekte is nie EN alle volke, tale & nasie Hom verewig gaan aanbid. Soos die wyse manne dit eerste gedoen het en besef het Jesus is nie nog ‘n mooi babatjie nie: Hy is die Skepper vd heelal, Die Redder van die Wereld, Die Koning van die Konings het gekom!

Terwyl die wyse manne net ‘n “verlede prentjie” van Jesus gehad het en ver gereis het om Hom met blydskap te aanbid, het ek & jy vandag ‘n baie volle prentjie van die Grootheid van Sy Geskenk vir hierdie wereld. My uitdaging vandag vir jou & myself is: As die wyse manne wat so ‘n beperkte prentjie gehad het van hierdie Geskenk en Hom steeds aanbid het, hoeveel te meer kan ek & jy vandag Hom met ons hele hart aanbid?! Uitnodiging: Mense sit dalk hier wat ‘n taai jaar gehad het. Beleef v.ogg. vir jou te sê: dis nog nie verby nie! God kan nog iets groot kom doen in jou lewe. Maar jy moet jou oë weg van die storm af hou en op JESUS fokus vandag!Hy is soveel meer as ‘n babatjie in ‘n krippie, Hy die een wat WAS, IS en WEER sal kom! Hy is die Een wat jou deur hierdie storm sal kan lei. Fokus & vertrou op HOM!

BESPREKINGSVRAE:
1. Hoe kan mens die grootheid van die geskenk van Jesus meer besef?
2. Watter verskil kan dit maak om die grootheid van Jesus as die grootste vir die mensdom te besef?
3. Wat gaan jou reaksie op Jesus as geskenk vir jou wees?

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy