YouVersion Logo
Search Icon

Kruik Gemeente

Kruik Oggenddiens 5 Desember 2021

Kruik Oggenddiens 5 Desember 2021

Kruik Oggenddiens 5 Desember 2021

Locations & Times

Kruik Gemeente

Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa

Sunday 7:00 AM

Advent

Hierdie tyd van die jaar vier ons Christus se geboorte maar dis ook 'n tyd waar ons begin fokus op vakansietyd, rus, familietyd, geskenke en dalk oor spandeer ens...

Maar hierdie tyd van die jaar is ons ook in Advent in die Christelike kalender, 'n tyd van aftel 'n tyd van verwagting. Ons vier die verlosser van die wêreld, die groot gekskenk wat na die wêreld toe gekom het.

In Advent is daar drie groot bewegings...
1. Ons kyk terug, ons onthou... dat Jesus in Bethlehem gebore was en dat Hy die verlosser van hierdie wêreld geword het.
2. Ons kyk ook vorentoe... ons verwag ook die koms van Jesus in die toekoms, "Maranatha" Jesus kom weer... advent nooi ons om te verwag na die tweede koms van Jesus.
3. Maar advent nooi ons na 'n derde koms in ons lewe en dit is in die hier en nou... Jesus sê vir Nikodemus dat Jesus ook moet gebore word nou in jou lewe... wedergeboorte.

Advent nooi ons na hierdie groot bewegings, maar hierdie boodskap van advent en van Jesus na ons lewe is 'n uitnodiging en boodskap van goeie nuus en groot blydskap. Is die uitnodiging van Jesus in jou lewe 'n boodskap van goeie nuus en groot blydskap? En as dit nie so is nie wat is die probleem? Want dit moet wees.

Lukas 2:9-10 NLV - Skielik het ’n engel van die Here aan hulle verskyn en die glans van die Here het om hulle geskyn. Hulle het vreeslik bang geword, 10maar die engel het hulle gerusgestel: “Moenie bang wees nie!” het hy gesê. “Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou!

Die eerste boodskap van Christus is; moenie bang wees nie... ek bring vir julle goeie nuus van groot blydskap vir almal... en so moet dit oor die jare ook in ons lewe wees!

En dit is ook 'n boodskap vir die ganse mensdom niemand uitgesluit nie. Dis vir almal! En hierdie is die boodskap van die kerk vir hierdie wêreld?

Lukas 2:9-10 (Message) Suddenly, God’s angel stood among them and God’s glory blazed around them. They were terrified. The angel said, “Don’t be afraid. I’m here to announce a great and joyful event that is meant for everybody, worldwide: A Savior has just been born in David’s town, a Savior who is Messiah and Master.




BESPREKINGSVRAE:

1. Hoe kan jy anders kyk na die drie verskillende komste van Jesus?
2. Is jou beweging of verhouding met die Here 'n boodskap van goeie nuus en groot blydskap?
3. Hoe kan jy opnuut na almal in hierdie wêreld kyk, niemand uitgesluit nie?

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy