Kruik Gemeente
Kruik Oggenddiens 21 November 2021
Kruik Oggenddiens 21 November 2021
Locations & Times
Expand
  • Kruik Gemeente
    Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa
    Sunday 7:00 AM
Wat is dit wat jy oor wonder?

Wonder oor God, jouself, lewe hierna, lewe oor 10 jaar, kinders, land, wêreld…

Ons almal het wonders het soms het ons meer vrae as goeie antwoorde.
Jy wonder oor gaan ek ooit genoeg hê en wat moet nou doen om ‘n goeie aftrede te hê… jy wonder wat kort ek nog? En jou lewe word ingeneem met hierdie gedagtes… alles wat jy aanpak draai om hierdie beweging… wat het ek, wat kort ek, het ek genoeg.

Dis een ding wat my kinders nie oor wonder nie, hulle dink ek dalk ander probleme maar geld is nie een van dit nie...hulle reken ek is skatryk…
Vb - gebruik net pappa se kaart
Vb- Rowan se verjaarsdag geskenk idee is "R800 000 se Kampwa"
Hulle reken ek het genoeg… en miskien is dit presies so…
Iemand het eendag gesê… as jy genoeg kos in jou kas het vir vandag het jy meer as genoeg.

Lukas 18:16-17 Jesus het egter die kindertjies nadergeroep en gesê: “Laat die kindertjies toe om na My toe te kom, en moet hulle nie keer nie, want dit is sulke mense wat deel het aan die koninkryk van God. Ek verseker julle, wie die koninkryk van God nie soos ’n kindjie aanvaar nie, sal nooit daar ingaan nie.”

Wat is dit wat Jesus vir ons sê oor ons? Hy sê ons is sy kinders… en wat maak jy met jou kinders? En as ons dit doen… hoeveel te meer
My genade is vir jou genoeg… genade ‘n persoon… wat betekn die woord genoeg vir jou?

2 Kor 12:9 Hy het egter vir my gesê: “My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk.

So vandag sê ons nie jy moenie bymekaar maak vir die toekoms nie… inteendeel… ons vra vrae oor… Wie is God vir jou? Wat beteken genoeg vir jou? Waar is jou aandag en fokus?

Matt 6:21 Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.
En as jy wonder as jy genoeg het of genoeg gaan hê… vra, wat sê God oor dit?
Matt 6:24 24“Niemand kan tegelyk twee base dien nie. Hy sal óf ’n renons in die een hê en van die ander een hou; óf hy sal aan die een lojaal wees en die ander een geringskat. Om God én die geldgod saam te dien, is onmoontlik.

Waar is jou tyd, energie, aandag, lewe op gefokus.
Vb - Pensionarisse en afrtede

Matt 6:33 “Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg. “Moet julle daarom nie oor môre bekommer nie. Môre sal sy eie bekommernisse bring. Vandag se moeilikhede is vir een dag heeltemal genoeg.”

Ons het genoeg moeilikheid…
Ons moet omsien na die toekoms ons sal dom wees om nie dit te doen nie, maar ons moenie vergeet van vandag nie… en ons moet ook nie vergeet wie die een wat saam ons is nie…

19“Moenie vir julle hier op aarde skatte bymekaarmaak waar mot en roes dit wegvreet en diewe inbreek en roof nie. 20Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar geen mot en roes dit sal kan bykom nie, en waar diewe nooit sal kan inbreek en roof nie. Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.


BESPREKINGSVRAE:

1. Wonder jy soms oor gaan jy ooit genoeg hê?
2. Wat is dit wat Jesus oor en oor vir ons sê oor Sy sorg?
3. Wat vat jy saam met jou uit vandag se boodskap vorentoe?