YouVersion Logo
Search Icon

Kruik Gemeente

Kruik Oggenddiens 14 November 2021

Kruik Oggenddiens 14 November 2021

Kruik Oggenddiens 14 November 2021

Locations & Times

Kruik Gemeente

Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa

Sunday 7:00 AM

Ons is tans by Kruik besig met ‘n reeks “Wonder” wat ons die vraag kom vra: “Waaroor wonder jy in die lewe?”. Daardie moeilike vrae wat jy dalk nog nie antwoorde voor het.

Ek vermoed dat dit maklik kan wees om hierdie dinge waaroor mens wonder in die lewe te sien as iets slegs of negatief, iets wat mens dalk sou wou onderdruk en wegsteek eerde as ondersoek. Tog wil ek vandag jou nooi om saam my te ontdek die seën van wonder, veral t.o.v. ons wonder oor God - oor wie Hy is en hoe Hy werk. Het jy al gewonder oor God?

Vandag wil ek jou bekendstel aan ‘n man met die naam, Tomas… Een van Jesus se 12 dissipels wat Hy gekies het… Hy was ook bekend as Didimus, wat in Grieks en Aramees “tweeling” beteken, so was heel moontlik deel van ‘n tweeling gewees… Maar hy ook bekend of al ge”label” as “ongelowige Tomas… T.s.v die feit dat hy 3 jaar saam met Jesus spandeer het, Jesus se leringe gehoor het en gesien het hoe Jesus wonderwerke gedoen het, het hy gesukkel met twyfel of Jesus werklik uit die dood opgestaan het… Dis duidelik Tomas het baie gewonder oor Jesus en mens kon hom amper vandag “label” as die “wonder dissipel”...

Die enigste Bybelboek wat ons opgetekende woorde van Tomas lees, is die die evangelie van Johannes, die 4de boek in die Nuwe Testament… Jesus het op ‘n geleentheid gesê: “wat die hart van vol is, loop die mond van oor… m.a.w. Dit wat jy sê, vertel baie wat in jou hart aangaan. Daarom gaan ons vandag bietjie kyk na die woorde van Thomas” en wat ons daaruit kan leer oor sy hart en Jesus se hart vir hom binne Tomas se wonder wat hy beleef het…

Lees saam my die eerste wat ons Thomas se woorde sien in Joh.11… “...Hy (Jesus) vir sy dissipels gesê: “Laat ons weer ’n keer Judea toe gaan.” Die dissipels sê toe vir Jesus: “Rabbi, laas wou die Jode daar U nog stenig, en U gaan wéér soontoe?” Tomas, wat ook Didimus genoem is, het vir die ander dissipels gesê: “Laat ons ook gaan sodat ons saam met Jesus kan sterf.”' JOHANNES 11:7-8,16 NLV

Wat vertel Thomas se woorde hier meer van hom? Dit kom voor asof Tomas baie braaf is - of hy nie bang is om dood in die oë te staar nie… Hy klink ook baie lojaal dat hy saam met Jesus tot die dood toe getrou sal bly… Tog, ken ons sy storie saam met Jesus later… Saam met Jesus se dissipels weggehardloop dat hy ook maar goed getwyfel het en wonders gehad het… Wat leer ons daaruit? Eerstens:

1. WONDER IS SOMS GEMASKER…
Eerder as om sterk voor te kom en te maak of ons alles van God verstaan, is dit goed dat ons soms voor die Here en dalk met vertrouelinge in ‘n veilige omgewing ons wonder oor God kan ontmasker en deel. Hoekom is dit belangrik? Juis wanneer ons ons wonder oor God in die lig bring, is daar ‘n geleentheid waar God met dit kan werk en ook soms mense gebruik om geloofsvrae te beantwoorde en hierdie wonder in ons stil te kan maak…
As ons terug gaan na die evangelie van Johannes, sien ons net 3 hoofstukke aan in Johannes 14 waar Tomas wel sy wonder oor Jesus kom ontmasker en aan die lig bring. In hierdie gedeelte is Jesus besig om met Sy dissipels te deel dat Hy binnekort weggaan terug na Sy Vader toe en hulle so voorberei vir wat kom. Dan reageer Tomas met ‘n wonder wat hy hieroor het en Jesus reageer weer op Tomas se woorde van wonder…. Lees dit gou saam my:
(Jesus kom sê:) '“Moenie ontsteld wees nie. Hou net aan om op God te vertrou en hou ook aan om op My te vertrou. In die huis van my Vader is daar baie kamers. As dit nie só was nie, sou Ek dit aan julle gesê het. Ek gaan soontoe om vir julle plek gereed te maak. En as Ek gegaan en vir julle plek ingerig het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem sodat julle ook kan wees waar Ek is. Julle weet mos waarheen Ek gaan, en hoe om daar te kom.” Tomas sê vir Jesus: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die pad daarheen ken?” Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie. As julle My ken, sou julle my Vader ook geken het. Van nou af ken julle Hom en het julle Hom reeds gesien.”' JOHANNES 14:1-7

Toe Jesus begin praat oor die sg. plek waar Hy gaan en dat Hy daar nog plek gereed gaan maak vir Sy dissipels, dink ek dat nie net Tomas het gewonder oor wat Jesus bedoel nie. Heel waarskynlik het meeste van hulle vrae gehad, maar hulle het dalk nie die vrymoedigheid gehad om dit te deel nie. Hulle wonder was nog weggesteek en gemasker. Tog ontmasker egter sy wonder deur te sê: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die pad daarheen ken?”A.g.v. dat Tomas sy wonder deel, is daar vandag opgeteken een van die belangrikste stellings wat Jesus ooit gemaak het: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie.As Tomas nie sy wonder gedeel het nie, sou ons dalk nie hierdie openbaring van Jesus gekry het nie. So is die 2de groot waarheid oor wonder wat ek met jou vandag wi deel dat:

2. WONDER KAN OPENBARING BRING …
Jou wonder oor God het juis die potensiaal om jou te help meer ontdek van wie God is en hoe Hy werk, as jy dit met die Here en met die regte persone deel.Dan, ‘n laaste gedeelte van opgetekende woorde van Tomas vind is in Joh.20…
Op hierdie stadium het Jesus se dissipels, Tomas ingesluit, reeds weggehardloop uit die tuin van Getsemane en Jesus alleen gelos om gearresteer te word. Jesus was in Joh.20 alreeds gekruisig, 3 dae in die graf en het reeds opgestaan uit die dood. Jesus het ook reeds aan van Sy dissipels verskyn in Sy opgestaande verheerlikte liggaam. Tomas was egter nie deel van die groep dissipel met Jesus se verskyning aan hulle nie… Dan in Joh.20 lees ons waar die dissipels aan wie Jesus reeds verskyn het vir Tomas vertel wat hulle beleef het. Lees saam my:
'Tomas, ook genoem Didimus, een van die twaalf, was nie saam met die ander dissipels toe Jesus daar aangekom het nie. Die ander dissipels sê toe vir hom: “Ons het die Here gesien!” Maar hy het vir hulle gesê: “As ek nie die merk van die spykers in sy hande sien en my vinger in die spykermerke steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nóóit glo nie.” Agt dae later was Jesus se dissipels weer saam, en Tomas was by hulle. Die deure was op slot en grendel, maar Jesus het tussen hulle kom staan en aan hulle gesê: “Vrede vir julle!” Daarna sê Hy vir Tomas: “Bring jou vinger hier en kyk na my hande, en bring jou hand en steek dit in my sy; en hou op ongelowig wees, maar word gelowig!” Tomas het vir Jesus gesê: “My Here en my God!” JOHANNES 20:24-28 NLV

Ai Tomas, hoekom twyfel en wonder jy so maklik oor Jesus? Jy het 3 jaar saam met Hom gewandel en jy wil ook nie eers jou eie dissipel vriende se getuienis glo nie… Jy sien, dis maklik om Tomas te veroordeel vir sy twyfel en wonder, tog wat was Jesus se reaksie binne Tomas se wonder? Jesus verskyn ‘n 2de keer aan sy dissipels, nou met Tomas by. Voordat Tomas of enigiemand iets sê roep Jesus vir Tomas om nader te kom en Jesus se wonde te sien en daaraan te vat. So, maklik dink ons kon Jesus vir Tomas ook veroordeel het, maar Jesus ontmoet vir Tomas by sy wonder... Dis ook die 3de groot waarheid wat ek vandag y jou wil los dat:

3. JESUS ONTMOET JOU BY JOU WONDER…
Dit is belangrik om die sagmoedigheid wat Jesus hier uitdruk, te erken. Hy tugtig Thomas nie vir sy gebrek aan geloof nie. In plaas daarvan spreek Hy Thomas aan op 'n manier wat hom toelaat om te glo. In 'n oomblik gaan Thomas van om nie te glo dat Jesus opgestaan ​​het nie, om te erken dat Hy sy Here en God is. Dat jy ook saam op die ou einde saam met Tomas kan sê: “My Here en my God!” Bekende skrywer en teoloog, Dallas Willard verduidelik hierdie gebeurtenis in Johannes 20 so:
“Let's remember that Jesus didn't leave Thomas to suffer without the blessing of faith and confidence; he gave him the evidence he required. That is typical of Jesus's approach to doubt; he responded to honest doubters in the way he knew best, the way that would help them to move from doubt to knowledge. ― Dallas Willard, The Allure of Gentleness: Defending the Faith in the Manner of Jesus

So, volgens Kerk tradisie het Tomas na Jesus opgevaar het hemel toe sending werk gaan doen in Indie en ‘n groot verskil daar gemaak…. Hy het ook daar gesterf vir sy geloof in Jesus - ‘n bewys dat Tomas nie meer gewonder het oor wie Jesus vir hom is en wat Hy vir hom gedoen het nie, want Jesus het Tomas reeds ontmoet by sy wonderLaastens wil ek vandag vir jou sê dat Jesus ‘n persoonlike boodskap vir jou wil los uit Tomas se storie… Jy sien, Jesus het aan jou ook gedink toe Hy te doen gekry het met ‘n twyfelagtige Tomas…
JESUS SE BOODSKAP VIR JOU in Joh.20… Jesus se reaksie daarop was: “Glo jy nou nadat jy klaar gesien het? Geseënd is hulle wat nie sien nie, en tog geglo het.”' JOHANNES 20:29 NLV

Ek glo Jesus kom sê eintlik deur hierdie woorde: “Ek erken die geloof wat dit vat om in my te glo selfs al het Jy my nie in lewende lywe soos my dissipels gesien nie en vir jou geloof en getrouheid aan My sal jy geseënde wees… Tot in die ewigheid… Mag ons geloofsreis daarom nie stop en vashaak by WONDER nie, maar oorgaan in ‘n OPENBARING van meer van Jesus en soos met TOMAS se geloofsreis beweeg na TOEWYDING en OORGAWE aan Jesus, die Weg, die Waarheid en die Lewe….
BESPREKINGSVRAE:

1. Wonder jy soms oor God? Waaroor wonder jy oor Hom?
2. Wat leer jy vanuit Tomas se geloofsreis vol wonder?
3. Wat verstaan jy probeer Jesus vir jousê in Joh.20:29?
4. Wat vat jy saam met jou uit vandag se boodskap vorentoe?

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy