YouVersion Logo
Search Icon

Kruik Gemeente

Kruik Oggenddiens 7 November 2021

Kruik Oggenddiens 7 November 2021

Kruik Oggenddiens 7 November 2021

Locations & Times

Kruik Gemeente

Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa

Sunday 7:00 AM

Wat is dit wat jy oor wonder?

Jy wonder dalk wat gebeur hierna? Jy wonder oor die dood... jy wonder as jy kinders groot gaan sien, jy wonder hoe oud jy gaan word. Jy wonder waar Suid-Afrika oor 10 jaar gaan wees. Jy wonder hoekom mense wat wonderlike ouers sal wees nie kinders kan kry nie en mense wat dit nie kan bekostig of kinders mishandel, 6 kinders het. Jy wonder dalk hoekom roomys nie 'n groentesoort is nie. Ons wonder dalk oor God?

Ons almal wonder die hele tyd, van dit het jy al uit gefigure en ander wonder jy al jare oor... miskien het ek jou vandag iets nuut gegee om oor te wonder.

Tough lewe né...

Dawid was op 'n plek waar hy ook oor God en die mens se bestaan gewonder het... Meestal van die psalms word geskryf vanuit 'n donker plek in sy lewe, letterlik en figuurlik.

Psalm 8:4-5 (1983) As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink,
die mensekind dat U na hom omsien?

Message I look up at your macro-skies, dark and enormous, your handmade sky-jewelry, Moon and stars mounted in their settings.
Then I look at my micro-self and wonder, Why do you bother with us?
Why take a second to look our way?

Ek wonder wie is ek?

As ons baie van Dawid se Psalms lees is net depressief... klink asof hy in diep gat is...

En ek wonder as dit nie baie van ons probleme sal oplos in die lewe nie, as ons net kan weet wie ons is.

Groot deel van die samelewing weet nie wie hulle is nie.

God vra vir Jakob in Genesis 32...Wat is jou naam?

Jou naam dra ‘n boodskap - Daar is groot dinge gekoppel aan jou naam…Jy is nie goed genoeg nie… jy het nie dit wat dit vat om dit te maak nie… jy het hulp en lyding nodig of jy moet die hele tyd gekeer word. Jy is ‘n oepsie of mislukking.

Televisie program - Instrument baba (En dit word later wie jy is, jy kan net nie ontslae raak van daai kruk nie)

En hierdie boodskappe weergalm die hele tyd in jou lewe en partykeer wil jy net sê… Eina. Maar ons druk maar deur en vat hierdie goed wat in ons lewens skreeu en leef met dit.
Ons maak soos Hollywood maak… wanneer jy geskiet word met die pyl in jou hart, dan breek jy hom so af en sê; Ek is ok, ek sal lewe. Cowboys don’t cry.

Ongelukkig sê ek dit met my kop en hanteer my emosies so op ‘n manier maar my hart wil nie saam werk nie… my hart sê… eina, dis seer.

Ons teks word baie keer vir ons gegee as kind en dan leef ons met hierdie teks vir die res van ons lewe. Dit word Ek, maar nie die Ek wat Ek wil wees nie.

Jakob leef met hierdie reputasie en naam vir baie jare en nadat self ook bedrieg word deur Laban, kry hy tog die vrou van sy drome, hy word ‘n ryk man met baie besittings maar is nie gelukkig nie.
Niks kan daai seer weg vat of leemte vul behalwe God nie. Jy ontdek nie jouself wanneer jy jouself soek nie, jy ontdek jouself wanneer jy God soek.

David Brenner - We do not find our true self by seeking it. Rather, we find it by seeking God. In finding God we find our truest and deepest self.

Wie is ek?
Joh 3:16

Paulus beskryf dit so mooi in 2 Korinthiërs 5:17-19
Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.

Wie is jy regtig?

Nagmaal - Persoonlik

BESPREKINGSVRAE:

1. Wie is jy as jy in die spieël kyk?
2. Wie is jy as God na jou kyk?
3. Hoe kan jy hierdie een groot wonder hok slaan?

Dalk 'n konneksie groep?

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy