Kruik Gemeente
Kruik Oggenddiens 31 Oktober 2021
Kruik Oggenddiens 31 Oktober 2021
Locations & Times
Expand
  • Kruik Gemeente
    Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa
    Sunday 7:00 AM
Wysheid Mites

Wysheid Mite - Dis my lewe ek kan doen wat ek wil!

Los my net ek het niemand nodig nie.

Ek kan self - Kinders doen dit van kleins af.

Wees net jouself
Persoonlikheid is dit gevaarlik en nie altyd goed om jouself te wees nie.

Individulisme gevaarlike keuse vir die lewe

individiaulisme uitdaging teenoor wysheid

Genesis 2:18 - Adam by homself
Dis nie goed dat die mens alleen is nie.

So ons het mense nodig in ons lewens, dis net 'n mite dat ons alles by ons self kan doen.

Ons het mense nodig. En ja mense het jou al seer gemaak, verhoudinge het hierdie twee uiterstes. Dit maak seer en dit maak heel.

Wanneer alles oor jou gaan in n verhouding is jy nie in n verhouding nie

Salomo sê as jy hierdie mite glo is jy 'n dom mens!

Spr 12:15 (Boodskap) Dit is net ’n dom mens wat dink dat hy alleen reg is, wat dink dat hy alleen oor die waarheid beskik. ’n Wyse mens luister graag na ander se raad.

Is hierdie nie 'n groot waarheid vir die tyd wat ons in lewe nie. Ons het soveel informasie en kennis en eie oortuigings, dat ons na niemand meer wil luister nie. Reg?

Selfs ons oorleweringe kan soms maak dat ons of dom of wys is...
Ons Bothas
Teenoorgestelde ook waar.

Henry Cloud - When truth presents itself, the wise person sees the light, takes it in and make adjustments.

Wanneer waarheid homself openbaar, sien dit, neem dit in en maak aanpassings ooreenkomstig.

Erken dat ek soms verkeerd is of was, moenie die lyk saam jou sleep nie, raak ontslae van hom en kies 'n nuwe rigting. Maak aanpassings.

Spr 13:20 (Boodskap) Wie dikwels in die geselskap van gelowiges is, leer self ook met die tyd om reg op te tree. Wie altyd net met ligsinniges en ongelowiges meng se lewe is leeg.

Wat kan ek doen om hierdie mite hok te slaan?
Vergewe
Sê jammer
Luister meer
Begin by die Here

Jesus is ons wysheid sê Paulus.

1 Kor 1:30 NLV Dit is deur God alleen dat julle nou aan Christus Jesus behoort. Dit is deur Hom dat Jesus vir ons die wysheid van God geword het, die Een deur wie God ons vrygespreek en vir Homself geheilig en vrygekoop het.

Christenskap lê my lewe af - lewe nie meer nie, laat toe dat ek sterf en Christus in my lewe.

Laat U koninkryk kom, laat myne gaan.

Ek lewe nie meer nie, Christus lewe in my





BESPREKINGSVRAE:

1. Kan jy moontlik jou wysheid evalueer met hierdie teks?
2. Hoe baie tel mense om jou?
3. Wat kan jy doen om jou self te omring met mede gelowiges?

Dalk 'n konneksie groep?