Kruik Gemeente
Kruik Oggenddiens 24 Oktober 2021
Kruik Oggenddiens 24 Oktober 2021
Locations & Times
Expand
  • Kruik Gemeente
    Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa
    Sunday 7:00 AM
Wysheid Mites

Ons almal dink ons is wys in 'n mate... ek hoor wat jy sê maar hoor net wat ek dink of wat ek gehoor het.

Ons druk soms ons wysheid uit deur na mense te verwys... Die mense sê;... hierdie ding werk soos 'n bom!

En al die informasie en kennis wat ons bymekaar maak in die lewe, soms noem ons dit wysheid, is eintlik 'n soeke na geluk of vooruitgang... Ons wil net gelukkig wees...

Daar is verskeie wysheid mites waarmee ons die lewe meet of groot en deels ons geluk wil bepaal.

Vandag kyk ons na drie van hulle...

1. Ek sal gelukkig wees wanneer my omstandighede verander.
vb - dit gaan goed so onder die omstandighede

Is dit wys om te sê my lewe sal gelukkig wees wanneer my omstandighede verander?

Fil 4:10-11 Ek prys die Here met groot blydskap omdat julle weer ’n slag aan my kon dink. Ek weet julle het eintlik heeltyd aan my gedink, maar het net nie die geleentheid gehad om iets te doen nie. (Ek kon niks doen nie want ek was in die tronk)
11 Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom.

Paulus slaan hierdie mite vir 'n ses... Hy sê vir hulle; my omstandighede bepaal nie my geluk... inteendeel my omstandighede is haglik maar ek prys die Here met groot blydskap!

Is dit nie so dat die mens die heeltyd iets kort nie? Daar is iets wat ek nog nie het nie... en as ek net dit kan kry...

Verwar - Plesier met geluk
Plesier bly nie... dit gaan verby.
Geluk (Blydskap) gebeur iets in ons lewe.

Dallas Willard sê, blydskap is nie emosie nie, dis 'n toestand.

Kyk na jou liefde... as jou liefde net 'n emosie is, gaan dit die heeltyd verander, dit gaan wisselvallig wees, maar as liefde 'n toestand is waarin ek verkeer word my lewe liefde.

Gal 5:22 Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing.

Hierdie is nie emosies nie, dis 'n toestand waarin ek verkeer.

Paulus sê; Ware geluk gebeur van binne en nie van buite nie, dis nie ekstern nie, dis intern...

Wysheid oor die lewe en my geluk of blydskap word gebore in teenwoordigheid... dit verander wie ek is.

2. Ek sal gelukkig wees as ek het wat ander het.
vb - Keep up with the Jones's

Kyk na dit wat jy het? Wat doen jy met dit wat jy het?
Wat is dit wat God vir jou gee?

1 Thes 5:18 Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle verwag omdat julle met Christus Jesus verenig is.

Daar is altyd mense met meer as jy en altyd mense met minder as jy. Wysheid sê; Gelukkige mense vergelyk nie.

Want as jy jouself op vergelyk het dit die potensiaal om jaloesie te kweek, as jy jouself af meet het jy die potensiaal om hoogmoed te kweek.

Wysheid is om te doen met dit wat God ons gee om mee te lewe.
bv gee.. ek gee nie want ek het nie soveel soos daardie een nie.

3. As dit goed voel moet dit reg wees.
bv - Ek weet dis die regte meisie of ou... dit voel net so reg.

My geluk word bepaal op emosie of intuïsie... ek maak besluite met dit wat ek voel.

Bv Ek praat met iemand oor stil en verbeeldingsgebed, hulle sê dit voel nie reg nie, dis nie vir hulle nie.

Ek doen net dit wat vir my goed voel.

As ons dit doen dan dan vermy ons alle negatiewe dinge en omstandighede, ervaringe en emosies - ons ontken dat dit daar is. En dit is nie realisties nie.

Jesus sê; "Don't run from suffering; embrace it. Follow me and I'll show you how. Self-help is no help at all." Lukas 9:25 (The Message)

Wat motiveer jou besluite?

Iemand het eendag gesê; Die redes wat ons aanvoer vir ons besluite, is dikwels nie die redes nie, agter daai redes is daar ander motiewe om pyn te vermy en om gemak en genot in my lewe in te bring.

Die vraag is; Watter pyn en verlies in my lewe wat ek probeer weg skram van... is daar om my te vorm en te leer...

Paulus sê; Vir my is die lewe Christus en die sterwe is 'n wins, ek beweeg en lewe vanuit 'n toestand en nie gevoel of emosie nie.

Waar is jy vanoggend? Meet jy jou lewe met hierdie wysheid mites?



BESPREKINGSVRAE:

1. Kan jy moontlik jou wysheid evalueer met hierdie teks?
2. As dit anders lyk as joune, kan jy dit verander en moontlik bely?
3. Hoe kan jou wysheid meer soos Jesus lyk?