Kruik Gemeente
Kruik Oggenddiens 17 Oktober 2021
Kruik Oggenddiens 17 Oktober 2021
Locations & Times
Kruik Gemeente
Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa
Sunday 7:00 AM
Wysheid Mites
Daar is 'n verskil tussen wysheid en kennis of informasie. Soms dink ons as ons informasie bymekaar maak en dit op 'n manier probeer toepas is dit wysheid. Maar is dit?
Informasie is orals en meestal informasie gee ons alles wat ons wil hoor, maar is dit die waarheid?
Jakobus die broer van Jesus sê die enigste plek waar ons wysheid kan kry is van bo, van die Here. Is dit waar jy jou wysheid kry?
Jakobus 3:17 - Maar die wysheid wat van Bo kom, is in die eerste plek suiwer. Verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam. Dit is bereid om ontferming te betoon, en het goeie gevolge. Dit diskrimineer nooit en is altyd opreg.
Wysheid kom van bo! En wysheid het karaktertrekke, wysheid vertoon homself!
Eerstens in die vorm van vredeliewend... vrede en liefde. Wysheid leef met vrede, vrede wat net van God kan kom en liefde soos hy dit self vir mense het. Wanneer ons met wysheid lewe lewe ons met vrede en liefde.
Wysheid wat van bo kom is inskiklik en bedagsaam, dit neem ander mense in ag.
Dit is bereid om ontferming te toon... bereid is groot stap in die regte rigting. Dit gee mense 'n kans en sit mense eerste, iets wat Jesus sou doen, reg?
Wysheid wat van bo kom het goeie gevolge, is opreg, en diskrimineer nooit... wysheid wat van bo kom is vir mense en nie teen nie, dit help en beskerm en sorg met deernis soos Jesus dit self sou doen.
Tree jy met wysheid op? Lyk dit soos die wysheid wat Jakobus beskryf?
Hoe kan jy anders die lewe benader met wysheid wat van bo kom.

BESPREKINGSVRAE:
1. Kan jy moontlik jou wysheid evalueer met hierdie teks?
2. As dit anders lyk as joune, kan jy dit verander en moontlik bely?
3. Hoe kan jou wysheid meer soos Jesus lyk?