Kruik Gemeente
Kruik Oggenddiens 26 September 2021
Kruik Oggenddiens 26 September 2021
Locations & Times
Expand
  • Kruik Gemeente
    Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa
    Sunday 6:00 AM
Seisoene van verandering...

Ons het verskillende seisoene in ons lewens en party is moeilik, seer en dra verlies en ander is makliker en mooier.

Die groot dinge van ons seisoene is dat die mense om ons, veral ons kinders kyk hoe ons hierdie seisoene, verliese en situasies hanteer en wanneer hulle weer in sulke omstandighede kom, gaan hulle heel moontlik dit dieselfde hanteer. Is ons okay met dit?

In die bybel is daar baie voorbeelde hoe ons sien dat nalatenskap en die optrede van ouers en grootouers 'n groot invloed het op ons kinders.

Paulus moedig Timotheus aan om sterk in sy geloof te bly en voorbeeld te wees vir die gelowiges in woord, wandel, geloof, gees, reinheid en liefde en dan gebruik hy woorde soos jou ouma en ma... lees saam my.

2 Timotheus 1:3-5 Timoteus, ek dank God vir jou. Hy is die God wat ek met ’n skoon gewete dien, net soos my voorouers gedoen het. Ek onthou jou voortdurend, dag en nag, in my gebede. Ek verlang om jou weer te sien, want ek onthou jou trane toe ons uitmekaar is. En ek sal vol vreugde wees as ons weer bymekaar is. Ek dink terug aan jou opregte geloof. Eers het jou ouma Loïs en jou ma Eunice hierdie geloof gehad en – daarvan is ek seker – jy het dit ook.

Jy het dit wat jy gesien en geleer het en jy gee dit weer oor.

Die ander verhaal is dié een van Josef. Josef word voorgetrek deur sy pa en sy ander broers hou nie daarvan nie, sommige wil hom doodmaak maar hulle spaar sy lewe deur hom te verkoop as slaaf in Egipteland. Baie jare later kry hy die geleentheid om sy broers terug te kry en hulle lewe te vernietig. Hy doen dit nie en vergewe hulle en gee vir hulle wat hulle nie verdien nie.

Genesis 50:19-21 Maar Josef sê vir hulle: “Moenie vir my bang wees nie. Ek is nie in God se skoene om julle te straf nie. Julle het my wel kwaad aangedoen, maar God het die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is. Hy het deur my gesorg dat ’n groot volk oorleef. Moenie bang wees nie. Wees verseker: Ek sal self vir julle en julle gesinne sorg.” Hy het hulle jammer gekry en hulle gerusgestel.

Hoekom? Is dit nie dat hy dit by ouers gesien het nie?

Genesis 33:1-5 Toe Jakob opkyk, sien hy vir Esau en sy 400 man aankom. Jakob verdeel toe die kinders tussen Lea, Ragel en die twee slavinvroue. Hy plaas sy twee slavinvroue met hulle kinders heel voor, Lea en haar kinders agter hulle en heel laaste Ragel en Josef. Jakob self het heel voor gaan staan en sewe keer laag voor Esau gebuig. Maar Esau het aangehardloop gekom, hom om die nek geval en hom gesoen. Albei was in trane. Esau kyk toe na die vroue en kinders en vra: “Wie is hierdie mense saam met jou?” “Dit is die kinders wat God in sy goedheid aan u dienaar gegee het,” antwoord Jakob.

Hy sien hoe vergifnis gebeur by sy pa en oom en doen dieselfde wanneer hy weer geleentheid kry. Ons kan sien hoe belangrik ons optrede, opinies en reaksies is in hierdie seisoen van ons lewe is, reg?

Kan ons iets verander om dit beter te maak?

BESPREKINGSVRAE:

1. Hoe groot invloed het jou besluite en gedrag oor jou lewe?
2. Hoe kan ons oor hierdie situasies nuut dink?
3. Watter gedagtes het jy oor jou nuwe seisoen?