Kruik Gemeente
Kruik Oggenddiens 19 September 2021
Kruik Oggenddiens 19 September 2021
Locations & Times
Expand
  • Kruik Gemeente
    Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa
    Sunday 6:00 AM
Seisoene van verandering...

Ons het verskillende seisoene in ons lewens en party is moeilik, seer en dra verlies en ander is makliker en mooier. Hierdie vrou is in 'n seisoen van twaalf jaar, twaalf jaar van seer, verlies in haar eie liggaam, dalk hopeloos vir dit wat voorlê. Miskien is jy in 'n soortgelyke situasie of seisoen.

Sy hoor van Jesus en sy draai haar gedagtes na ander moontlikhede... sy vernuwe haar gedagtes... sy gee daardie gedagtes 'n lyf en word wonderbaarlik gesond.

Iemand het eendag gesê; Change the way you think and speak and your lifestyle will change accordingly.

Paulus sê in Romeine 12… ons word getransformeer deur die vernuwing van ons gedagtes.

Krag het nie net te doen met hoe sterk ek is nie, maar eerder hoe kragtig die Here se krag deur my kan werk. Paulus sê; Ek is juis sterk wanneer ek swak is. En die Here se reddingskrag en heling kom in verskillende vorme... vra maar vir Elia, syne het in die vorm van stilte gekom.

So kan ek die krag van God heling in my lewe geniet... een van die maniere is; om anders te dink oor my lewe en omstandighede. Reg?

So vandag se storie in net 'n paar verse gee vir ons groot goed om oor te dink... hierdie vrou word kragtig gesond gemaak deur haar denke te laat gaan...

Markus 5:24-29 ’n Groot klomp mense het agter Hom aangekom en teen Hom saamgedrom. Daar was ’n vrou onder hulle wat vir twaalf jaar aan bloedvloeiing gely het. Sy het baie swaargekry onder die baie dokters wat haar behandel het, en om haar dokterskostes te dek het sy alles bestee wat sy gehad het. Tog het sy niks beter geword nie, maar eerder agteruitgegaan. Toe sy van Jesus hoor, het sy deur die skare gebeur en van agter aan sy klere geraak. Sy het gedink: “As ek net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.” Die bloeding het dadelik gestop en sy kon aan haar liggaam agterkom dat sy gesond is.

Sy het gehoor... en sy het gedink.

So ons denke speel 'n groot rol in ons heling... kan dit wees?

Ek dink so... elke besluit wat ons maak, elke verhouding wat ons ingaan, elke gesprek wat ons voer begin by ons gedagtes... wel vir meestal mense... daar is wel die wat se mond vinniger as hulle gedagtes is, maar dis die uitsondering.

Hierdie vrou hoor van Jesus... sy dink by haarself... myself, dis wat ek moet doen. En haar gedagtes lei haar na aksie... haar aksie bring heling. Sy ontrek letterlik van Jesus se krag...

Markus 5:30-32 Jesus het dadelik agtergekom dat daar genesingskrag van Hom uitgegaan het. Daarom het Hy so tussen die baie mense omgedraai en gevra: “Wie het aan my klere geraak?” Sy dissipels protesteer toe: “U sien tog hoe die massa U verdring. Hoe kan U vra: ‘Wie het aan my klere geraak?’” Maar Jesus het bly rondkyk om te sien wie dit gedoen het.

Markus 5:33-34 Onder die besef van wat met haar gebeur het, het die vrou, bewend van angs, voor Hom kom neerval en vir Hom alles openhartig vertel. Hy het vir haar gesê: “My dogter, omdat jy so vas geglo het, het jy gesond geword. Gaan in vrede en wees vir altyd genees van jou kwaal.”

Jesus se laaste gesprek met hierdie vrou is: “My dogter, omdat jy so vas geglo het, het jy gesond geword. Gaan in vrede en wees vir altyd genees van jou kwaal.”

Haar seisoen verander dramaties, maar nie net hierdie seisoen nie, al die seisoene wat voorlê… vir altyd…

Miskien nooi hierdie vrou se geloof en se modus operandi ons om nuut te dink oor ons heling… ons kan letterlik van God se krag ontrek deur ons gedagtes te verander…

Wat maak jy met hierdie uitnodiging?
BESPREKINGSVRAE:

1. Hoe groot invloed het jou gedagtes oor jou lewe?
2. Lê jou gesond word dalk by vernuwe gedagtes?
3. Watter gedagtes het jy oor jou nuwe seisoen?