YouVersion Logo
Search Icon

Kruik Gemeente

Kruik Oggenddiens 5 September 2021

Kruik Oggenddiens 5 September 2021

Kruik Oggenddiens 5 September 2021

Locations & Times

Kruik Gemeente

Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa

Sunday 7:00 AM

DIE ELKE DAG LEWE... Deel 3

Wat is dit wat die elke dag jou na nooi? Want ons almal is in 'n mate getrek na die toekoms, na dit wat ek bymekaar wil maak en na die suksesse en drome van my lewe. Maar wat kan vandag gebeur of ek toelaat in my lewe wat vandag redding in my lewe kan bring?

Die storie van Saggeus nooi ons om na Saggeus se lewe te kyk en te besef, dat alles wat hy gehad het nie so baie saak gemaak het soos die redding wat in die vandag in sy lewe gebeur het nie.

Lees saam my...

Lukas 19:1-10 En Hy het in Jérigo gekom en daar deurgegaan. En daar was 'n man met die naam van Saggéüs, 'n hoof van die tollenaars en 'n ryk man. En hy het probeer om Jesus te sien, wie Hy was; maar vanweë die skare kon hy nie, omdat hy klein van persoon was. En hy het vooruit gehardloop en in 'n wildevyeboom geklim, sodat hy Hom kon sien, want Hy sou daarlangs verbygaan. En toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sien hom en sê vir hom: Saggéüs, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis bly. Hy maak toe gou en klim af en het Hom met blydskap ontvang. En toe almal dit sien, het hulle gemurmureer en gesê: Hy het by 'n sondige man tuisgegaan. Maar Saggéüs het gaan staan en aan die Here gesê: Here, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die armes; en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug. Toe sê Jesus aan hom: Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom, aangesien hierdie man ook 'n seun van Abraham is. Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.

Die woord vir redding in grieks is sozo, wat heling, redding of gesond maak kan wees. Vandag het Saggeus gesond geword, gered van sy denke en manier van lewe. En dan vat Saggeus verantwoordelikheid vir sy elke dag lewe en begin om te doen wat God wil hê... en Jesus sê dit is die redding vir sy lewe.

Wat nooi die Here jou na uit in die elke dag lewe? Elkeen se storie is uniek... wat is jou uitnodiging... of wat is dit wat na by jou oor jou lewe opkom?
BESPREKINGSVRAE:
1. Wanneer jy reflekteer oor jou lewe... wat is die uitnodiging van die elke dag wat na jou toe kom.
2. Wat kan jy anders doen in jou lewe?
3. Wat kan jy van jouself gee wat iemand anders se elke dag lewe beter kan maak?
4. Wat vat jy uit vandag se boodskap saam met jou vorentoe?