Kruik Gemeente
Kruik Oggenddiens 22 Augustus 2021
Kruik Oggenddiens 22 Augustus 2021
Locations & Times
Expand
  • Kruik Gemeente
    Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa
    Sunday 6:00 AM
Die lewe van elke dag...

Hoe leef ons met vandag? Soms is ons so vasgevang in dit wat kom en bv hemel toe gaan, dat ons totaal en al vandag en dit wat God wil doen vandag, mis...

Miskien is hierdie 'n tyd wat ons net moet herbesin oor wat nou in my lewe gebeur. Ek is gefokus op wat ek wil bereik in die toekoms, maar wat kan bereik in die volgende minuut of volgende uur of volgende dag.

Jesus sê ek het gekom sodat julle lewe kan hê en dit in oorvloed... is dit die ewige lewe? Ek dink so... maar wat is die ewige lewe? Jesus beskryf dit verder in Johannes 17:3 as hy sê; En dit is die ewige lewe, dat hulle U mag ken. As ons dit besef, dan besef ons dat die ewige lewe reeds begin het vir ons en dat die elke dag lewe deel is van die lewe wat Jesus ons bied.

Jesus het ons nie net gered vir eendag nie maar ook vir nou.

Tish Harrison Warren sê iets hiervan in een van haar refleksie "blogs"...

"I’ve come to the point where I’m not sure anymore just what God counts as radical. And I suspect that for me, getting up and doing the dishes when I’m short on sleep and patience is far more costly and necessitates more of a revolution in my heart than some of the more outwardly risky ways I’ve lived in the past. And so this is what I need now: the courage to face an ordinary day…without despair, the bravery it takes to believe that a small life is still a meaningful life, and the grace to know that even when I’ve done nothing that is powerful or bold or even interesting that the Lord notices me and is fond of me and that that is enough."

Om bewus te word dat God in ons elke dag lewe wil werk en wil wees, van skottelgoedwas tot en met inkopies en ons slaap. God wil sy lewe met ons deel en nooi ons uit om ons lewe met Hom te deel.

Om bewus te word dat Hy elke dag saam ons werk om vir ons lewe in oorvloed te gee...
Om te sien dat die boer, die onderwyser, die dokter, die wetenskaplike, die vullis verwydering en die kassier by die winkel alles God se deelname in jou lewe is.

En dat elke dag 'n geleentheid is om saam God te werk.

Efesiërs 5:15-17 NLV Wees dus baie versigtig hoe julle lewe. Moenie soos dwase mense leef nie, leef wys! Benut elke geskikte geleentheid, want ons lewe in slegte tye. Moenie ondeurdag optree nie, maar probeer uitvind wat God se wil is.

Koop die tyd uit is 'n ander vertaling. Maak die beste gebruik van elke geleentheid.

Elke dag, elke minuut, elke uur is 'n geleentheid om saam God te werk aan jou lewe en die mense rondom jou se lewe.

Uitnodiging is om elke dag stil te word en te reflekteer oor jou dag en lewe sodat jy geleenthede van danbaarheid kan sien en geleenthede om saam God te werk te benut.
BESPREKINGSVRAE:

1. Hoe kan jy opnuut God se werk, nou in jou lewe raaksien?
2. Hoe kan jy fokus skuif van eendag, na nou?
3. Refleksietyd? Kan jy iewers hierdie tyd in jou dag laat gebeur?