Kruik Gemeente
Kruik Oggenddiens 8 Augustus 2021
Kruik Oggenddiens 8 Augustus 2021
Locations & Times
Kruik Gemeente
Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa
Sunday 6:00 AM
DIE DINGE WAT EK SÊ - Deel 3
Ons woorde het die vermoë om seer te maak en sterk te maak, wat maak ons met hierdie woorde van ons. Ons woorde vorm ons en die mense in gesprekke met ons, as ons dit erken of nie.
Jakobus die broer van Jesus haal vir ons belangrike ritme aan om ons te help met die dinge wat ons sê!
Jakobus 1:19 My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.
Hierdie is groot sleutel tot suksesvolle lewens en verhoudinge... 'n wag voor ons mond en ore om te luister. Wanneer ek stil word in my gesprekke selfs met God gee dit ons spasie om regtig te hoor.
Alles in ons lewens gebeur deur te luister... alles begin daar, jy kan nie iets doen as jy nie weet hoe nie, al hoe jy weet is om te luister. Jy leer deur te luister.
Hierdie is 'n oefening... om doelbewus te wag voor ons praat. Ek oefen om te wag.
Ons wil graag ons opinies gee, maar ons moet besef dat ons opinies nie so belangrik is soos ons verhoudinge nie. Ons verhoudinge moet prioriteit geniet bo ons reg om reg te wees.
As ek dit kan reg kry om vinnig te luister en stadig te praat... gaan dit my help om stadig te laat kwaad word. En om kwaad te word werk teen die wil van God in ons lewe.
Jakobus 3:2-8 Ons maak almal baie foute. Maar ’n mens wat sy tong in toom kan hou, kan dit ook met sy hele liggaam regkry. Net as ons stange in hulle bek gesit het, gehoorsaam perde ons en het ons die hele dier onder beheer. En ’n klein roertjie maak dat ’n groot skip draai net waarheen die stuurman wil, selfs wanneer sterk winde waai. So is die tong ook iets kleins, en tog kry dit groot dinge reg. ’n Klein vuurtjie kan ’n groot bos aan die brand steek. Die tong is ook ’n vuur. Dit is vol dinge wat jou verhouding met God kan bederf. Dit kan jou hele lewe in vlamme laat opgaan, want die duiwel steek dit aan. Die mens kan elke soort dier, voël, reptiel en seedier mak maak maar geen mens kan die tong tem nie. Dit is ’n onbeheerbare kwaad, vol dodelike gif.
Jou tonge het die vermoë om alles in jou lewe te beheer en te bestuur, dis klein maar kan groot skade bring.

BESPREKINGSVRAE:
1. Hoe groot invloed, dink jy, het jou woorde op jouself en ander?
2. Watter invloed dink jy het dit wat mens lees, kyk en luister op mens se woorde?
4. Hoe dink jy help dit jou om vinnig te luister en stadig te praat?
5. Wat vat jy uit vandag se boodskap saam jou?