YouVersion Logo
Search Icon

Kruik Gemeente

Kruik Oggenddiens 1 Augustus 2021

Kruik Oggenddiens 1 Augustus 2021

Kruik Oggenddiens 1 Augustus 2021

Locations & Times

Kruik Gemeente

Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa

Sunday 6:00 AM

DIE DINGE WAT EK SÊ - Deel 2

Die dinge wat jy sê het 'n groot invloed op die dinge wat jy doen! En die dinge wat ons sê word gebore uit die hart. Hoe kan ons opnuut bepaal wat in die hart ingaan... ek dink... deur dissiplines te ontwikkel wat ons kan help om stadiger te werk met ons woorde.

Die eerste groot ding wat ons kan help met die dinge wat ons sê en die dinge wat ons doen is om beter te luister. Luister het 'n groot invloed op die sukses van ons lewe en verhoudinge!

Jakobus die broer van Jesus haal vir ons belangrike ritme aan om ons te help met die dinge wat ons sê!

Jakobus 1:19 My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.

Hierdie is groot sleutel tot suksesvolle lewens en verhoudinge... 'n wag voor ons mond en ore om te luister. Wanneer ek stil word in my gesprekke selfs met God gee dit ons spasie om regtig te hoor.

Alles in ons lewens gebeur deur te luister... alles begin daar, jy kan nie iets doen as jy nie weet hoe nie, al hoe jy weet is om te luister. Jy leer deur te luister.

Hierdie is 'n oefening... om doelbewus te wag voor ons praat. Ek oefen om te wag.

Ons wil graag ons opinies gee, maar ons moet besef dat ons opinies nie so belangrik is soos ons verhoudinge nie. Ons verhoudinge moet prioriteit geniet bo ons reg om reg te wees.

As ek dit kan reg kry om vinnig te luister en stadig te praat... gaan dit my help om stadig te laat kwaad word. En om kwaad te word werk teen die wil van God in ons lewe.

Jakobus 1:20 As jy kwaad is, kan jy nie doen wat God wil hê nie.

Wanneer ek werk met my agenda, opinie of reg is ek in kompetisie met dit wat God wil doen in ons lewe!

Miskien is die uitnodiging om meer vrae as antwoorde te hê vir die lewe.

Stephen Covey - Seek first to understand then to be understood.

As jy argument wen... wen jy enige iets? Vir al in die verhoudinge wat jy as belangrik ag.

Jakobus sê wanneer jy hierdie ritme toepas, sal jy geskenk van God ontvang wat die mag het om julle te red. Nie net ewige redding nie, maar ook die elke dag redding wat ons nodig het in ons lewe en verhouding.

Ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord...

Jakobus 1:21 Raak daarom ontslae van die vuilheid en boosheid wat so welig in julle tier, en aanvaar nederig die woord wat God in julle geplant het. Hierdie woord het die mag om julle te red.

Lê die ekkigheid van jou lewe af, sodat God kan regeer.



BESPREKINGSVRAE:

1. Hoe groot invloed, dink jy, het jou woorde op jouself en ander?
2. Waar dink jy kom jou woorde vandaan?
3. Watter invloed dink jy het dit wat mens lees, kyk en luister op mens se woorde?
4. Hoe dink jy help dit jou om vinnig te luister en stadig te praat?
5. Wat vat jy uit vandag se boodskap saam jou?

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy