YouVersion Logo
Search Icon

Kruik Gemeente

Kruik Oggenddiens 18 Julie 2021

Kruik Oggenddiens 18 Julie 2021

Kruik Oggenddiens 18 Julie 2021

Locations & Times

Kruik Gemeente

Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa

Sunday 7:00 AM

Vandag gesels ons oor die storms in ons lewe, maar meer as dit ook dit wat die ankers in ons stormtye van ons lewe is. As ek vandag jou moes vra: Wie of wat is die anker in jou stormtye? Wat sou jou sê?

'n Anker is daar om 'n boot op een plek te hou en te stabiliseer t.s.v. sterk winde of strome wat dit van koers af wil bring. ‘n Anker wat reg uitgegooi is se greep en weerstand word juis sterker soos wat die winde en strome sterker beweeg. ‘n Anker bring dus standvastigheid en veiligheid in ontstuimige omstandighede. Dit kan lewens red en gemoedsrus bring.
Dis interessant dat die woord ANKER ook verpersoonlik kan word tot ‘n iemand wat ‘n anker in jou lewe kan wees, soos die Oxford woordeboek kom sê dat ‘n anker is ook: “Anchor: a person or thing that gives someone a feeling of safety”.

Jesus is soms ‘n Stormstilmaker in ons lewe. Hy kan ‘n woord spreek en ‘n storm dadelik kom stil maak, want Hy het gesag oor alles en is die Naam bo elke naam, maar ander tye gaan Hy dalk nie storms in jou lewe dadelik stilmaak nie, maar eerder jou deurdra en bystaan deur ‘n storm tot dit verby is, terwyl jy aan Hom bly vashou en vertrou. Dis wanneer Jesus die rol van ‘n Anker wil en kan in ons lewe kan speel en dis waaroor ons vandag bietjie gaan gesels.

Ek dink ‘n groot oorsaak van die storms wat ons tans beleef is: inperkings en onsekerheid. Ons voel ingeperk deur maskers op ons gesig, deur dat ons nie kerk of sosiale byeenkomste kan hou nie, ingeperk dalk dat ons nie ons werk en inkomste effektief kan verdien nie.

Terselfdertyd, beleef ons ook onsekerheid oor die toekoms. Dinge verander so vinnig. Inperkings en regulasies wat skielik verander en ons toekomsplanne omvergooi. Mense om ons, dalk geliefdes van ons wat skielik siek word en dalk self sterf. Hierdie onsekerheid kan maklik ‘n storm van twyfel en frustrasie in ons aanwakker.

Gelukkig vir jou en my is ons nie alleen nie. Reg deur die eeue heen was daar mense wat storms in hulle lewens beleef het. Storms heel waarskynlik groter as wat ek en jy tans beleef. Een so man wat glad nie onbekend met storms was nie, wat die apostel Paulus. Vele kere in sy lewe in sy lewe het ‘n noue ontkomings met die dood gehad. Tog t.s.v. hierdie storms in sy lewe, lyk dit asof hy altyd ge“cope” het en kop bo water kon hou het, asok hy altyd geanker was in iets of iemand. Vandag gaan ons kyk na wat wat Paulus se anker in sy lewe, veral in die stormtye en hoe ons iets daarvan kan deelmaak in ons eie lewe.

Een duidelike bewys van dat Jesus Paulus se anker was, vind ons in die brief wat Paulus skryf vir die Kerk van Filippi. Hierdie was die eerste kerk wat Paulus in Europa geplant het wat Paulus getrou ondersteun het en waarvoor Paulus ‘n spesiale plek in sy hart voor gehad het. Maar meer as dit, Paulus bevind homself in die tronk - toegesluit a.g.v. sy geloof en getuienis van Jesus wat hy uitdra. ‘n Plek van inperking en onsekerheid waar die storms in jou kan woed.

Juis, terwyl Paulus homself by hierdie ongemaklike plek vind, skryf hy die brief, wat ons kan as Fillipense. Meer as net instruksies en aanbevelings wat Paulus kom gee vir hierdie gemeente, deel hy sy hart en sy persoonlike geloofservaring van Jesus in sy lewe. Ek glo vandag dis iets wat jou en my vandag kan kom inspireer en lei om opnuut Jesus die anker in ons lewe te maak.

So, hoe wat Jesus ‘n anker in Paulus se lewe?
Lees eerste saam my in Fil.1:21 wat Paulus skryf:
“Want vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins. As ek aanhou lewe, kan ek vrugbaar werk. Ek weet regtig nie wat om te kies nie! Ek is in ’n tweestryd. Aan die een kant verlang ek om te vertrek en bý Christus te wees, want dit is vir my verreweg die beste. Aan die ander kant is dit vir julle belangriker dat ek bly lewe.' FILIPPENSE 1:21-24 NLV

Wat sê Paulus hier? Hy verklaar ongetwyfeld dat Jesus die anker in sy lewe is, deur die hoop wat hy plaas in Jesus. Paulus sou kon belei: “JESUS, U IS MY EWIGE HOOP.”
Hierdie hoop is nie net ‘n tydelike hoop dat Jesus iets vir hom sal kom doen in hierdie lewe nie, maar ‘n hoop dat sy beste tye saam met Jesus nog voorlê na hy gesterf het hier op aarde. Op ‘n ander plek in 1 Kor.15 skryf Paulus dat: 'As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense. maar juis omdat Jesus Paulus se hoop vir hierdie lewe sowel as die lewe hierna was, was Jesus die ewige anker wat Paulus kon deurdra en help cope. Daar is baie dinge in hierdie lewe wat jou valse hoop gaan probeer gee. Dinge soos geld, roem, plesier en terwyl die Here vir ons mooi dinge gun hier op aarde, mag ons besef hierdie aardse seeninge is presies dit: aards en tydelik, maar Jesus is ewig. Mag ek en jy ook saam met Paulus vandag belei: Jesus, U is my ewige hoop en daarom ‘n stewige anker in my lewe.
Paulus skryf dan verder in Fil.2 die volgende:
”'Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees:' FILIPPENSE 2:3-5 NLV

Vir Paulus was Jesus meer as net ‘n hoop om aan vas te hou, maar ook ‘n voorbeeld, ‘n rolmodel om te volg, om dieselfde gesindheid in te neem wat Jesus gehad het. Paulus sou kon belei: JESUS, U IS MY VOORBEELD.
Terwyl Paulus homself in ‘n stormtyd in sy lewe gevind het in ‘n tronk, het hy gekies om nie net op homself te fokus en homself jammer te kry of te kla hoe onregverdig hy in die tronk gegooi is nie, maar om sy fokus op Jesus te hou en om steeds aan ander mense te dink, nie net aan sy eie belange nie. My eie belewenis is dat wanneer ek my fokus draai om ander mense te help en dien, lyk my eie storms ewe skielik kleiner, want ek besef die lewe gaan nie net oor my nie, maar ook oor ander. Jesus het nie aarde toe gekom om gedien te word nie, maar om ander te dien en so word ek en jy ook vandag genooi om ons fokus opnuut op Jesus te sit as ons anker deur te belei saam Paulus: “Jesus, U is my voorbeeld.” - om ander mense bo myself te stel en te beleef hierdie lewe gaan nie net oor my storms nie, maar om daar vir ander te wees.
Dan in Fil.4 lees mens ‘n bekende gedeelte wat Paulus skryf wat ook al baie uit konteks gehaal is wat hy sê:
“Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom. Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee.” FILIPPENSE 4:11b-13 NLV

Paulus kom belei hier: JESUS, U IS MY KRAG. Baie keer word Fil.4:13 gebruik amper soos ‘n “superpower” wat jy sal kry om enige iets aan te kan pak en te kan bereik, maar dis soveel meer as dit. Vanuit die verse voor Fil.4:13 wys dit ons dat hierdie krag wat Christus Hom gee ‘n krag is om vergenoegd te kan wees en te kan volhard deur alle tye en storms van sy lewe. Dat Christus se krag soos ‘n anker is wat Hom deurdra en waagmoed gee om vas te staan en te weet hy, Paulus, sal okay wees deur dit als.Daarom, mag ek en jy ook beleef hoe Jesus, die anker in ons stormtye is deur die krag wat hy ons gee om te kan belei: Jesus, U is my krag. Krag om vergenoegd te wees, selfs in die storms, en krag om te kan volharddeur die storms van my lewe.
‘n Laaste manier hoe ons kan sien Jesus vir Paulus ‘n anker was terwyl hy hierdie brief Fillipense skryf vind ons in die volgende woorde:
'Verder, my broeders, verbly julle in die Here. FILIPPENSE 3:1a AFR53' Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! ' FILIPPENSE 4:4 AFR53

Paulus kon ongetwyfeld ook belei het:
JESUS, U IS MY BLYDSKAP! Paulus wys dat ek en jy ‘n blydskap kan vind buiten hoe ons omstandighede ook al mag lyk of watter storms ons onself vind. Hierdie is ‘n blydskap ook nie in iets materialisties of tydelik nie, maar in Iemand, in die Here self. En so, wanneer ek en jy primer ons blydskap vind IN die Here, maak ons Hom ook die anker van ons lewe. Daarom, hoef jy en my gemoed en blydskap nie geskud te word deur die winde en strome van hierdie lewe nie, maar ons gemoed en blydskap geanker kan wees in die Here self, wat gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde is. So, is die uitnodiging vir jou en my om ook saam met Paulus te kan sê vandag: JESUS, U IS MY BLYDSKAP want ek verbly my in die Here en daarom is Hy my anker vandag.

Ek wil jou nooi vir oomblik om stil te raak en jouself te vra: Wie of wat is die anker in my stormtye? Dalk het jy nodig om opnuut vandag Jesus daardie rol te gee in jou lewe, ‘n anker wat jou lewe standvastig sal hou in die goeie en slegte tye.
Besprekingsvrae:
1. Kan jy dink aan tye in jou lewe wanneer jy al storms beleef het?

2. Watter verskil dink jy sal dit maak om Jesus die anker in jou lewe te hê?

3. Hoe dink jy kan mens Jesus die anker in jou lewe maak?

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy