Kruik Gemeente
Kruik Oggenddiens 11 Julie 2021
Kruik Oggenddiens 11 Julie 2021
Locations & Times
Expand
  • Kruik Gemeente
    Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa
    Sunday 7:00 AM
Die lewe gebeur! In tye soo hierdie besef ons dit meer!

Wanneer die lewe gebeur, dan kan daar dalk vrae wees soos; Gee die Here nie om nie, is daar 'n God en as daar een is, is hy regtig 'n goeie God?

Maar die waarheid is, dat nie Jesus of enige een van die eerste kerk ons 'n plooivry, "smooth sailing" lewe gewaarborg het nie. Ons sien eintlik die teendeel raak wanneer ons na hulle verdrukking en hulle uitdagings kyk.

Een van die goed wat Jesus sê is: Daar gaan moeilike tye wees...

Johannes 16:33 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

In ander gedeelte sê Jesus... "kyk Ek is met julle tot aan die einde".

Iemand het eendag gesê; Geloof is 'n spier wat die hele tyd moet getrek en gestrek word om te ontwikkel en baie keer is dit juis onder geweldig spanning en druk wat dit tot sy volle potensiaal tentoongestel word.

Dis maklik om geloof te hê in maklike tye, maar hoe gelyk ons geloof as dit op die proef gestel word en getoets word? Dis wanneer ware geloof werk.

Jakobus die broer van Jesus sê versoekinge en moeilike tye is toetse wat beter geloof bewerk.

Jakobus 1:2-3 Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.

Jakobus 1:2-4 (The Message) Consider it a sheer gift, friends, when tests and challenges come at you from all sides. You know that under pressure, your faith-life is forced into the open and shows its true colors. So don’t try to get out of anything prematurely. Let it do its work so you become mature and well-developed, not deficient in any way.

CS Lewis skryf: God whispers to us in our pleasures, speaks in our conscience, but shouts in our pain.

Petrus is goeie voorbeeld van geloof wat ontwikkel word en die toetse gebruik vir 'n sterker geloof. Ons ken die storie van Petrus hoe hy gefaal het in die tyd van Jesus se kruisiging, en hoe hy voor die tyd baie oortuig was dat sy geloof in Jesus nie sou faal nie. Jesus waarsku hom dat die nie so maklik is nie.

Lukas 22:31-32 En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.
En hy het vir Hom gesê: Here, ek is gereed om saam met U selfs in die gevangenis en in die dood te gaan.
Maar Hy antwoord: Ek sê vir jou, Petrus, die haan sal vannag nie kraai voordat jy drie maal geloën het dat jy My ken nie.

En toe is dit die einde? Nee, Jesus beskou dit ook as 'n toets van sy geloof en stel hom aan vir meer en groter werk en word die toetse hulpmiddels en versterkings vir sy geloof.

Handelinge 4:7-10 'n Paar weke of maande later is Petrus besig om saam Johannes die werk van Christus voort te sit toe hy weer voor die toets kom om sy geloof in Christus te bely. En toe hulle hul voorgebring het, vra hulle: Deur watter mag en deur watter naam het julle dit gedoen? Daarop sê vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel, as ons vandag ondervra word oor 'n weldaad aan 'n siek man, waardeur hy gesond geword het, laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.

Dis die einde as jy toetse druip nie, maar weet dit help jou om sterker en meer volwasse te word. Petrus druip, druip weer, druip, en dan slaag hy A+.

Kan ons hieruit leer en weet dat die moeilike tye is daar en dit gaan aanhou kom, maar dat ons dit gebruik om ons geloof sterker te maak met die wete dat die Here saam ons is en die oorwinning reeds behaal het.

Johannes 16:33 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
Besprekingsvrae:
1. Hoe kan jy meer bewus waord van die geloof toetse om jou?

2. Hoe kan jy die uitdagings en verdukking anders benader?

3. Miskien kan jy met iemand praat wat se geloof sterk is en dit juis deur hulle moeilike tye... wie is hulle?