Kruik Gemeente
Kruik Oggenddiens 20 Junie 2021
Kruik Oggenddiens 13 Junie 2021
Locations & Times
Expand
  • Kruik Gemeente
    Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa
    Sunday 8:00 AM
Die Stories van Jesus - Deel 2

Ons is by die stories van Jesus, so die vraag; Wat kan ons leer by die stories van Jesus of hoekom het Jesus dit vertel?

My idee oor die stories van Jesus is nog altyd dat hy ons iets wil vertel van die Vader, hoe lyk die Vader en hoe werk die Vader.
Hy kom stel die Vader voor aan ons.

As ons stories hoor oor die barmhartige samaritaan en ‘n goeie Vader wat ‘n slegte seun tegemoet hardloop dan beskryf Jesus God aan ons.
Dis wat God doen, doen julle dieselfde.

So die stories wat Jesus vertel het is een ding en dit vertel van wie God is, maar wat is dit wat dié storie van Jesus vertel van God. Die elke-dag-lewe-van-Jesus-storie.

Want Jesus sê nie hy het die beste beskrywing van God nie, hy sê; Ek is die beskrywing van God. Kyk na my… ‘Like father, like son’. Ek is uitgeknip die Vader. En as julle na die stories van my luister en na my kyk, dit is wat ons sal doen!

Johannes 14:9-10 En Jesus sê vir hom: “Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: ‘Wys vir ons die Vader’? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie?

Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen.

So hier is Jesus weer besig met sy alledaagse lewe, besig om die storie van God te vertel deur sy lewe en sy woorde toe hulle by ‘n blinde man kom - weereens kry Jesus ‘n geleentheid om deur hierdie storie God te beskryf.

Johannes 9:1-2 Terwyl Jesus wegstap, sien Hy 'n man wat van sy geboorte af blind was. Sy dissipels vra Hom toe: “Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s'n?”

Hierdie is eintlik baie slegte teologie…Die aanname is dat as slegte goed met jou gebeur is dit omdat jy iets verkeerd gedoen het. (Werk nou nog so in baie van ons se gedagtes, iets sleg gebeur, wat het ek verkeerd gedoen) of erger, hoekom straf God my.

Johannes 9:3 En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s'n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word.

So hulle het niks verkeerd gedoen nie en God het ook nie hierdie pyn oor hulle gebring nie - maar kyk hoe werk God.

Die storie van God se werk gaan in sy blindheid en pyn gebeur.
So Jesus gaan aan en sê; Ek het die werk kom doen van die Vader en terwyl Ek in die wêreld is, is Ek die lig vir die wêreld. En dan...

Johannes 9:6 Nadat Hy dit gesê het, spoeg Hy op die grond en maak met die spoeg 'n bietjie klei aan. Toe smeer Hy die klei aan die man se oë.

So as julle wil weet hoe werk God, kyk na my… dan vat hy spoeg en grond en smeer dit aan daardie man se oë… “disgusting”. Gelukkig het daardie ou dit nie gesien kom nie. Hy het dalk die spoeg gehoor maar hy nie geweet dis vir hom nie.

Sy bure en die ander mense wat hom voorheen as bedelaar geken het, sê toe: “Maar is dit dan nie die man wat gesit en bedel het nie?” Party van hulle het gesê: “Dit is hy!” Maar party het gesê: “Nee, hy lyk maar net soos daardie man.” “Dit is ek!” het hy self gesê.

Maar hoe het die gebeur? En dan vertel hy hulle wat Jesus gedoen het… en dan vra hulle hom maar waar is hierdie man… (ek het nie gesien nie)
En hier kom die speurders… die wat sê ons weet hoe God werk, vertel ons die storie…. Mmmmm… hierdie man is nie van God nie!

Johannes 9:16 Party van die Fariseërs sê toe: “Hierdie man kom nie van God nie, want hy hou nie die sabbatdag nie.”Maar van die ander het gesê: “Hoe kan iemand wat 'n sondaar is, sulke wondertekens doen?”

Daarop het hy gesê: “Of hy 'n sondaar is, dit weet ek nie. Een ding weet ek wel: ek was blind, en nou sien ek.” Hulle sê toe vir hom: “Wat het hy met jou gemaak? Hoe het hy jou oë genees?”“Ek het julle mos al vertel, en julle het nie geluister nie,” antwoord hy. “Hoekom wil julle dit weer hoor? Julle wil tog nie ook dissipels van hom word nie?”

En dan gooi hulle hom uit die synagoge uit… jy nie meer welkom nie hier nie.

Hier is ‘n storie van Jesus, wat ons vertel dat God kan werk en soms werk buite ons teologiese sieninge en wat ons glo reg is. En dat ons na Jesus se lewe moet kyk om God raak te sien, want as God nie soos Jesus lyk nie, is dit nie God nie.

Die stories van Jesus vertel ons dat mense belangriker is as ons oortuigings van reg en verkeerd. Jesus se storie wys dat die mens belangriker is as enige iets anders wat ons in glo.

Johannes 9:35-37 Jesus het gehoor dat die Jode die man uitgeban het; en toe Hy hom kry, vra Hy vir hom: “Glo jy in die Seun van die mens?” Hy het geantwoord: “Wie is dit, Meneer, sodat ek in Hom kan glo?” Jesus het vir hom gesê: “Jy sien Hom. Dit is Hy wat met jou praat.”

Jesus het hom gaan soek.... Wil jy God sien in jou lewe? Ja Here… kyk na My…

Like Father like Son
Besprekingsvrae:
1. Wat vertel die stories of dié storie van Jesus vir ons?
2. Wat kan ons leer uit die verduideliking van God volgens Jesus?
3. Hoe kan ons dit toepas in ons eie lewe?