YouVersion Logo
Search Icon

Kruik Gemeente

Kruik Oggenddiens 6 Junie 2021

Kruik Oggenddiens 6 Junie 2021

Locations & Times

Kruik Gemeente

Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa

Sunday 8:00 AM

Your life is a journey you must travel with a deep consciousness of God.

Jou lewe is ‘n reis. En om op reis te gaan, is daar ‘n bestemming of ervaring waarheen jy gaan. Watter reis word jy uitgenooi na?

Die groot uitnodiging in ons lewe is na disippelskap? Om volgelinge van Jesus te word. Ons word genooi na geestelike formasie.

Defenisie - Proses - om gevorm te word - na die beeld van Christus - vir ander se onthalwe.

Proses - Dit vat tydOm gevorm te word - toelaat dat God jou vormNa die beeld van Christus - alles word aangespreek wat nie soos Christus lyk nie…Vir ander se onthalwe

Hierdie laaste deel van ons definisie is iets wat ons baie mooi moet verstaan.

Alles wat God gedoen het, nou doen en vir altyd in ons lewens gaan doen om ons te verander na Sy beeld, is nie sodat ons eendag in ‘n vertoonkas in die hemel kan kom nie - maar - dat ons sal word dit wat God ons gemaak het om te wees in verhouding met Hom en met ander!

Jesus som dit so op in Matt 22…
Matt 22:37-40 Jesus antwoord hom: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.”

As daar enige waarheid in hierdie definisie is, veral die deel dat ons gevorm moet word na die beeld van Christus - dink vir ‘n oomblik hieraan… hoe lyk die beeld van Christus?

Dis die beeld van Hom wat hom totaal en al gee! Kompleet, absoluut en onvoorwaardelik vir ander. Dit is die direksie wat die Heilige Gees elkeen van ons toe na lei.

Waar ookal iets in ons lewens nie gevorm word na die beeld van Christus nie, is dieselfde plek wat vir ons onmoontlik is om te doen wat God wil hê vir ons en vir ander se lewe.

Die dele van ons lewe wat nie lyk soos Christus nie, is die dele waar ons koning kraai en nie Christus nie. Die dele waar dit gaan oor ons begeertes, ons wil, ons agenda en ons doel. En op die plekke waar dit waar is, is die plekke waar ons ander lei, manipuleer en beheer met ons eie agendas - teen die wil van God!

Romeine 13:10 NLV Die liefde doen niemand kwaad aan nie. Daarom voldoen die liefde aan al God se vereistes.

Johannes gaan verder deur te sê;
1 Johannes 2:9-11 As iemand beweer dat hy in die lig is, maar hy haat sy broer, is hy nog steeds in die duisternis. Wie sy broer liefhet, bly in die lig, en daar is niks wat hom laat struikel nie. Maar wie sy broer haat, is in die duisternis en lewe in die duisternis en weet nie waar hy gaan uitkom nie, omdat die duisternis hom blind gemaak het.

Harde woorde… jy kan nie verdeel wees in die belydenis van jou geloof en die praktyk van jou geloof nie. Paulus sê jou geloof word juis vertoon en uitgedruk deur hoe jy liefhet.

Gal 5:6b Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan.NIV = The only thing that counts is faith expressing itself through love.

Die versoeking is dat ons dink ons geestelike lewens is gebasseer op my privaat, persoonlike verhouding met God en dan wanneer dit effektief gevorm is kan ek dit implementeer in my verhouding met ander.

Maar ‘n geestelike formasie om na die beeld van Christus te verander is juis in die middel van my verhouding met ander en nie apart van dit nie.

Dit staan gelyk aan mekaar sê Jesus! My verhouding met God en my verhouding met ander is nie apart van mekaar nie.

My geestelike lewe word gebaseer op God - Myself en Ander. Drie dimensioneel, al drie saam gee my holistiese spiritualiteit.

2 Thessalonisense 1:3 NLV Broers en susters, dit is gepas dat ons altyd vir God dankie sal sê vir julle, want julle geloof hou net aan groei en julle almal se liefde vir mekaar word net groter!

Proses - om gevorm te word - na die beeld van Christus - vir ander se onthalwe.




Besprekingsvrae:

1. Hoe kan jy meer na ander toe lewe?

2. Wat is dit wat Jesus jou na uitnooi in jou verhouding met ander?




YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy