Kruik Gemeente
Kruik Oggenddiens 23 Mei 2021
Kruik Oggenddiens 23 Mei 2021
Locations & Times
Kruik Gemeente
Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa
Sunday 8:00 AM
Your life is a journey you must travel with a deep consciousness of God.
Jou lewe is ‘n reis. En om op reis te gaan, is daar ‘n bestemming of ervaring waarheen jy gaan. Watter reis word jy uitgenooi na?
Die groot uitnodiging in ons lewe is na disippelskap? Om volgelinge van Jesus te word. Ons word genooi na geestelike formasie.
Definisie - Proses - om gevorm te word - na die beeld van Christus - vir ander se onthalwe.
Verlede week - Ons gesê; Dissipelskap is ‘n proses…
2 Kor 3:18 Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.
Ons word al meer verander - Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe.
Kol 3:9,10 Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God.
Proses - om gevorm te word - na die beeld van Christus…
Om gevorm te word na mense met diep medelye...na mense wat vergewe, mense wat omgee vir ander en die wêreld, mense wat genade gee as daar nie verdien word nie. In kort… mense wat ander liefhet en ander mense dien.
Die groot dilemma met vorming is; ons beheer daardie vorming tot waar ons gemaklik voel… ons vorm onsself om meer soos Jesus te lyk. So daar is ‘n verskil tussen, ek vorm myself om na die beeld van Christus te lyk en/of ek word gevorm om na die beeld van Christus te lyk.
Dit gaan oor beheer! Solank ek in beheer is van die vormingsproses dan is ek ok… dis nie die uitnodiging nie!
Om gevorm word deur Christus, vir Christus, soos Christus, kos om oor te gee en toe te laat dat dit binne die Here se beheer gebeur. Om beheer oor te gee.
Dis seker die moeilikste aspek van hierdie defenisie.
Amper van geboorte af is ons in ‘n stryd vir beheer oor ons porsie van hierdie wêreld. Ons baklei van kleins af oor beheer en dan gaan ons in die lewe in met hierdie mentaliteit, ek soek beheer van my eie lewe en sal baklei vir daai beheer.
Ek gee nie om vir geestelike formasie nie, solank dit binne my beheer, op my pas en in my rigting gebeur.
En hier is die groot waarheid… Daar is niks wat ons kan doen om onsself te transformeer in persone wat liefhet en dien soos Jesus nie, behalwe om onsself beskikbaar te stel sodat Hy ons kan vorm en verander soos Hy wil.
Ons het ‘n DIY kultuur… ek weet wat ek wil hê, ek sal dit doen. Ek weet wat het ek nodig vir my geestelike lewe, ek sal dit reg kry.
Ons is geneig om ons eie en ander se betekenis, waarde en doel te meet aan wat ons doen, en hoe effektief ons dit doen. Die uitnodiging is om te word… gevorm te word, vernuwe te word, verander te word.
En vir dit om te gebeur moet ek toelaat dat God die vormingsproses bepaal en beheer.
Rom 12:1-3 (The Message) So here’s what I want you to do, God helping you: Take your everyday, ordinary life—your sleeping, eating, going-to-work, and walking-around life—and place it before God as an offering. Embracing what God does for you is the best thing you can do for him. Don’t become so well-adjusted to your culture that you fit into it without even thinking. Instead, fix your attention on God. You’ll be changed from the inside out. Readily recognize what he wants from you, and quickly respond to it. Unlike the culture around you, always dragging you down to its level of immaturity, God brings the best out of you, develops well-formed maturity in you.
Dis ‘n reis met ‘n groot bewustheid van wie God is en wat God wil doen op hierdie reis.
Almal van ons is reeds in ‘n vormingsproses, iets is besig om ons te vorm. Elke gedagte wat opkom, ellke besluit wat gemaak word, elke aksie wat ons neem, elke emosie wat ons toelaat om ons gedrag te vorm, hoe ons reageer op die wêreld rondom ons, elke verhouding wat ons ingaan… elkeen van hierdie goed en nog meer is besig om ons te vorm…Die uitnodiging is - beweeg saam My en laat toe dat ek jou vorm…
Joh 15:4-8 Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. As iemand nie in My bly nie, word hy weggegooi soos 'n loot en hy verdroog. Die mense maak sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is.”

Goeie gesonde vrug en goeie werke word gebore uit jou verhouding met die wingerdstok, nie anders om nie.
Om gevorm te word beteken jy word geskuur, geskaaf en gedruk, maar in die pottebakker se hand is die beste plek waar jy kan wees.
Hierdie is die uitnodiging - Pak jou tas en reis saam.

Besprekingsvrae:
1. Watter dele van jou lewe lyk nie na die beeld van Christus nie?
2. Met jou reis met Jesus, wat is dit wat jy moet agter los?