Kruik Gemeente
Kruik Oggenddiens 16 Mei 2021
Kruik Oggenddiens 16 Mei 2021
Locations & Times
Expand
  • Kruik Gemeente
    Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa
    Sunday 8:00 AM
Your life is a journey you must travel with a deep consciousness of God.

Jou lewe is ‘n reis. En om op reis te gaan, is daar ‘n bestemming of ervaring waarheen jy gaan. Watter reis word jy uitgenooi na?
Hoe lyk hierdie reis?

Die groot uitnodiging in ons lewe is na disippelskap? Om volgelinge van Jesus te word. Ons word genooi na geestelike formasie.
Matt 28:19 Maak disippels… maar voor ek ‘n dissipel kan maak moet ek een wees.

En nou - is die persepsies oor dissipelskap die uitdaging…
Die kontemporêre persepsie oor dissipelskap is ‘n statiese een…een van informasie en tegnieke, programme, idees, resepte om ons op ‘n plek te bring waar ons onsself kan meet -(dit gaan oor My geestelike lewe) wat kan ek kry en doen om my beter te maak en te sorg dat ek uiteindelik hemel as prys kry.
Dan dwing ons dit af na ander toe… ons meet hulle met ons persepsies.

Ons werk baie keer met ‘n one-size-fits-all persepsie wat net nie realisties is nie.

In plaas van ‘n dissipelskap wat beweeg (kom saam), groei en ontwikkel na heelheid na die beeld van Christus. Uniek vir elkeen op die reis… maar tog dieselfde bestemming. VB - Israel

Wanneer ons spiritualiteit gesien word as ‘n reis (journey) gaan dit oor ‘n toelaat en reaksie tot die Een wat se plan ons lewe vorm, wie se genade ons red van ons afdraai paaie en wie se teenwoordigheid ons om elke hoek ontmoet. In ander woorde, holistiese spiritualiteit is ‘n pelgrimstog van diep reaksie teenoor God en Sy beheer in ons lewe en menswees. Ek laat toe dat God my op die reis vorm.

So wat is ‘n goeie definisie van geestelike formasie… Proses - om gevorm te word - na die beeld van Christus - vir ander se onthalwe.

So in die volgende vier weke is hierdie ons defenisie.

Wanneer ons geestelike formasie sien as ‘n proses word alles in ons lewens met tyd gevorm.
Petrus en ander disippels is vir drie jaar saam Jesus, maar toe die popo die fan slaan, toe is hulle nie waar hulle moet wees nie! Hoekom nie? Want hulle is in proses…

Ek soek quick-fix belewenisse vir my. Twee probleme hier… Quick Fix en Selfgesentreerd

Dis proses, om gevorm te word, om soos Jesus te lyk vir ander se onthalwe.
2 Kor 3:18 Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.
Bv baba in kot

Ons word al meer verander - Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe.

Almal van ons is reeds in ‘n vormingsproses, iets is besig om ons te vorm. Elke gedagte wat opkom, ellke besluit wat gemaak word, elke aksie wat ons neem, elke emosie wat ons toelaat om ons gedrag te vorm, hoe ons reageer op die wêreld rondom ons, elke verhouding wat ons ingaan… elkeen van hierdie goed en nog meer is besig om ons te vorm…Die uitnodiging is - beweeg saam My en laat toe dat ek jou vorm… Jou lewe is in elk geval ‘n reis, maar die Here nooi jou uit om dit saam Hom te doen.

Rom 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

Ons is op ‘n uitnodiging om terug te beweeg na God se oorspronklike plan vir ons lewens…In die begin… Kom ons maak mense na ons beeld na ons gelykenis… en dan word die mens verblind met sonde… En dan sê Paulus, die sluier is van ons oë weggeneem, ons word al hoe meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word.

Kol 1:15,16 (Message) We look at this Son and see the God who cannot be seen. We look at this Son and see God’s original purpose in everything created. For everything, absolutely everything, above and below, visible and invisible, rank after rank after rank of angels—everything got started in him and finds its purpose in him.

Die uitnodiging om saam Jesus te reis is om jou terug te vat nou die oorspronklike plan, om jou te versoen met die Vader.

Kol 3:9,10 Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God.

Your life is a journey you must travel with a deep consciousness of God.

Kies een… Wat ek vir my lewe hê? Wat wil God vir my lewe hê? Kies een...


Besprekingsvrae:

1. Watter dele van jou lewe lyk nie na die beeld van Christus nie?

2. Met jou reis met Jesus, wat is dit wat jy moet agter los?