Kruik Gemeente
Kruik Oggenddiens 9 Mei 2021
Kruik Oggenddiens 9 Mei 2021
Locations & Times
Kruik Gemeente
Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa
Sunday 8:00 AM
Ons praat oor die verskynings van Jesus. As ons dink aan een wat sekerlik die meeste beteken het is dit die een met Sy ma.
Vandag vier ons moedersdag en as ons na Maria se lewe kyk, is sy die een wat die langste deel van Jesus se lewe was. Vir plus-minus 33 jaar is Maria deel van Jesus se lewe en sy beleef die belofte van God in praktyk.
Maar om 'n belofte of woord van God te kry is wonderlik maar nie altyd maklik nie. Sy ontvang belofte van God dat die Messias in en deur haar gebore gaan word, en sy word uitgenooi om hierdie belofte te aanvaar. Sy sê ja en dit verander alles in haar lewe. Sy is baie jonk, so sy verloor haar ouerhuis al het sy nog nie man nie, sy sê ja dat sy buite die huwelik gaan swanger word en vir dit kan sy gestenig word.
Gelukkig ontvang Josef ook die belofte en hy beweeg saam haar, maar hulle vlug, en reis in haglike omstandighede na Egipte toe. Maar ten spyte van alles sê sy; Ek is tot U beskikking maak met my soos U gesê het.
Die engel antwoord haar: “Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God.
Kyk, 'n bloedverwant van jou, Elisabet, het in haar ouderdom self ook 'n seun ontvang, en sy wat as onvrugbaar bekend was, is nou al in haar sesde maand.
Maria sê toe: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.” Toe het die engel van haar af weggegaan.
Lukas 1:35-38
Die ja beteken ook baie uitdagings in haar lewe, dis nie eenvoudig nie. Op twaalf jaar oud raak Jesus weg vir drie dae, ek weet nie as jy dalk kan indink hoe dit moet wees nie. My dogtertjie was eenkeer net vir paar minute weg en dit het gevoel soos 'n leeftyd. Sy kon dalk voel maar ek het 'n belofte en ek het woord van die Here, hoe is so iets moontlik? Hoe kan God dit toelaat, soos baie keer in ons lewens ook maar.
Na drie dae kry hulle hom en soos 'n goeie tiener wil Jesus redeneer... maar soos goeie ma vat sy hom vas.
So met ons beloftes en woord kan ons ook vasgevang raak in omstandighede, teleurstellings en slegte goed wat gebeur. Maar saam God se woord is ook die belofte dat God met ons is.
Kom ons lees saam...
En toe die feesdae verby was, het sy ouers die terugreis begin, maar die Kind Jesus het in Jerusalem gebly sonder dat hulle dit geweet het. Omdat hulle gedink het Hy is by die reisgeselskap, het hulle 'n dag lank gereis voordat hulle Hom onder die familie en bekendes begin soek het. Toe hulle Hom nie kry nie, het hulle omgedraai na Jerusalem toe op soek na Hom. Na drie dae het hulle Hom by die tempel gekry waar Hy tussen die geleerdes sit en na hulle luister en hulle uitvra. Almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy insig en sy antwoorde. Toe sy ouers Hom sien, was hulle verslae, en sy moeder sê vir Hom: “Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het met angs na jou gesoek.”
Lukas 2:43-48
Maar sy maak hom groot en leef so naby aan Hom dat sy een van Sy volgelinge word en deel van sy reisgeselskap.
Die eerste wonderwerk van Jesus begin by sy ma... in Kana by 'n bruilof raak die wyn op en Maria vra vir Jesus om te help. Hoekom? Want sy weet wie Hy is en ken hom die beste van enige iemand anders. Hy sê aan haar, my tyd het nog nie gekom nie maar tog doen hy wat sy ma vra.
Is dit nie dat God soms genade bewys en aan ons, ons begeertes en behoeftes gee buite sy tyd... as dit waar is vir Maria moet dit waar wees van ons. Hy gee genade en help...
Toe die wyn opraak, sê Jesus se moeder vir Hom: “Hulle het nie meer wyn nie.” Maar Hy sê vir haar: “Waarom sê u dit vir My? My tyd het nog nie gekom nie.” Sy moeder sê toe vir die kelners: “Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle doen.”
Johannes 2:3-5
Sy vertrou Hom, Sy vertrou God met haar lewe. So, die uitnodiging om ja te sê vir God is groot en deels 'n vertroue dat Hy daar sal wees en saam ons die pad sal stap.
Dan sterf hierdie seun van haar en dink dalk alles is nou verby. Meestal as die moeilike goed in ons lewens gebeur dink ons dis die einde. Maar met God is dit nooit verby nie. Jesus staan op uit die dood en die belofte van God aan Maria kry dan eers ware betekenis! Ons sien ook verder in Handelinge 1:14 dat sy ook by die begin van die eerste kerk betrokke was en Jesus aanhou volg het.
Hierdie uitnodiging is ook voor jou deur, wat maak jy daarmee?

Besprekingsvrae:
1. Herken jy die uitnodiging van Jesus in jou lewe?
2. Wat kan jy doen om oor te gee, ja te sê en God te vertrou met jou lewe?