YouVersion Logo
Search Icon

Kruik Gemeente

Kruik Goeie Vrydag diens 2 April 2021

Kruik Goeie Vrydag diens 2 April 2021

Kruik Oggenddiens 2 April 2021

Locations & Times

Kruik Gemeente

Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa

Friday 9:00 AM

GOEIE VRYDAG 2 APR: “KRUISWOORDE”

Woorde kan ons lewens drasties beinvloed… Dit kan ons maak of breek… So ook gaan iemand se laaste woorde voor hulle sterf belangrike woorde wees… Woorde wat iets van daardie sterweling se hart sê… wat vir daardie persoon belangrik was om oor te dra aan ander…

Het jy al gelet op Jesus se laaste woorde aan die kruis?

Ek wil jou vandag nooi om saam my iets te ontdek oor wat Jesus se laaste woorde aan die kruis vir jou en my kan beteken. Dalk kry jy vandag ‘n nuwe beskrywing van wat die kruis vir jou kan beteken en hoe dit na 2000 jr jou lewe steeds vandag kan kom raak.

Hierdie laaste kruiswoorde van Jesus is ‘n samestelling vanuit die eerste 4 boeke in die Nuwe Testament, wat bekend staan as die Evangelies, wat geskrifte is wat vertel van Jesus se lewe & bediening op aarde. Lees saam my hierdie laaste kruiswoorde v Jesus:

“Vader, vergewe hulle, want hulle besef nie wat hulle doen nie!” Luk.23:34
“Ek verseker jou, vandag nog sal jy saam met My in die paradys wees.” Luk.23:43
“Vrou, dáár is u seun.”. “Kyk, dáár is jou ma.” Joh.19:26-27“
My God, my God, waarom het U My verlaat?” Matt.27:46
“Ek is dors.” Joh.19:28
“Dit is volbring!” Joh.19:30
“Vader, in u hande gee Ek my gees oor!” Luk.23:4

Daar is so baie wat mens van hierdie woorde kan sê en beleef, maar wat sien jy raak van Jesus se laaste woorde aan die kruis? Ons kan vandag die heel dag praat oor slegs een van hierdie laaste stellings van Jesus, maar die een tema wat uitstaan van alles wat Jesus gesê het is: VERHOUDING…
Alles waarvoor Jesus aan die kruis kom sterf het en wat Sy laaste woorde oorgegaan het is oor jou verhouding met God en mense… “

“Vader, vergewe hulle, want hulle besef nie wat hulle doen nie!” Luk.23:34“
Ek verseker jou, vandag nog sal jy saam met My in die paradys wees.” Luk.23:43
Hierdie woorde van Jesus getuig van ons behoefte na vergifnis en versoening met God. Sonder vergifnis en versoening staan ek en jy skuldig en strafbaar voor God en verdien ons die ewige dood, maar… woorde is gespreek tot jou vergifnis… Selfs vir ‘n krimineel wat homself nie kon red van ‘n kruis af nie, het Jesus vergifnis betoon….

Daarom is daar vir jou: VERGEWE tot VERHOUDING….
Omdat Christus ons vergewe het, kan ons nou met vrymoedigheid na God toe gaan. Omdat Christus ons vergewe het, kan ons ook nou onsself en ander mense vergewe en so gesonder verhoudings met ons onsself en ons medemense geniet. Sonder vergifnis is ons verhoudinge beskadig, maar dank God vir die vergifnis deur Jesus…

“Vrou, dáár is u seun.”. “Kyk, dáár is jou ma.” Joh.19:26-27
“My God, my God, waarom het U My verlaat?” Matt.27:46“Ek is dors.” Joh.19:28

Jesus se eie ma, moeder Maria, sien hoe haar seun voor haar besig is om te sterf. Kan jy net probeer indink watter emosies sy moes beleef het om haar geliefde seun te sien bloei en lei aan ‘n kruis? Sy het heel moontlik beleef hoe ‘n noue konneksie met haar seun besig is om tot niet te gaan, want sy en ons het ‘n behoefte na saamwees en deelwees van ander… Terwyl Jesus sy eie lydingstryd het, dink Hy steeds aan Sy ma en haar behoeftes om versorg te word en verklaar dat Johannes die dissipel nou soos ‘n seun vir haar sal wees en sy soos ‘n ma vir hom. So ook terwyl Jesus die sonde van die wêreld op Sy skouers dra, beleef Hy iets van wat sonde doen - die skeiding wat dit tussen ons en God kom bring en roep uit: “My God, my God, waarom het U my verlaat?”. Hy spreek van dors ek glo Hy nie net liggaamlik dors beleef nie maar ook ‘n geestelike dors - ‘n smagting na Sy hemelse Vader. Deur hierdie kruiswoorde, kom verklaar Jesus dat Hy vir jou: VOORSIEN tot VERHOUDING…

Jesus voorsien deur die kruis toegang tot ‘n alomteenwoordige God wat kom verklaar: “Ek sal jou nooit begewe of verlaat nie” en Hy voorsien vir ons ‘n geestelike familie, deur die Kerk, dat jou behoefte na saamwees en deelwees van ander vervul kan word.

Die laaste kruiswoorde van Jesus verklaar Hy: “Dit is volbring!” Joh.19:30 - AFR53“Vader, in u hande gee Ek my gees oor!” Luk.23:4

Vanuit die Ou Testamentiese ooreenkoms wat God met die mens gehad het moes daar ‘n offer gebring word vir ons sonde. ‘n Dier moes sterf as ‘n simbool van straf in jou plek. Hierdie diereoffers kon nooit werklik sonde weg was nie, maar Jesus, die sondelose Lam van God kon. Die laaste kruiswoorde van Jesus spreek van finaliteit van hierdie volmaakte offer vir ons, sodat ons waarlik vry kan wees. Jesus kom spreek die behoefte aan na ‘n offer vir ons sondes. So, is daar is vir jou GESTERF tot VERHOUDING…

Die kruis is nou ‘n uitnodiging tot ‘n lewende verhouding met ‘n liefdevolle God. As God dan so ‘n duur prys betaal het dat Hy in verhouding met jou kan staan, wat gaan jy maak met die uitnodiging maak om in verhouding met Hom te staan?
Wanneer ons die kruis van Jesus vandag herdenk, herdenk ons onafskeidbaar daarvan toegang tot ‘n verhouding met God - duur betaal deur Jesus se bloed.
Mag ons dit nie vanselfsprekend neem nie, maar opnuut onsself toewy tot hierdie verhouding waartoe God Hom reeds ten volle toegewy het…
Besprekingsvrae:
1. Wat staan vir jou uit van Jesus se laaste woorde?
2. Hoe dink jy kan die kruis bydrae tot 'n gesonde verhouding met God, jouself en ander?
3. Watter boodskap van Goeie Vrydag vat jou saam met jou vorentoe?

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy