Kruik Gemeente
Kruik Oggenddiens 14 Februarie 2021
Kruik Oggenddiens 14 Februarie 2021
Locations & Times
Expand
  • Kruik Gemeente
    Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa
    Sunday 9:00 AM
Wat maak jou gelukkig? Deel 3

Verlede week.... Om gelukkig te wees is 'n uitkoms, 'n resultaat en nie kort termyn genot of besluit nie.

Wanneer ons ons lewens draai na ander mense word gelukkigheid in ons lewens gebore! Of gesaai...

Hierdie is die saai beginsel in praktyk... ek saai gelukkigheid in my lewe in...

Baie van ons sit in ons lewens en dink... hoe het ek hier gekom, hoekom het dit so gebeur of so uitgedraai? Wel, ons saai ons self daarnatoe. Die saad wat jy in die grond sit is die oes wat jy gaan kry.

En dit is die gedagte wat Jesus verlede week by ons gelos het... jy is gelukkig wanneer jy vrede maak saai... want jy sal kindskap oes. Jy sal gelukkig wees wanneer jy afhanklik is van God want jy sal 'n plek kry in Sy wêreld... ens. Verander die saad wat jy in jou lewe saai...

Vanoggend... Kan geld jou gelukkig maak?

Want hierdie gedagte van saai en oes is sekerlik die meeste waar wanneer dit by geld kom. Ek saai my geld op een plek maar ek verwag 'n oes op 'n ander plek...

Kan geld jou gelukkig maak? Ek dink as jy dit op die regte manier gebruik en bestuur dit kan bydrae tot jou gelukkige lewe.

Ek dink daar is 'n konneksie tussen geld en 'n gelukkige lewe.

Maar die fout wat baie van ons maak is dat ons dink dat die konneksie tussen geld en geluk - die woordjie meer is. Meer geld sal my gelukkig maak.

Hier is die vraag vanoggend - Hoeveel meer geld sal dit vat om jou gelukkig te maak. Hoeveel meer?

So dit maak nie saak hoeveel jy nou het nie, jy kan baie geld hê, jy kan min geld hê of jy kan gemiddeld hê... meestal se antwoord sal wees, meer as wat ek nou het.

So ons dink daar is 'n konneksie tussen geld en 'n gelukkige lewe! Maar dit is nie meer geld nie.

Hoekom? Ek en jy ken mense wat baie meer het as ons en nie gelukkig is nie, reg? Jy ken gelukkige mense jy kan die gelukkigheid in daai gesin voel maar jy maak baie meer as hulle en jy het dit nie.

Wat is die konneksie tussen geld en 'n gelukkige lewe... want as ons weet glo ek dat ons net meer en meer in dit wil saai sodat ons die oes vir dit kan kry.

Ek dink die woord is nie meer nie - maar bestuur.

Dit gaan nie oor hoeveel jy het nie, dit gaan oor hoe goed jy dit wat jy het, bestuur.

So hier is die gedagte... geld kan bydrae tot jou geluk as jy dit goed bestuur. As jy jou geld nie mooi bestuur nie sit jy jou geluk en vrede op risiko.

Wat sê Jesus van hierdie gedagte?

Jesus sê as jy nie jou geld gaan bestuur nie, gaan jou geld jou bestuur.

Kom ons lees saam...

Lukas 16:13 (NLV) Niemand kan twee eienaars dien nie. Want jy sal die een haat en die ander liefhê, of die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én geld dien nie.”

Hy sê geld maar dit kan enige iets wees wat jy besit - enige iets wat jy toelaat om jou te bestuur.

So wat Jesus sê; die hoof kompeteerder vir ons lewe en vir ons aandag... is geld.

Miskien sê jy ja ek verstaan dit - ek is nie lief vir my geld meer as vir God nie, ek is nie lief vir my besittings meer as vir God nie. Ek buig nie voor geld nie.

Of aanhang en die ander verag... "devoted to" - Toegewyd

Of toegewyd aan die een of toegewyd aan die ander een - op watter plek is jou aandag die meeste? Watter een gee jy die meeste aandag?

Drie simptome vir toegewydheid aan geld of besittings is;
Onteveredenheid - Daar is altyd iets wat ek nog nie het nie. Ek het nie genoeg nie! Ek is nooit versadig nie. (Keep up with the Jones's)
Gierigheid - Ek soek nóg en alles wat ek kry is vir my en vir my gebruik. Ek maak bymekaar vir my!
Skuld - Ek wil dit hê maar kan dit nie nou eintlik bekostig nie. Ek soek iets nou al kan ek dit nie nou betaal nie.

Skuld onderwerp jou aan iemand anders. Wanneer jy skuld maak gee jy iemand anders die reg om jou baas te wees.
Skuld bring spanning. As jy het iets wil hê en dit nie kan kry nie is daar spanning, as jy iet moet betaal en nie wil nie bring dit spanning.

So van hierdie drie simptome - Watter een maak jou gelukkig?

As jy sê; nie een nie... dan kan ons sê; meer geld en meer besittings kan jou nie gelukkig maak nie.

Hoe kan ek geld gebruik om my lewe gelukkig maak? Jy moet dit bestuur en nie toelaat dat dit jou bestuur nie. Hoe doen ek dit?

Wat sê Jesus oor die bestuur van geld?

Gee van dit weg.

Lukas 6:38 (NLV) As julle gee, sal julle ontvang. Julle gawe sal na julle terugkom in volle maat, ingestamp, geskud om plek vir meer te maak, tot oorlopens toe vol. Met watter maat julle ook al meet – klein of groot – dit sal gebruik word om te meet wat julle sal terugontvang.

Wat is die alternatief vir ontevredenheid, gierigheid en skuld.

Gee - Spaar - Lewe

Gee eerste - Spaar tweede en lewe met die res.

Gee = Vreugde
Spaar = Vrede
Lewe = Vryheid

Moenie meer spandeer as wat jy maak nie.

Nou kan ek sê; Geld jy is nie my baas nie, Ek is jou baas! Ek besluit wat ek met jou doen en nie anders om nie.

Ek is gelukkiger wanneer ek met vreugde lewe, met vrede lewe en met vryheid lewe!

Wat sou gebeur het as jy vir die laaste 20 jaar so gelewe het? Wat van nou?

Hierdie is dalk 'n sleutel om geld deel te maak van 'n gelukkige lewe...



Besprekingsvrae:
1. Wat is die gedagtes wat jy ivm geld moet verander?
2. Kan die, Gee-Spaar-Lewe beginsel vir jou werk?
3. Waar lê jou toegewydheid die meeste? Geld of God?