YouVersion Logo
Search Icon

Kruik Gemeente

Kruik Oggenddiens 31 Januarie 2021

Kruik Oggenddiens 31 Januarie 2021

Kruik Oggenddiens 31 Januarie 2021

Locations & Times

Kruik Gemeente

Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa

Sunday 9:00 AM

Wat maak jou gelukkig?

Party van ons dink as ek net daai een ding kan kry sal ek gelukkig wees, ander dink as daai een ding net kan weggaan sal ek gelukkig wees. En dan is daar ander wat net glad nie weet wat hulle gelukkig sal maak nie.
Hulle is nooit gelukkig met enige iets nie - en dit maak eintlik baie sin.

En dit is wat advertensie veldtogte so effektief maak - hulle laat weet jou die hele tyd wat jou gelukkig sal maak... wil jy hê jou lewe moet verander en gelukkig wees... koop hierdie ding.
Vb - Jy soek een dag skoene of klere op die internet of 'n droom vakansie in die Maldives en die volgende dag word jy oorlaai met advertensies oor maldives, skoene en klere soortgelyk aan dit wat jy gesoek het. Hulle wil jou oortuig dat jy reg is - as jy daai goed kry sal jy gelukkig wees.

Meestal van ons het al baie geld en tyd bestee om goed te kry wat ons gelukkig kan maak... en dan net om te besef dat dit nie doen wat ons gehoop het nie, en dan net om weer na die volgende ding te soek.

Miskien het ons al vergeet wat ons gelukkig maak...

Maar hier is die groot gedagte van die reeks... om gelukkig te wees gaan meer oor 'n wie as 'n wat.

Geluk word meestal uitgespeel in verhoudinge... gesonde verhoudinge. Dit gaan nie so seer oor wat jy doen nie maar saam wie jy dit doen.
Bv - Kaap vakansie (Dit sal nie so lekker wees om al die goed alleen te doen nie)

Dink net vir 'n oomblik hieraan - as gelukkig wees oor 'n wat gegaan het, kon ons almal dit net gou gaan kry het en gelukkig wees... reg?

Miskien is hierdie die goue draadjie van ons tema... as iets of 'n wat jou gelukkig kan maak, was jy dalk nog nooit gelukkig nie.

Dink vir 'n oomblik hieraan... om gelukkig te wees word bepaal deur wie saam jou is...

Ek en Chanel het gesukkel om ouers te word... miskien is daar iemand daar buite wat dieselfde pad loop... ons weet... jy weet dat niks jou gelukkiger gaan maak as daai wie nie. Jy kan al die wats kry - 'n huis, 'n kar, 'n vakansie ens... niks kan die begeerte na 'n wie vervang nie.

Om gelukkig te wees gaan oor 'n wie en nie 'n wat nie - op die einde van jou lewe op aarde... gaan jy spyt hê oor verhoudinge en nie oor besittings nie. Jy gaan nie sê; ek wens ek kan net nog eenkeer my kar sien nie... ek wens ek kan nog net een toppie koop of aantrek voor ek gaan... nee jy gaan vra waars my man, vrou, kinders ens...

Jy gaan vrede wil hê met wie's en nie wat's nie.

As dit op die laaste oomblike van jou lewe waar is, dan moet dit in al die oomblikke van jou lewe waar wees.

“'n Man van aansien het aan Jesus die vraag gestel: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” Jesus het geantwoord: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe God alleen. Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis gee nie, eer jou vader en moeder.” Maar hy antwoord: “Al hierdie dinge het ek van my kinderdae af onderhou.” Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hom: “Een ding kom jy nog kort: gaan verkoop alles wat jy het, en deel die geld aan die armes uit. Dan sal jy 'n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My.””‭‭LUKAS‬ ‭18:18-22‬

Jesus herinner die man dat dit oor die wie's in ons lewe gaan en nie die wat nie.

Vir die jongman gaan dit oor die wat, wat hy het en wat hy doen - vir Jesus gaan dit oor wie hy is, vir wie hy gee en wie hy volg.

Miskien stem jy nie saam vanoggend nie - jy sê; ek het niemand in my lewe nodig nie.
Hulle sê daar is twee tipe mense wat dit sê...
1. Die mense wat so baie mense in hulle lewe het dat hulle nie eens besef wat dit is om alleen te wees nie. (ek het nie kos nodig nie, want jy het baie kos)
2. Mense wat nie hulle isolasie kan regmaak nie. Hulle sê vir hulleself, ek het niemand nodig nie, want hulle weet hoe om dit reg te maak nie.

Jy is nie gemaak om alleen te wees nie - (Dis nie goed vir jou om alleen te wees nie)
Jy beroof jouself en ander mense van verhouding en van groei en van geluk.

As ek nie kan kry wat ek wil hê nie, sê ek vir myself ek het nie nodig nie.

Wat is dit wat gelukkige mense het?

Mense wat gelukkig is, is mense wat vrede het.

Gelukkige mense het vrede met hulleself (vergenoegd) gemaklik in hulle ei vel (Ryk of arm)
Vrede met ander mense... (hulle is nie kwaad vir ander mense nie) hulle wil ander mense ook gelukkig sien
Vrede met God... (daar is meer in hierdie lewe as net die lewe) vrede dat God in beheer is en dat Hy alles ten goede meewerk al kan hulle dit nie sien nie

Enige iets wat hierdie vrede versteur, versteur jou geluk.

Jesus word gevra... wat is die belangrikste vir God...of... wat maak God gelukkig?
Matt 22:36-39 “Meneer,” vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet?” Jesus antwoord hom: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’

Liefde maak jou gelukkig
Verhouding maak God gelukkig

As Jesus sê volg my; dan sê hy, kom wees in verhouding met My sodat jy gelukkig kan wees - ek het jou gemaak vir verhouding met My, ander.

Gesonde verhoudinge maak jou gelukkig - dit gaan oor 'n wie en nie 'n wat nie...

Teenoorgestelde is ook waar... ongesonde verhoudinge maak jou ongelukkig... maak nie saak wat jy alles in jou lewe het nie...

En dis wat sonde doen - Sonde bring afstand tussen jou en God, jou en ander en met jouself...

As jy sonde in 'n verhouding in bring - versteur jy die vrede en skep jy potensiaal om ongelukkig te wees.

Jesus sê; ek kan jou lei na geluk maar dit gaan deur die pad van verhouding... en 'n goeie begin vir verhouding is by my... volg My.


Besprekingsvrae:
1. Wat dink jy sal jou gelukkig maak?
2. Hoe kan jy God vertrou al het jy niks?
3. Hoe kan jy jou perspektief verander om God raak te sien in alles?