YouVersion Logo
Search Icon

Kruik Gemeente

Kruik Oggenddiens 3 Januarie 2021

Kruik Oggenddiens 3 Januarie 2021

Kruik Oggenddiens 3 Januarie 2021

Locations & Times

Kruik Gemeente

Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa

Sunday 7:00 AM

‘n Belangrike vraag hier op die 1ste Sondag van die nuwe jaar nl:
Wat is die beste uityk vir 2021?

2 Mense kan byvoorbeeld na dieselfde omstandighede kyk en iets heeltemal anders sien en beleef. Ons uitkyk het Ons uitkyk op die lewe kan ons gedagtes, gemoed, gedrag en lewensbesluite drasties beinvloed.

Ek wil jou nooi om saam my ‘n verhaal te lees van Jesus se reis saam Sy dissipels wat ons kry in Matt.16:13-16 NLV.
“Toe Jesus in die omgewing van Sesarea-Filippi kom, vra Hy sy dissipels: “Wie dink die mense is Ek, die Seun van die Mens?” “Wel,” antwoord hulle, “party sê U is Johannes die Doper, ander weer Elia, nog ander Jeremia, of een van die ander profete.” Hy sê toe vir hulle: “En wat van julle, wie sê julle is Ek?” Simon Petrus het geantwoord: “U is die Messias, die Seun van die lewende God.”

Jesus lei sy dissipels na ‘n vreemde plek met die naam “Sesarea-Phillpi” wat sy dissipels heel moontlik nie mee gemaklik gevoel het nie… Hoekom so, wonder jy? Hierdie dorp was geleë op die voet van die berg Hermon en was bekend vir immorele praktyke en afgodsaanbiddery. Dit was die bestemming van die grot van Pan, ‘n afgod van die Grieke en Romeine en vroeër ‘n bekende aanbiddingsplek vir die afgod Baal vir die Kanaäniete. Verseker nie ‘n gesogte uithangplek vir Jode nie! :) Vir Jesus se dissipels was Sesarea-Phillpi heel moontlik ‘n konnektasie v ‘n afvallige gebroke en verdraaide wêreld - ongetwyfeld ‘n plek met ‘n negatiewe uitkyk. Maar Jesus daag hulle om anders te kyk.

Hy begin met die vraag: “Wie dink die mense is Ek?
Natuurlik het Jesus reeds die antwoord op hierdie vraag gehad, maar Hy wil sy dissipels aan die dink kry oor verskillende uitkyke wat mense van Hom gehad het.. Hulle sê party sê U is Johannes die Doper, ander weer Elia, nog ander Jeremia, of een van die ander profete.” Daar was dus verskillende uitkykevan Jesus, maar dit nie noodwendig die regte of beste uitkyk is nie…

Jesus draai dan hierdie vraag direk na hulle toe:
“En wat van julle, wie sê julle is Ek?”
Ek vermoed daar was ‘n oomblik van stilte terwyl die dissipels mooi dink wat sou ‘n gepaste antwoord wees… Dan, antwoord Petrus…
“U is die Messias, die Seun van die lewende God.”

Dis die eerste keer dat ons lees dat Jesus direk verklaar word as die “Messias”... Die Jode in Jesus se tyd op aarde en selfs vandag se Jode wag nog op ‘n beloofde Messias, ‘n gestuurde van God, wat gaan kom om redding te bring… Maar Petrus het tot ‘n besef gekom dat Jesus is daardie Messias wat hulle al so lank voor wag. Hy is nou hier by hulle - die Seun van die lewende God.
Dan kom verklaar Jesus: “Gelukkig is jy, Simon seun van Jona, want my hemelse Vader het dit aan jou bekendgemaak. Hierdie wete het jy nie van enige mens ontvang nie." Matt.16:17 NLV

Toe Jesus sy dissipels begelei na Sesarea-Phillpi was hulle uitkyk heel moontlik gevestig op hierdie goddelose gebroke plek en omstandighede… ‘n Plek en omstandighede wat hulle verag het en bedruk laat voel het… Tog binne daardie omstandighede, lei die Here hulle uitkyk na iets baie meer standvastig en hoopvol as hulle huidige omgewing en tasbare leefwêreld. Hy skuif hulle uitkyk vanaf hulle omstandighede na Hom die Messias, die Seun van die lewende God toe.

Die beste uitkyk wat ons vir 2021 kan hê lê juis nie in die omstandighede wat hierdie jaar mag inhou nie… Ek dink ons het laas jaar die harde lês geleer dat ons omstandghede nie ‘n goeie maatstaf vir geluk of sukses kan wees nie… Dis hopeloos te onvoorspelbaar in hierdie gebroke wêreld…

So ook is ons beste uitkyk vir 2021 ook nie in ons eie vermoëns nie… Terwyl dit goeie gevolge kan voort bring om onsself te ontwikkel en ons wilskrag in te span om ‘n klomp nuwejaarsdoelwitte te probeer aanpak en bereik, dink ek steeds ons gaan beperk wat God kan en wil in ons lewe doen, as ons uitkyk vir 2021 NET op onsself gerig is…

Die beste uitkyk vir hierdie jaar is ‘n Uitkyk en fokus op wie God is.
Die mees vaste fondasie wat ons in 2021 kan hê is WIE GOD IS

Dis wat Petrus besef het - wie Jesus werklik is - ‘n uitkyk baie meer belangrik as enigeiets anders. Jesus Christus, is gister, vandag tot in ewigheid dieselfde… Ja God se manier van werk kan soms verskil van persoon tot persoon, maar Sy karakter, wie Hy is, verander nooit…
Vanuit ons besef van WIE GOD IS, kan ons Hom vertrou op WAT HY DOEN…

Sommige teoloeë reken daar is soveel as 950 verskillende name of titels vir God in die Bybel opgeteken… Name soos byvoorbeeld:
El Roi (die God wat my sien) - Gen.16:13
Jehovah Jihre (die God wat voorsien) - Gen.22:13-14
Jehovah Rapha (die God wat genees) - Eks.15:26
Jehovah Raah (die Here is my Herder) - Ps.23:1
Abba (ons liefdevolle hemelse Vader) - Rom.8:15
Jesus (die Een wat kom Red) - Matt.1:21
Die Heilige Gees as advokaat, raadgewer, trooster en helper - Joh.14:16

Die belangrike ding om wat ons van wie God is moet verstaan is: dit wat God kan doen vloei altyd uit wie Hy is… Bv. God is Lief vir ons vanuit wie Hy is wany... God is Liefde self kom seê 1 Joh.4:16… Net so, kan God genees wat Hy is die Geneesheer, Hy kan voorsien, want Hy is die Voorsiener en Hy kan red, want Hy is ons Redder…
Jou uitkyk van WIE GOD gaan bepalend wees hoe jy Hom gaan vertrou vir WAT HY KAN DOEN in jou lewe…
Mag ek en jy dus die grootheid besef van hierdie God op wie ons uitkyk en hoop vir 2021 is…

Hierdie storie Jesus en Petrus stop nie daar nie…Jesus gaan aan om te sê: Ek verklaar nou vir jou: ‘Jy is Petrus. Op hierdie rots sal Ek my kerk oprig, en al die magte van die doderyk sal dit nie oorwin nie. Ek vertrou die sleutels van God se koninkryk aan jou toe. Wat jy ook al op aarde toesluit, sal ook by God toegesluit bly, en wat jy ook al oopsluit, sal ook by God oopgesluit bly.’ Matt.16:18-19 NLV

Sonder om in te veel detail te gaan rondom hierdie groot verklaring van Jesus, kan ons duidelik sien dat vanuit Petrus se openbaring van WIE Jesus is en vanselfsprekend WAT Hy as die Messias kan doen, kom Jesus en gee Petrus ‘n mandaat om ver meer te doen as wat Petrus in sy eie krag en vermoe ooit sou kon doen… Hoekom? Want dis nie in Petrus se eie krag wat hierdie dinge moontlik was om Jesus se Kerk te help nou nie, maar in die krag en openbaring van wie Jesus in Petrus se lewe is en wat Hy deur sy lewe kan doen…
Daarom: VANUIT WIE GOD IS en WAT HY DOEN kan ons iets besef WAT ONS KAN DOEN...

Dit laat my dink aan die woorde van Paulus in Efr.3:20 wat sê: "Hy (God) moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra." Efr.3:20 NLV

Vandag, hier aan die begin van 2021 nooi ek jou uit om 3 belangrike vrae te vra om die beste uitkyk vir hierdie jaar te hê, wat aansluit by die Oujaarsdiens refleksie. Hierdie vrae is:
1. Wie is Jesus vir my in 2021?
2. Wat wil Jesus in my lewe doen in 2021?
3. Wat wil Jesus deur my lewe doen in 2021?
Besprekingsvrae:
1. Wie is Jesus vir my in 2021?
2. Wat wil Jesus in my lewe doen in 2021?
3. Wat wil Jesus deur my lewe doen in 2021?

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy