EnDeo Familiekerk
Land van Reuse en Vrese
Geskiedenis wys ons dat reuse en vrese sal altyd in hierdie wêreld wees. Politikuste en leiers van hierdie wêreld sal ons altyd teleurstel. Maar, Jesus sal ons nooit teleurstel nie. Wanneer die reuse en vrese te groot lyk, fokus op Jesus. Wees lief vir God en wees lief vir mense.
Locations & Times
Expand
  • EnDeo Familiekerk
    Sunday 6:00 AM
Baie welkom by ons aanlyn dienste!

Julle kan inskakel op ons YouTube kanaal en so ook ons Facebook om die diens te kyk!

YouTube Kanaal

Al ons preke word uitgesaai en is beskikbaar op 'replay'. Maak seker jy subscribe!

https://www.youtube.com/EnDeoFamiliekerk

Facebook

Ons preke word ook op Facebook uitgesaai. Volg ons en help ons om 'n verskil maak deur Jesus bekend te maak!

https://www.facebook.com/EnDeo/

Podcast

Julle is ook welkom om na ons boodskappe te luister, ons is ook op Spotify.

https://anchor.fm/endeo-familiekerk
Land van Reuse

Ons lewe in land van Reuse. Wanneer ons praat van ‘n reus in ons lewe. Is dit gewoonlik ‘n persoon, situasies of instansies wat nie oorwin kan word deur ons eie vermoëns of hulpbronne nie. Ons sien hierdie reuse in ons leiers, regerings partye en situasies wat ons los met ‘n gevoel van magteloosheid.

Die Reus van korrupsie, die reus van armoede en werkloosheid. Die reus van moore, die reus van onregverdigheid.
Land van Vrese

Interessant: Wetenskaplikes sê dat die enigste 2 vrese waarmee ons gebore word is die vrees om te val en die vrees vir harde geluide. Soos wat ons groter word leer ons meeste van ons vrese aan. Vrees vir donker, vrees vir storms en spinnekoppe. Die grootste 3 vrese is, die vrees van verwerping, die vrees om jou besittings te verloor en die vrees vir die dood.

In Suid Afrika vrees ons op die oomblik armoede en om te sterf van Covid 19. Ons word gebombardeer deur die media oor hoekom ons bang moet wees of vlug na ander land waar dinge “beter” is vir ons kinders en toekoms. Maar is hierdie reuse en vrese in Suid Afirka nuwe konsepte?
Dis asof Jesus sê moenie fokus op die reuse en vrese van hierdie wêreld nie. Fokus op MY.
Hoe oorwin ons die reuse en vrese in hierdie wêreld?
Ons klein optredes elke dag in liefde laat God se koninkryk groei.

Watse optredes kan jy daagliks aanpas?

Liefdes offers Snapscan

“Ek het jou gebed verhoor en hierdie plek vir My gekies as die plek waar daar vir My offerandes gebring kan word. As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel. Ek sal hierdie plek nou onder my sorg neem en ontvanklik wees vir elke gebed hiervandaan. En nou kies Ek en heilig Ek hierdie tempel sodat my Naam altyd daar sal wees, en dit altyd my sorg en my liefde sal geniet.2 Kronieke 7:12-16

https://pos.snapscan.io/qr/SSWC4210

Jou bydraes maak dit vir ons moontlik om te kan aanhou bedien.

Ons het Evangeliste reg oor die wêreld wie ons ondersteun om 'n verskil te maak deur Jesus beroemd te maak!!

R.O.P.E ( Uitreik bediening) FNB. Rek no: 62532120053 Tak: 250-655.