YouVersion Logo
Search Icon

Somerstrand Gemeente

Vreesloos 08 - Pinksterfees

Vreesloos 08 - Pinksterfees

Vreesloos 08: Waag in geloof

Locations & Times

Somerstrand Gemeente

77 Louis Botha, Port Elizabeth, 6001, South Africa

Sunday 8:00 AM

Oorsig:
Donderdagaand het ons gesels oor die een vrees wat sin maak: vrees vir God. Ons probeer God in boksies sit, maar hoe groter God is, hoe kleiner ons vrese.

Sondagoggend het ons die verhaal gelees van Jesus wat die storm stilmaak. Dit is die opdrag wat Jesus die meeste gee (meer as die opdragte tot liefde): moenie bang wees nie.

Sondagaand het ons gesê dat ons almal wil voel dat ons maak saak. Tog het ons die gevoel dat ons nie saak maak nie. Ons het waarde by God! God gee vir ons om – hy tel selfs die hare op ons kop.

Maandagaand het ons gevra: “Wat as ek God teleurstel?” Ons het gesê jy hoef nooit bang te wees dat God se genade gaan opdroog, dat dit ’n eindpunt gaan bereik nie. Sy genade is soos die vangnet van ’n sweefstokarties – dit sal ons altyd vang.

Dinsdagaand het ons gesels oor die bekommernis dat ons te min gaan hê. Die probleem is dat ons op geld vertrou, in stede van op God. God is ’n God van oorvloed.

Woensdagaand het ons gesê dat daar in hierdie lewe gaan storms wees. In die storms moet ons kyk na Jesus, wat sê “Ek is hier”.

Donderdagaand het ons gesels oor "worst case scenarios" en gesien dat Jesus sy ergste vrese in gebed en vertroue na God neem.

2 TIMOTEUS 1:6-14

When our moral lives are shaped by fear, and safety is worshiped as the highest good, we are tempted to make health and security the primary justifications for right action. We thus lead timid lives, fearing the risks of bold gestures. Instead of being courageous, we are content to be safe. Instead of being hopeful, we make virtues of cynicism and irony, which in turn keep us a safe distance from risky commitments. We are more likely to tell our children to “be careful” than to “be good.” The extravagant vision that would change the world gets traded in for the passive axiom “do no harm.” Our moral lives atrophy on this new diet of self-protection.
Scott Bader-Saye
hey

2 KORINTIËRS 12:9-10

Waag om gasvry te wees, eerder as agterdogtig

Op watter maniere veroorsaak agterdog dat jy minder gasvry is, veral teenoor vreemdelinge? Waar lê die balans tussen veilig wees en gasvry wees?

Gemeenskap kan gasvryheid verhoed:
Community often demands homogeneity, sameness, and clear boundaries as a precondition for that “family” feeling. In contrast to the secure sameness of the community, Bauman continues, “Strangers are unsafety incarnate and so they embody by proxy that insecurity which haunts your life. In a bizarre yet perverse way their presence is comforting, even reassuring: the diffuse and scattered fears, difficult to pinpoint and name, now have a tangible target to focus on, you know where the dangers reside and you need no longer take the blows of fate placidly. At long last, there is something you can do.” Bader-Saye, Scott. "Following Jesus in a Culture of Fear (The Christian Practice of Everyday Life)"

Hoe hanteer jy vreemdelinge in ons gemeente?

Om werklik gasvry te wees, moet ons die vermoë ontwikkel om verskille / diversiteit as 'n geskenk te sien. Dink aan die beeld van die Kerk as die liggaam van Christus (1 Kor. 12:17-20). Hoe help hierdie beeld jou om 'n plek te visiualiseer waar verskille bydra tot eenheid en harmonie?

Gasvryheid is intellektuele openheid: om die ander regtig as 'n geskenk te ontvang en oop te wees om hul storie te hoor of wysheid van hulle te ontvang. Is jy al ooit verras deur 'n vreemdeling se wysheid?

Karl Barth het graag gesê dat God se Woord aan die wêreld in Jesus is nie "Nee" nie, maar "Ja". Om werklik gasvry te wees in 'n wêreld vol vrees, sal on smoet leer om "ja" te sê waar ander vinnig "nee" sê. Dit sal beteken "ja" vir die vreemdeling wie se taal, gewoontes of wêreldbeeld vir ons vreemd is. Hoe laat dit jou voel?


Waag om vrede te maak, eerder as om aan ander te doen voor hulle aan jou doen.

Op watter maniere maak vrees dit vir jou moeilik om in vrede te leef?

Ongesonde vrees verander dikwels in woede. Wat is die verband tussen vrees en woede in jou lewe?

Hoe kan ons waag om vredemakers te wees in 'n gewelddadige wêreld?

Geduld is 'n belangrike deel van vrede maak. Hoekom sal dit wees? Wat maak dit vir jou moeilik om geduldig te wees? Is daar kulturele magte wat ongeduld aanwakker?

One of the gifts of courage is the ability to be patient because we refuse to let fear push us to act before we are ready, that is, before we have taken time to gather the wisdom necessary to judge a situation with prudence. (Bader-Saye, Scott)

Waag om vrygewig te wees eerder as om op te gaar

Hoe laat die Bybel ons dink oor rykdom, werk, ekonomie en vrygewigheid, veral mbt ons vrese dat ons nie genoeg het nie? Kyk bv. na Genesis 47:13-26, Eksodus 16:1-30, Lukas 12:13-34 - of watter ander teks help jou hiermee?

Hoe bepaal jy wanneer is genoeg "genoeg"? Wat beteken dit vir jou om 'n rentmeester te wees?

Kan jy aan voorbeelde van gasvryheid uit jou eie lewe of die lewens van ander dink? Hoe laat ons (of hoe kan ons) God se oorvloed oorloop in ons gewone lewe?

Vir persoonlike nadenke

Kan jy dink aan advertensies, politiese diskoerse en nuusberigte wat vrees skep en manipuleer? Dink jy dit werk? Hoe werk dit in jou eie lewe?

Maak 'n lys van die dinge wat jy vrees. Watter daarvan is regtig legitieme vrese, maw vrese wat jou help om werklike, teenwoordige gevaar te vermy? Watter vrese is geskep of gemanipuleer deur 'n eksterne bron?

Dink aan hoe bang jy is om jou huis, jou kar, jou pensioen, jou werk te verloor. Dink dan hoe bang jy is om liefdeloos, ongasvry, selfsugtig en ongeduldig te wees. Watter een vrees jy die meeste? Waarom?

Wat is die verband tussen jou vrese en liefde?

Op watter maniere roep Jesus jou om te "waag in geloof"?

hey

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy