Somerstrand Gemeente
Vreesloos 07 - Donderdag
Vreesloos 07: Sê-nou die ergste gebeur?
Locations & Times
Expand
  • Somerstrand Gemeente
    77 Louis Botha, Port Elizabeth, 6001, South Africa
    Thursday 5:00 PM
Oorsig:
Donderdagaand het ons gesels oor die een vrees wat sin maak: vrees vir God. Ons probeer God in boksies sit, maar hoe groter God is, hoe kleiner ons vrese.

Sondagoggend het ons die verhaal gelees van Jesus wat die storm stilmaak. Dit is die opdrag wat Jesus die meeste gee (meer as die opdragte tot liefde): moenie bang wees nie.

Sondagaand het ons gesê dat ons almal wil voel dat ons maak saak. Tog het ons die gevoel dat ons nie saak maak nie. Ons het waarde by God! God gee vir ons om – hy tel selfs die hare op ons kop.

Maandagaand het ons gevra: “Wat as ek God teleurstel?” Ons het gesê jy hoef nooit bang te wees dat God se genade gaan opdroog, dat dit ’n eindpunt gaan bereik nie. Sy genade is soos die vangnet van ’n sweefstokarties – dit sal ons altyd vang.

Dinsdagaand het ons gesels oor die bekommernis dat ons te min gaan hê. Die probleem is dat ons op geld vertrou, in stede van op God. God is ’n God van oorvloed.

Woensdagaand het ons gesê dat daar in hierdie lewe gaan storms wees. In die storms moet ons kyk na Jesus, wat sê “Ek is hier”. Doen wat nodig is om jou te help om jou gedagtes om hom te vestig.
Prayer is never a private inner act disconnected from day-to-day realities. It is, rather, the interior battlefield on where the decisive victory is won before any engagement in the outer world is even possible. ...
When we pray, we are not sending a letter to a celestial White House, where it is sorted among piles of others. We are engaged, rather, in an act of co-creation, in which one little sector of the universe rises up and becomes translucent, incandescent, a vibratory center of power that radiates the power of the universe. History belongs to the intercessors, who believe the future into being. If this is so, then intercession, far from being an escape from action, is a means of focusing for action and creating action.
Walter Wink
Vir verdere nadenke:

Is die ding wat jy vrees, werklik teenwoordig of vinnig op pad? Of is dit ver, óf in terme van afstand, tyd óf waarskynlikheid?

Is die ding wat jy vrees, regtig kragtig genoeg om jou skade aan te rig?

Is die ding wat jy vrees werklik 'n bedreiging? M.a.w. sal dit jou regtig iets laat verloor wat jy liefhet, of maak dit jou net bang omdat dit onbekend is?

Is jy bang om iets van werklike belang te verloor? Of is daardie "iets" iets waaroor jy in die eerste plek nie eintlik bekommerd moet wees nie?

Is jy so bang dat jy na binne keer of ander onregverdig oordeel?

Verhoed jou vrees jou om dinge te doen wat jy weet jy behoort te doen?

Ontneem jou vrees jou die vreugde wat jy voel in die teenwoordigheid van dinge wat jy liefhet (soos jou familie), omdat jy bang is jy gaan dit verloor?

Is jou vrees die gevolg van iemand se poging om jou te manipuleer? Is daar iemand wat voordeel trek uit jou vrees (besighede wat geld maak, politici wat jou stem kry, koerante wat jy lees, ens)?

Wat is die verskil tussen rasionele bekommernis en patologiese vrees of "freaking out"? Waar is die lyn tussen realisme en sinisme?

Hoe moet Christene die konstante stroom slegte nuus wat ons op skerms en in koerante sien, hanteer?

Hoe kan jy jouself herinner dat God in beheer is?


Abba deur Frieda van den Heever

Abba
Vader, Pappa, YahweU ken my sit, my staan, my lêU weet voor my siel wat ek gaan sêU deurgrond my hart, my hoef, my hê
Vat my beleggings, my besittings, my bestanddele, my naamBelê my, besit my, "U IS" U is my bestaanOf ek kom en of ek gaanMet hallelujahande of helemal gedaanTel my op en vat my saamAbba my, Vader
Abba, my VaderHoe verder, Here, naderMy knieë is lam en my voete is seerEk is moeg van self probeer
U wat nie blyplek het nie en altyd by my blyEk voel nêrensmaar ek weet U's êrens sterre en stoflaat klink u lof
Abba, my VaderAbba my, Vader
Ek dag ek's "halfway there'cause I'm living on a prayer"Ek slaap op gebeddis al kooi wat ek oorhettoe ou Jan van langsaan bekommerd raak,my kom wakkermaak en sê"Aweh, genoeg gelê.Die pray-er is die prayer!"en my optel, soos 'n kind op sy rug
Abba, my VaderNader, Here, naderAl die ekke smag na onse, VaderAbba ons weer
Abba ons, VaderAl hoe verder, Here, naderAl die onse wat in u Naam vergader skree:Abba, ons Heer!
Kontak vir Rethie as jy die CD wil bestel.

https://soundcloud.com/rethie-van-niekerk/abba

Deurdrenk ons land in gebed

Laai die gebedsboekie hier af.

http://resources.christians.co.za/product/deurdrenk-ons-land-met-gebed-boekie/