Somerstrand Gemeente
Vreesloos 06 - Woensdag
Vreesloos 06: Wat as alles te veel raak?
Locations & Times
Expand
  • Somerstrand Gemeente
    77 Louis Botha, Port Elizabeth, 6001, South Africa
    Wednesday 5:00 PM
Oorsig:
Donderdagaand het ons gesels oor die een vrees wat sin maak: vrees vir God. Ons probeer God in boksies sit, maar hoe groter God is, hoe kleiner ons vrese.

Sondagoggend het ons die verhaal gelees van Jesus wat die storm stilmaak. Dit is die opdrag wat Jesus die meeste gee (meer as die opdragte tot liefde): moenie bang wees nie.

Sondagaand het ons gesê dat ons almal wil voel dat ons maak saak. Tog het ons die gevoel dat ons nie saak maak nie. Ons het waarde by God! God gee vir ons om – hy tel selfs die hare op ons kop.

Maandagaand het ons gevra: “Wat as ek God teleurstel?” Ons het gesê jy hoef nooit bang te wees dat God se genade gaan opdroog, dat dit ’n eindpunt gaan bereik nie. Sy genade is soos die vangnet van ’n sweefstokarties – dit sal ons altyd vang.

Dinsdagaand het ons gesels oor die bekommernis dat ons te min gaan hê. Die probleem is nie dat ons het of voorsien nie. Die probleem is dat ons daarop vertrou, in stede van op God. God is ’n God van oorvloed. Ons is bekommerd oor finansies, want: 1. God is nie deel van ons beplanning nie, 2. Ons wil te veel hê en is nie tevrede met wat God gee nie, 3. Ons is selfsugtig.
Fil. 4:5 Die Here is naby

Joh. 14:20 julle in My en Ek in julle.

Matt. 28:20 Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.

Joh. 10:28 Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie

Rom 8:38-39 38Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

Steadfast Love

The steadfast love of the Lord never ceases

https://soundcloud.com/julia-de-belen/the-steadfast-love-of-the-lord

Deurdrenk ons land in gebed

Laai die gebedsboekie hier af.

http://resources.christians.co.za/product/deurdrenk-ons-land-met-gebed-boekie/

Kospakkies - kontant met bestelling - kan vanaand nog bestel word.